Apartheid, nazisme en die Duitse kanselier se vraag

Helmut-Schmidt-deur-wikimedia-commons

Helmut Schmidt, voormalige Duitse kanselier. Foto: Wikimedia Commons.

Daar is deesdae gereeld vergelykings tussen Nazi-Duitsland en Apartheid Suid-Afrika. Die beste antwoord hierop is lankal gegee deur die liberale skrywer Alan Paton, in sy Hoernlé-gedenklesing in 1985: “If you liken SA to Nazi Germany, that is a prostitution of language.

Ek wil byvoeg, dis ʼn bespotting van die dood van miljoene mense in die Tweede Wêreldoorlog se konsentrasiekampe en slagvelde (totaal: sowat 70 miljoen sterfgevalle in die oorlog). Lees gerus ook dr. Anthea Jeffrey se People’s War, en besluit self of die ANC-in-Struggle vergelyk kan word met die magtelose Joodse slagoffers van nazisme.

Nazisme kan veel eerder vergelyk word met kommunisme, soos wat die Black Book of Communism uitgewys het. Terwyl nazisme wêreldwyd en deur Afrikaners verag word, is die onverkose Kommunistiese Party in SA in die voorste bestuursitplekke van ons regering! Daar moet eerder ʼn veldtog gevoer word teen die kommunistiese struggle-kultuur op talle kampusse in die land wat soveel swart studente se lewenskanse vernietig, as teen die Afrikaans op universiteite.

Dit is so dat apartheid teen 1990 ʼn onderdrukkende, ongeregverdigde en onvolhoubare bestel geword het, ongeag hoe dit oorspronklik bedoel is. Dis hoekom dit deur Afrikaners self afgeskaf is. Die proses het wel lank geduur, omdat die politieke beweegruimte uiters beperk was weens die ANC se koppeling aan die Sowjetunie en die ANC se sosialistiese beleid. Maar uiteindelik is dit wel afgeskaf.

Daarteenoor moes daar eers miljoene mense sterf en Hitler selfmoord pleeg voor nazisme vernietig is. Die verdrukkende kommunisme het voortgeduur totdat dit self ingeplof het onder die gewig van meer as 80 miljoen dooies, behalwe in lande soos SA waar die bling-weergawe steeds gewild is.

Duitse kanselier se vraag

Die kritiek op die gevolge van die nuwe bedeling moenie gesien word as ʼn ontkenning van die feit dat die vorige bedeling onhoudbaar was nie. Maar die groot vraag was waarmee dit vervang moes word. Mense wat voor die 1994-verkiesing enige kritiek op die komende sentralistiese bedeling gelewer het, is deur sekere media op die brandstapels van die openbare mening verbrand en in die politieke wildernis verdryf. Daarom moet hulle nie net rekenskap gee van hulle aanvanklike steun aan apartheid nie, maar ook aan hulle feitlik blinde steun aan ʼn bedeling wat nou net die omgekeerde weergawe daarvan word.

In 1977 het die VSA se destydse visepresident, Walter Mondale, in ʼn gesprek met die (linkse) Duitse kanselier Helmut Schmidt, daarop klem gelê dat apartheid spoedeisend afgeskaf moet word. Kanselier Schmidt se teenvraag som die nuwe Suid-Afrikaanse dilemma goed op: “And replace it with what?

Die kern van die probleem is dat die grondwetlike ooreenkoms wat in 1994 aangegaan is, nou ʼn bepalende rol speel in die nasionale kernvraagstuk van staatsverval. Die mag van mense soos Jacob Zuma en talle van die probleme wat ons land nou op sy knieë dwing, spruit ongelukkig uit ʼn bedeling wat in die plek van apartheid gestel is. Dit het mag gesentraliseer, die presidentsamp met ongekende magte beklee, sosialisme onder die dekmantel van sosiaal-ekonomiese regte in ons Grondwet verskans (art 26 en 27), boonop met totaal onvoldoende beskerming vir sake soos Afrikaans, kulturele vryheid en eiendomsreg.

Hoewel die Grondwet wel afgewaterde voorsiening maak vir die beskerming van individue wat aan taal-, kulturele- of godsdienstige groepe behoort, word dit in die praktyk deur die regering geïgnoreer of deurlopend ondermyn. So word ons bedelingsprobleem vererger deur ʼn regeringsprobleem.

Gaping tussen teorie en praktyk

Daar is talle voorbeelde hiervan:

  • Hoewel die Grondwet voorsiening maak vir 11 amptelike tale, word Engels die landstaal wat deur die staat bevoordeel word;
  • Ten spyte van die Grondwet se bepaling oor gelykheid, vertolk die regering se transformasie-ideologie gelykheid as rasseverteenwoordigendheid;
  • Die meeste grondwetlike instellings wat demokrasie moes bevorder, is in die praktyk deur die regering gekoöpteer;
  • Eiendomsreg word al meer bedreig, ten spyte van die grondwetlike verskansing daarvan;
  • ’n Sosialistiese welsynstelsel word onder die vaandel van sosiaal-ekonomiese menseregte bevorder;
  • Gereelde aanvalle op die media, die howe en opposisiepartye ondermyn hierdie instellings se voortgesette onafhanklikheid; en

Ten slotte het daar feitlik niks gekom van die grondwetlike ruimtes vir en beskerming van taal- en kultuurgroepe nie, en beplan die regering om die openbare skole in praktyk te nasionaliseer deur demokratiese ouerbeheerliggame se magte verder te beperk.

Onvolhoubaar

Die toenemende krisisse in die land is alles tekens dat die huidige bedeling onvolhoubaar is. Dit sluit aan by navorsing van die Economist en die Universiteit van Chicago dat die lewensduur van grondwette in die wêreld minder as 20 jaar is – die leeftyd van een “politieke geslag”. Met al sy probleme is dit nie goeie nuus nie, omdat dit met ʼn swakker een vervang kan word.

Daarom behoort die fokus te wees op die beskerming van die bestaande grondwetlike en politieke ruimtes en die oppergesag van die reg, terwyl daar terselfdertyd na ʼn beter bedeling en ʼn opvolgskikking wat die bestaande leemtes aanraak, gestreef word.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Bestuursuitnemendheid Bosvark ·

Flip, dankie vir hierdie goeie oorsigartikel. Uiters belangrik dat Suid-Afrikaners met mekaar sieninge deel.
Net ‘n dom mens en ‘n dom volk en ‘n dom nasie leer nie uit sy foute van die verlede nie. ‘n Eienskap van bestuursuitnemendheid is dat gereeld ‘n bestekopname gemaak word van die werking van die besigheid en dat areas vir verbetering geidentifiseer word. Projekte moet dan in werking gestel word om hierdie areas vir verbetering aan te spreek. Dieselfde geld vir enige grondwet. Suid-Afrika benodig ‘n kultuur van voortdurende verbetering op alle lewensterreine. Dit behoort in die ouerhuise te begin.

Johan ·

Interessante en insiggewende artikel.

Ons lewe in ‘n tyd waar die ANC apartheid (steeds) wil voorhou as hierdie afskuwelike “monster” – daarom dat hulle dit gelykstel aan Nazisme. Dit is natuurlik deel van hulle nuwe narratief om aandag weg te trek van die feit dat hulle tragies misluk het om SA as land werklik vorentoe te neem. Die ANC was nog altyd meesters om (vals) propaganda te versprei en tans steun sekere media-groepe hulle steeds om dit reg te kry.

Meeste mense het reeds aanvaar Nazisme was verkeerd. Apartheid was verkeerd. Doen nou iets en werk vorentoe. Geskiedenis is tans besig om te bewys dat die ANC net soos al die ander bevrydingsbewegings in Afrika, na die betrokke land se bevryding, verval het in mislukkings en korrupsie. Die vergelyking met Nazisme trek die aandag weg hiervan.

In my opinie was Nazisme in elk geval baie erger as mens net kyk na die hoeveelheid sterfgevalle. Die media het ook ‘n rol te speel en dit is tyd dat ons ophou om onnodige aandag te skenk aan “water onder die brug”. Daar is hopeloos te veel wat gedoen moet word om hierdie land vorentoe te laat beweeg. Ons moes na 23 jaar lankal al “oor die verlede” gekom het.

JC ·

Uitstekend. Dankie Flip. VERPLIGTE LEESSTOF!
Mens kan niks byvoeg nie.
Afrikaans leef!

Eish ·

Mag ons die geleentheid gegun word om n bydrae te kan lewer en wat aanvaar sal word, wat die huidige situasie verbeter. Tans ervaar ons omgekeerde apartheid, net sonder wetgewing, maar toegepas deur die regering en sy masjienerie in ons daaglikse lewe.

Vaalseun ·

Dankie, Flip. Ek verstaan nie mooi hoekom jy sê dat apartheid teen 1990 ‘n “onderdrukkende, ongeregverdigde en onvolhoubare bestel geword” het nie. Teen 1990 wàs daar nie meer ‘n statutêr gedrewe apartheidsbeleid nie. Formele, verkose swart verteenwoordiging in die rade en parlement sou wel eers in 1994 gekom het, en die nuwe grondwet twee jaar later. Stem jy saam?

Vaalseun ·

Vaalseun, daar was noodtoestande, en die swart meerderheid in stede het nie stemreg gehad nie. Ekonomiese vervlegdheid en afhanklikheid van swart arbeid het politieke gevolge gehad. Ironies genoeg was die noodtoestande en onderdrukkende maatreels nie bedoel om Apartheid voort te sit soos nou beweer word nie, maar om die (vreedsame) omstandighede te skep om dit af te skaf dmv ‘n onderhandelde skikking.

Joe Hall ·

Vaalseun(s)
Wil lyk asof jy/julle(?) ook saamstem met Vaalseun no 1!
:-)

Gerhard ·

Ek praat ook soms met myself, maar gelukkig antwoord ek nog nie myself nie !

Joe Hall ·

Gerhard, wanneer mens so baie name het, vergeet jy soms watter naam om waar te gebruik…
hehehe

Pierre ·

Flip, ek respekteer jou baie, maar voel tog ek moet net noem dat jou persepsie van Nazisme dalk nie ‘n 100% korrekte spieëlbeeld van die waarheid is nie. As ons as Afrikaners ongelukkig is oor ons eie verlede se geskiedenis wat verdraai word ter wille van politieke ideologie van die huidige heersers, moet ons ook besef dat ook die Duitsers se geskiedenis verdraai is die deur wenners. Winson Churchill het selfs gespog dat HY die geskiedenis van die WO2 sal skryf. Ek sê ook nie hiermee dat die Nazi’s sonder sonde was nie.
Nes soos vir die Afrikaner, so ook vir die Duitsers, was ons en hul grootste vyande die Internasionale Geldmag, die Globaliste. Wie in ons geval bv direk verantwoordelik gehou kan word vir die Boere oorloë, die moord op HF Verwoerd en die prysgee van ons eie vryheid in 1992 tot 1994.
Ek kan aan jou noem dat Hitler aanhoudend die vrede in Europa probeer bewaar het, daar is verskeie gevalle wat mens kan noem. Dis egter doodeenvoudig geignoreer of stil gehou deur die geallieërdes. Die Globaliste wou baie graag die oorlog hê, nes hulle vandag baie graag konfrontasie met Rusland en China wil hê – oorlog maak baie wins. Sien gerus die koerant berigte van die 1930’s, bv. 24 Maart 1933 se Daily Express voorblad opskrif “Judea declares war on Germany”. Die Internasionale Geldmag was en is hoofsaaklik Joods, so Hitler se irritasie was nie ras gebaseer nie, maar oor die armoede wat die Geldmag gebring het.

Pierre ·

Vervolg:
Hitler het ook die gevaar van Kommunisme gesien en dus die inval van Rusland. Rusland was in elk geval van plan on Duitland in te val, Hitler het nie ‘n keuse gehad nie. Ek sien glad nie hoe Nazisme met Kommunisme vergelyk kan word nie.
En laastens wil ek net noem dat die vergassing van die Jode nooit plaasgeving het nie. En dis bewys deur beide gekiedenis en wetenskaplike navorsing. Kyk maar na Fred Leuchter of David Cole (Joods) se bevindings.
Dit wat die geallieërdes aan die Duitsers gedoen het was oorlogmisdade van die ergste, ergste graad. As voorbeeld die bom van siviele teikens, waar talle stede soos Dresden totaal platgevee is.
Nes die nuus is geskiedenis ‘n totale slagveld van blatante leuns, verdraaings of weglatings.

Brian ·

In die kol, Pierre. Dit verbaas my altyd hoe die meerderheid van mense propaganda kan raaksien wanneer hulself daardeur geraak word, maar dit sonder vrae opvreet wanneer ander volke/nasies die teiken daarvan is.

Nes jy respekteer ek vir Flip, en die werk wat hy doen, maar hierdie rubriek was ongelukkig sub-standaard en intelektueel lui.

Frans C ·

Pierre jy praat nonsens.Die uitwissing van die Jode is ‘n voldwonge feit.Duisende Jode is uit lande soos Nederland ens weggevoer na konsentrasiekampe toe.’n Ontkenning van dit is ‘n verkragting van die geskiedenis.

Herbert ·

Pierre, die Nazi’s is die mees gehate regime wat daar ooit was. Jy hoef nie daarmee saam te stem nie- dis bloot ‘n feit. Nou kom jy sowaar en onder ‘n artikel wat noodsaaklike afstand tussen Afrikaners en Nazisme skep, trek jy dit nou weer nader. Wil jy die haat teen ons nog groter maak? Skep jou eie blad en red die Nazi’s daarop as jy wil. Vir ons gaan dit oor lewende Afrikaners- nie oor ‘n groep Nazionaal Sosialiste wat reeds dood is nie.

Nugter ·

Pierre, net mense wat nie die waarheid kan hanteer nie sal met jou verskil. Diegene wat werklik die storie oor die “Nazi uitwissing” van die Jode glo moet gerus die boek The Holocaust Hoax Exposed lees. Dalk sal hulle dan besef om nie alles wat die media opdis vir soetkoek op te eet nie.

Gerhard ·

Ware kommunisme is nog nooit in enige land toegepas nie, selfs nie in enige kommunistiese land nie. Die rede want dit kan nie werk nie. Punt.

Reënbui na die droogte ·

Dankie Pierre, jou woorde is moedig en in die kol. Maar geld lieg harder

jan_alleman ·

Flip Buys se artikels beteken veel , wel goed geskryf maar sou meer impak gehad het as dit in engels was en op oorsese websites versprei was sodat die eenvoudige mense daar kon sien wat hier aangaan

John ·

Vir wie het die Duitsers gaskamers en bunkers gebou en wie is die dooie wesens in die slote wat gefotografeer is en van waar die baie publiseerde navorsing gebaseer op eksperimente op Joodse gevangenes? Ons Afrikaners skarrel soos muise in ‘n te klein hok om antwoorde te vind en raad te gee vir probleme waarvoor daar geen oplossings is nie. Dit wil voorkom of Flip nou weens die benardheid van die SA-situasie teruggryp na die De Klerk & Kie-teoriee om dit weereens te probeer, net ingeval….
Einstein (terloops ook ‘n Jood wie se teorie gister andere tot eer gestem het) het hom nooit op die terrein van die politiek nie begeef nie; hy sou gou vermoor word. En nou hoor ons weer ‘n paar skapies bler, dat die ryk Jode vir alle probleme op aarde verantwoordelik is. Volkekunde is destyds summier afgeskaf; geen woord oor verskille tussen rasse en hul denke mag meer gemeld word nie… selfs die ‘slang’ word deesdae deur die Pousdom gevier. Is daar nog iets soos reg of verkeerd, hemel of hel? Of moet ons net mekaar begin ‘verstaan’. Hoekom se die Bybel ons stryd op aarde word deur die magte van die duisternis aangevuur? Selfs ons Afrikaanse leiers verdedig deesdae die saak van die verkeerde en poets dit blink… want net dalk vind ‘n wonderwerk plaas…

Pierre ·

Auschwitz in Poland as voorbeeld. Die Gaskamers is in 1948 se kant deur die Russe gekonstrueer. Die mure binne in die gebou was afgebreek en bewyse daarvan (op die vloere) kan vandag nog gesien word. Die skoorstene is in die dak gesit. Gaan kyk maar sommer op Youtube na David Cole of Fred Leuchter se videos – dit skiet die offisiële storie aan skerwe. Min moeite om agter te kom hoe die geskiedenis hieroor verdraai is. Dit was wel ‘n konsentrasiekamp, Jode is gebruik as arbeiders. Die Zyklon B was bloot gebruik vir ontluising, en dis hoekom al daardie blikkies by die museum te sien is. En dis hoekom die neeslae daarvan slegs in die ontluisingskamertjie te bespeur is en glad nie ‘n die sogenaamde vergassingskamer nie. Luise het juis ook in die Boere oorlog konsentrasiekampe Tifus koors tot gevolg gehad, waaraan baie Boere gesterf het.
Ons moet maar net onthou dit was die vieslikste oorlog wat die wereld nog gesien het. Baie mense het gesterf. Maar mens moet in geskiedenis na al die partye se kant van die storie luister. En wanneer aantuigings gemaak word moet bewyse verskaf word en daardie bewyse moet aan toetse onderwerp word. Ongelukkig is baie hoofstroom geskiedenis boeke arm aan beproefde bewyse.
Ek het regtig nou genoeg gesê, gaan soek maar self bietjie na die waarheid.

Henry ·

Dankie mnr Buys vir ‘n uitstekende en innie-kol artikel!!!

Interessant hoe “ongewilde” maar objektiewe waarhede – sonder uitsondering – daarin slaag om sommiges so te ontstel, dat hul dogmatiese onderrokke dit altoos moet ontgeld.

Nouja ·

Kan iemand ons asb inlig presies hoeveel mense deur die apartheid owerhede gedood is. Nie deur derde partye of derde magte nie, maar deur instansies en individue wat dit gedoen het om die voortbestaan van die apartheid regerings te verseker. Ek kon nog nooit ‘n geloofwaardige getal kry nie, maar as ons sommige politici en politieke komentators moet glo dan was dit miljoene. Miljoene? Werklik?

chuck ·

why did we not stop apartheid in 1948. Then we would not be staying in tin shanties to day

Hanna ·

My seun woon al in Duitsland vir a paar jaar
Oor die algemeen het DUITSERS baie te se oor rassistiese blanke Suid Afrikaners.
Hulle is bv. steeds baie agressief teenoor Engels sprekende mense. Engels-sprekendes is skaars en aanwysings op verbuikersgoedere is in elke ander taal, maar NIE in engels nie.
Dienslewering aan Engelssprekende Buitelanders is byna afwesig.
Maar die punt is enitlik: Die Duitsters het baie lig van die Joodse moorde, daarvan afgekom. Hulle moenie hulleself uitlaat oor Suid Afrikaanse rassisme nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.