Die vyand van die Amerikaanse volk

donald-trump-01

Donald Trump. Foto: Commons.wikimedia.org

Mense dink verskillend oor pres. Donald Trump. Sommige dink hy’s die kat se snor; ander sien hom as Satan se jonger boetie.

Dis in orde. Mense kan nie en moet nie dieselfde oor dinge dink nie. Só iets kan slegs deur dwang bereik word en dan is ons op ʼn glybaan na ʼn diktatorskap.

Maar afgesien daarvan of mense Trump positief of negatief waardeer, verlede week het hy ʼn grens oorgesteek wat elke demokraat, elke vryheidsliefhebber, moet bekommer. Nadat hy ʼn perskonferensie gebruik het om ʼn felle aanval op die “fop-media” te doen, het hy getwiet:

“Die FOP-NUUS media (mislukkende @nytimes, @NBCNews, @ABC, @CBS, @CNN) is nie my vyand nie, dit is die vyand van die Amerikaanse Volk!”

In ʼn toespraak in Florida het hy dreigend daarop laat volg: “Die media is ʼn groot deel van die probleem; hulle is deel van die korrupte stelsel … En as die media lieg, sal ek alles doen om te sorg dat hulle nie daarmee wegkom nie!”

Ek kan nou, ná 42 jaar in die joernalistiek, getuig dat die verhouding tussen alle regerings en die media selfs op sy beste altyd gespanne is. Enige regering wil media hê wat in die praktyk willose propaganda uitkraam, pleks van media wat die bewindhebbers krities bekyk.

Dit was die geval in sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika. Dit was nog altyd die geval in Amerika. Een van die vaders van die Amerikaanse demokrasie, pres. Thomas Jefferson, het die koerante van sy tyd gehaat, maar terselfdertyd geskryf hy sien liewer ʼn land sonder ʼn regering as een sonder koerante.

Nog nooit in die Amerikaanse geskiedenis was die betrekkinge tussen verreweg die meeste media en die president egter só sleg dat hulle “ʼn vyand van die volk” genoem is nie.

Dis gevaarlik. Dié begrip is gebruik deur byna elke totalitêre diktator van die twintigste eeu, van Wladimir Lenin en Josef Stalin, tot Adolf Hitler en Josef Goebbels, om vyande van die regime te demoniseer en uit te skakel.

Geen wonder nie dat byna al wat leef en beef skielik kiertsregop gaan sit het nie.

Die veteraanjoernalis Carl Bernstein, wat saam met sy kollega Bob Woodward vir die oopvlek van die Watergate-skandaal verantwoordelik was, het dit “ʼn demagogiese aanval op die instellings van die vrye demokrasie” genoem en gesê dit wys “verskriklik outoritêre neigings”. Selfs Chris Wallace, ʼn kommentator by Fox News (wat Trump dikwels steun) het gesê Trump het ʼn grens oorgesteek.

Maar dit gaan verder: Die invloedryke sen. John McCain, ʼn Republikein, het gesê diktators begin meestal “deur die vrye pers te onderdruk”.

En Trump se eie minister van verdediging, genl. James Mattis, se reaksie was veelseggend: “Ek het soms taamlike problematiese tye met die pers gehad. Maar nee, die pers, sover dit my betref, is ʼn belangegroep wat ons hanteer. En ek het self nie probleme met die pers nie.”

Kom ons benader die kwessie van ʼn kant af. Het Trump rede om ontevrede oor die media te wees? Ongetwyfeld. Sommige media het die gewoonte om elke molshoop tot ʼn berg op te blaas.

Dis trouens nie net Trump wat gereeld deurloop nie. Dis bekend dat sy voorganger, pres. Barack Obama, soms ook op sy tande moes byt oor wat hy as onbillike beriggewing ervaar het.

Jy krý slegte joernaliste. Ek het van hulle geken, mense wat geen oomblik sou aarsel om die waarheid terwille van sensasie te verdraai nie, wat gewerk het vir blaadjies wat ek nie in my huis wou toelaat nie.

Dis mense wat die hele beroep ʼn slegte naam gee.

Jy kry ook middelmatige joernaliste. Ook hulle het ek geken – mense wat nie bedóél om oneerlik te wees nie, maar toegee aan die druk van bo om die sirkulasie en winste te vergroot.

En jy kry goeie joernaliste, wat hul soeke na die waarheid ernstig en sonder vrees opneem. Mense wat weet ʼn geloofwaardige vrye joernalistiek is ʼn voorvereiste vir die voortbestaan van die demokrasie en daarvolgens optree.

Bernstein en Woodward is voorbeelde. Ook die joernaliste wat die Inligtingskandaal in die jare sewentig oopgevlek het, of dié wat Guptagate, die Nkandla-skandaal en ander wantoestande in Suid-Afrika uitgegrawe het.

Daar gaan trouens byna geen week verby sonder dat die een of ander skandaal, groot of klein, in die omgewing van pres. Jacob Zuma en die ANC blootgelê word nie. Deur die gehate media.

Daar is op hierdie oomblik joernaliste in Amerika wat rondsnuffel in Trump se bande met Rusland, in die verstrengeling van sy sakebelange en sy regering. Of dit iets gaan oplewer, is onbekend. Maar die feit dat hulle rondkrap, maak nie van hulle vyande van die volk nie. Inteendeel.

Beteken dit dat die media heeltemal objektief in hul beriggewing is? Absoluut nie. Sowel CNN as Breitbart News benader nuus vanuit hul eie ideologiese agtergrond, net soos Suid-Afrikaanse media wanneer hulle oor Zuma berig.

Een van die dinge wat jong historici op universiteit leer, is dat absolute objektiviteit ʼn mite is. Die historikus Arnold Toynbee het op ʼn keer gesê (ʼn uitspraak wat Hermann Giliomee graag aanhaal) dat ʼn mens se net so min van jou eie subjektiwiteit bewus is as van die reuk van jou asem.

Dit geld ook vir joernaliste (en vir elke enkele persoon wat onderaan dié artikel gaan reageer). Die vraag is: Neem jy jou subjektiwiteit in ag? Besef jy dat ander mense dinge in alle opregtheid anders as jy kan sien? Neem jy alle relevante feite in ag, of verswyg jy dié wat jou nie pas nie?

Die demokrasie is op sy beste ʼn taamlik morsige affêre, soos Trump tans agterkom in Amerika, waar hy op die grense van die moontlike stuit. Maar die demokrasie – en goeie maniere – vereis dat jy diegene wat van jou verskil daardie ruimte sal gun en hulle met ʼn sekere minimum van respek sal behandel.

Helaas het Trump sy opponente reg van die begin af soos vuilgoed behandel. Dié “vuilgoed” slaan nou terug en dis die oorsaak van ʼn groot deel van sy huidige probleme.

Maar goed, dit is soos dit is. Dis die politiek.

Waar hy egter duidelik te ver gegaan het, is sy uitspraak dat die media “die vyand van die volk” is. McCain se waarskuwing is tydig.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Ampie ·

Obama is nog altyd in ‘n wonderlike lig deur die media hanteer. My voorspelling is dat hy die tweede Mandela gaan word. Hulle gaan aan sy lippe hang elke keer as hy in die openbaar optree. Trump word veroordeel vir enige aksie wat hy doen. Om, soos McCain, die eerste fase van ‘n diktatuur te sien is ongegrond. McCain is in elk geval bitter dat Trump die president is, al is hulle van dieselfde party. Trump se doen en late maak nie altyd sin nie. Maar hy is nie bang om die media aan te vat nie. Die media is deel van die probleem deur skewe beriggewing.

Chris Greyling ·

Die pen is magtig, dink terug aan die Ja -Nee referendum. Die volk is gebreinspoel met leuens en beloftes, deur politisie met die pers as mondstuk. En kyk na die tragiese gevolge.

Verwonderd ·

Ek wil nie in die bresse tree vir Trump nie… Maar ek moes nou die dag op CNN elke uur en soms elke halfuur ‘n nuusberig van ‘n Irakse Seuntjie wat gestrand in Amerika is, agv Trump se buitelandse beleid trotseer. Dit is tog ‘n duidelike aanval op Trump, wat tot desperate eindes gerek en verwrong word. Ek het geen probleem met vrye pers nie. Ek vra net hoekom die mees negatiewe persepsies soos propaganda in die publiek in gedril word? Lok hulle hom nie doelbewus uit, om sulke uitsprake te maak nie?

gatiep ·

Verwonderd jy is reg ja CNN het die bom van lande goed gepraat waar daar gahos is vandag en baie mense dood is,maar Trump se imigrante ban is iets verskrikliks in hulle oe wat eintlik veroorsaak is deur die bomme.
Hulle sal nie ophou voor Trump nie uit is nie. Iemand soek gahos in wereld.

Nico K ·

Om te sê Obama is altyd in ‘n wonderlike lig deur die media gesien, is ‘n veralgemening. Elke politieke party het sy koerante wat hom steun, maar “alle” media steun nooit dieselfde kandidaat nie. So as Trump sê “die media” is dit ‘n moeilike stelling. Wie is die media? Dit is nie ‘n enkele beheerde ligaam nie. Of bedoel hy die media wat hom nie steun nie.

Rupert Ashford ·

As die pers doelbewus dubbele standaarde toepas ( tot vandag is al Hillary en die Demokrate se euwels soos aan die lig gebring is deur Wikileaks van almal nog nie ernstig deur enige sg MSM groep hanteer nie. Hulle is of onnosel of baie partydig oor baie dinge wat lewe of dood sake is vir die oorlewing van die westerse kultuur en die wereld en bring doelbewus leiers tot ‘n val wat nie inpas by die tydsgees nie. Leopold kan jy regtig se die wenners na die inligtinskandaal se hande was 100% skoon en die verloorders sin 100% vuil? Die punt oor die referendum is ook ‘n goeie een. Trump het soos die spreekwoordelike bull in a chinashop aangegaan maar die mislikste mense is die wat onder ‘n dekmantel van ordentlikheid jou in die grond in boor. Die pers mag maar bietjie in ‘n Trump spieel kyk, hulle sal nie doodgaan daarvan nie.:-)

Wensekwasdaar ·

Ek vind dit ironies hoe die Hollywood sterre en almal aangaan oor hoe Trump die media kritiseer, maar in die volgende video wat op Youtube verskyn is een van daardie sterre besig om te klae oor daardie selfde media wat woorde in haar mond sit en valse berigte publiseer… Trump vat nonsens van niemand nie en niemand kan hom manipuleer met geldjie nie. Ek persoonlik voel hy gaan een van die grootste leiers word wat die VSA al ooit gesien het.

Anz ·

Verseker! Die “lame stream media” oor die wereld leef nog in die tyd voor Internet. Net soos dié skrywer dink hulle die lesers weet nie wat in die wereld aangaan nie. Trump is reg om CNN (Clinton News Network geborg deur Soros) te kritiseer – hulle is verby pateties.

Darius Els ·

Alle Presidente/leiers wat regeer MET morele doel word na verwys as sogenaamde diktators.Mense bewonder slap leiers as Vir Die Mense. Sukses word net erken as diePERS dit wil erken.Die pen /vryheid (totaal) kan meer verval veroorsaak as as astrante leiers.Trump se taak om DAARDIE land regtekry is ontsaglik groot.Die Groot Krokkedil,Reagan,Trump en Thatcher moes altyd net keer. Hitler het 6m doodgemaak,se IEMAND iets oor Stalin se 70?m?Wat van 1990’s se liegery in SA teenoor tans in SA? In SA voor 1999 was daar meer vryheid van pres as nou.Toe kon jy onder skuilname ens skryf,vandag word jy VERPLIG om besonderhede tegee,enWORD NOG GEMODIREER ook! SA het ook n Trump bitter nodig.

Ada ·

Die media was van die begin af teen Trump gekant. Dit is goed dat hy hulle so aanval. Hulle verkondig vals nuus en daarom kyk ek RT news want hulle is nie korrup soos die ander internasionale nuusstasies nie. Die media was in Hillary opgekruip gewees. Trump tweet en dit frustreer die internasionale media want hy neem die nuus uit hulle monde uit en so kry ons dus die ware nuus en nie nuus wat wat die media eers verdraai en dan vir ons opdis nie. So Leopold, dit lyk vir my of jy een van daardie vals nuus lesers is. Jammer om van jou probleme te hoor.Ek hoop Trump maak dit nog moeiliker vir die media. hulle moet ‘n les geleer word. Indien Trump nie so belangrik vir hulle was nie sou hulle nie so oor hom tekere gegaan het nie. Hy kry baie groot media dekking of dit nou goed of sleg is – baie meer as wat Obama – Mr Goody 2 shoes- gekry het. Mooi Trump – hou so aan.

Paul ·

Besef jy dat RT in geheel deur die regering van daardie land bedryf en befonds word? Dis basies die Gupta-kanaal van daar.

Gerhard ·

Die media bevorder al jare die agenda van hul betaal meesters. Joernaliste in die algemeen by nuus media organisasies soos CNN soos Leopold tereg uitwys dryf ‘n spesifieke ideologie. Volgens hulle kon Floubama niks verkeerd doen nie en Trump roep dit net uit soos dit is. Bitter min media huise vandag verstaan nog die woord objektiwiteit waar dit aan die leser of kyker oorgelaat word om sy eie afleidings te maak met die feite wat voorgehou word. Dit sal goed wees as die media weer terug keer na sy oorspronklike mandaat van goeie objektiewe beriggewing.

Paul Kruger ·

Jy is so reg. Die konsep “vrye pers” is n mite solank media-huise se eienaars en betaalmeesters n agenda het. En daardie agenda in haas alle Westerse state is om alles wat Westers is af te water, te verbaster en te vernietig. Mens moet geweldig onnosel of moedswillig wees on dit te ontken. Wat moet n Westerse staatshoof dan doen, wat deur sy oorwegend Westerse kiesers gemandateer is om in hulle beste belang te regeer? Hy MOET mos te velde trek teen sy volk se vernietigers…maak nie saak wie of wat dit is nie. Dit sal die media gladnie help om die gevolge van sy vernietigingpogings te probeer ontduik deur agter rokspante van sy rol in die samelewing te probeer wegkruip nie. Dit is eerder n verswarende faktor.

Therese van Schalkwyk ·

Die skrywer se siening kan ook omgedraai word:

Die media in die VSA, maar ook wêreldwyd, het Donald Trump “reg van die begin af soos vuilgoed behandel” en het sedertdien nog geensins hul aanvalle verslap nie.

Trump slaan nou terug en dis die oorsaak van die heersende vyandige atmosfeer. Iemand sal die minste moet wees om die situasie te ontlont … en ek glo nie dit gaan die President wees nie. Hy het almal op hul neuse laat kyk deur die stryd om die Withuis te wen, maar geen sweempie van enige toenadering deur CNN of enige van die ander snediges nie.

Miljoene mense oral is goed keelvol vir oneerlike, eensydige beriggewing en die gevolglike opsweping van massas mense wat permanent voel hulle word te na gekom op een of ander wyse. Dalk is dit lankal nodig dat iemand “‘n grens oorsteek” om dinge te balanseer.

Piet Snot ·

“Mense is keelvol vir oneerlike, eensydige beriggewing”: dis ook waar vir SA hoofstroommedia. Dis een van die redes waarom Maroela so goed doen.

JC ·

“keelvol vir die oneerlike, eensydige beriggewing”, waarvan hierdie artikel een is!
ONS SAL NIE LANGER GEBREINSPOEL WORD EN GEINTIMIDEER WORD DEUR ONEERLIKE MEDIA, EN VROT JOERNALISME EN BERRIGGEWING NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!

John ·

Die media het nou die tv, rekenaar en satelliet om hul ideolgie die ruimte in te basuin en as hommelende superstaat en alwetende leier, die mensdom se wel en wee te beheer met die lieflike sleutels ‘cut and paste’ en die droomknoppie, ‘enter’. Trump het die opposisie van die staanspoor af soos ‘vuilgoed’ behandel dui dalk die outeur se eie ongebalanseerde en kortsigtige siening aan van die Trump-fenomeen wat eerder op iets groter mag dui soos ‘n voorskou van toekomstige smeulende pitswere wat Trump raakgesteek het en nie net na sy fisiese karakter en robuuste ‘geel kuif’ nie. Die geskiedenis kan maklik ge-1984 word, maar die toekoms laat hom nie sommer sien en orden nie; dis ‘n perd van ‘n ander kleur.

Knikkebollen ·

Die artikel veralgemeen. Trump, reg of verkeerd maak nie die konsep van media die ‘vyand’ nie- inteendeel- hy noem sy vyand by die naam. Nou kan almal maar van daar af hulle gevolgtrekkings maak oor die fut van die leier.

Bert ·

Die hoofstroom media is vir my die outoritere vyand van die gewone man of vrou op straat. Enige persoon wie dink dat die media slegs objektiewe waarnemers is sit die pot mis. Die afgelope verkiesing in die VSA is my bewys vir hierdie stelling. Die ‘liberale’ media is, soos Assange onlangs opgemerk het, ‘weaponized text’. Hulle is bloot die propaganda arm van die heersende establishment. Letterlik ‘n paar duisend redakteurs en joernaliste dwarsoor die wereld probeer wetend en onwetend hul wereldbeskouing op die res afdwing.

Dirk Breytenbach ·

Ek stem breedweg saam met die kommentare hierbo. Die media kan nooit objektief wees nie want elke koerantgroep het ‘n beleid geskoei op sy leierskap se voorkeure en verslaggewers moet beleid uitvoer binne daardie raamwerk asook sy eie persepsies oor realiteit. Al wat ons kan doen is om die geveg tussen Trump en die media met belangstelling dop te hou en hopelik iets daaruit te leer.

Piet Snot ·

Terwyl ek normaalweg met u sienings saamstem, Dr Scholtz, reken ek u maak die fout wat koerantmense algemeen maak: om te dink dat joernaliste ‘n spesiale spesie is. Daar is elemente van waarheid daarin (ons praat nie verniet van die 4de mag (is dit goeie Afrikaans vir 4th estate?) nie), maar hierdie spesiale posisie rus baie swaar op die voorveronderstelling van objektiwiteit. Sodra ‘n joernalis begin kant kies, verbeur hy daardie status.
Ek dink glad nie Trump sal ‘n goeie president uitmaak nie. Hy’s egter reg dat koerante in die algemeen (in die VSA en, helaas, in SA) oorgeneem is deur linkse liberaliste wie se optrede glad nie meer aan die vereistes hierbo voldoen nie. Dis reeds ‘n sistemiese probleem. Die verskil tussen ‘n joernalis aan die een kant, en my en die kommentators hierbo aan die ander kant, is egter dat ons nie op spesiale behandeling aanspraak maak nie. Ons erken ons bevooroordeeldheid.
Die situasie is vir seker gevaarlik. Maar dis geskep deur joernaliste self. Joernalistiek oor die algemeen het in my oë ‘n ver pad om te loop, voor Jan Alleman dit weer as geloofwaardig en vry sal beskou.

Bert ·

Mnr Scholtz haal met goedkeuring vir Senator McCain aan, dit terwyl McCain ‘n oorlogsugtige valk is en Trump verkies om sy neus uit ander se sake te wil hou. Nou is Trump se geregverdige aanslae op die korrupte media sommer belangriker nuus as McCain wie die wereld in ellende kan dompel met groot lewensverlies. Dit is waarom die media so verpes word.

chrisp ·

Die hsm(hoof stroom- media) is by verre liberaal in die VSA eintlik reg oor die wereld. Dat hulle een kant bevoordeel en dit blatant doen is daar vir enige denkende mens om te sien.Hulle dryf hoofsaaklik ‘n agenda wat die liberale siening propageer eintlik afforseer op die man op straat.So het hulle Trump in die begin uitgelag en later probeer swartsmeer terwyl Hillary bitter min in die hsm aangevat is oor die gemors wat sy oorals agter gelos het.Net fox(wat tenminste erken hulle is konserwatief) terwyl die ander(die wat jy noem en MSNBC en nog meer) graag wil voorgee hulle is neutraal dit wel gedoen het.

Het die hsm regtig verwag Trump gaan omrol en hulle voete lek na hulle hom so blatant probeer slegse en net gewag het en nog steeds wag vir ‘n geleentheid waar hy foute maak? Dit dan vir dae aaneen in jou keelgat afdruk ,verder dit nog verdraai om hul agenda te pas?

Nee wat Trump is nie bang vir die media nie en dit maak hulle baie bang en agressief.Kan iemand dalk vir ons vertel waar bg hsm enige goeie ding oor Trump gese het terwyl Obama hoofsaaklik net geprys is ?Dit nadat hy die VSA in seker die grootste gemors gelos het.

Die HSM se dae is getel as hulle so eenoogig wil wees en voorgee hulle is nie.
Dankie tog.

Steve Hofmeyr ·

Jammer, oom Leo, maar selfs jou poging hier tot objektiwiteit is maar blatante fopnuus.

stephan ·

Kan n mens enigsins onderdrukking vd pers in RSA vergelyk met die in die VSA? Ek bedoel-het n Amerikaanse president agv hul anderste politieke masjienerie in enige mate dieselfde magte om die pers te muilband as sy RSA ewknie? Le Trump se ongemak met die pers nie hoofsaaklik op die vlak van hul ideologiese beterwetigheid ongelooflike onverdraagsaamheid en vyandigheid? Dikwels beleef n mens dat jou denkvryheid…..en gesonde verstand en intelligensie…..aangeval word…en dit deur onverkose betaalde”amptenare”met n eie agenda. Is dit nie tyd dat die pers aan n realiteitstoets onderwerp word nie? Natuurlik skeer ek nie alle persmense oor dieselfde kam nie.

JC ·

Dankie President Trump dat jy die ONEERLIKE LEUENAARS EN IDEOLOGIES OPINIE GEDREWE, MANIPULEERDERS EN VOORSKRIFTELIKE MEDIA JOERNALISTIEKE BENDE AANVAT. JY’S MY HELD!!

cjm ·

Ek stem saam met die oorgrote meerderheid opinies hier gelug.

Ek kon nie glo hoe die Amerikaanse media van meet af Trump soos “‘n hond” behandel nie. Die gewaarsku oor totalitêre neigings sluit hierby aan. Hy word besmeer met etikette soos Nazi, White Supremacist, KKK om maar ‘n paar te noem. Selfs sy geestesgesondheid is onder die loep. Sy familie word beswadder, Ivanka se produkte word van die rakke afgehaal, sy besighede word geboitkot, hy word besmeer met seksuele aantygings, sy kinders word gehoon en verneder, sy vrou is ‘n hoer, hy is onnosel, sy administrasie word om elke hoek en draai beswadder en gekniehalter … en ek glo nie ek het alles eers opgenoem nie.

Tydens die perskonferensie was dit duidelik dat hy beswaar maak teen skewe en vals berigggewing. Hy het by herhaling gesê dat hy ‘n “bad story” kan verwerk maar nie die “pure hate” wat teen hom gerig word nie. In elk geval, het hy al enigsins gedreig om joernaliste in die tronk te gooi of hul vryhede te ontneem? Al wat hulle kan oor kla is ‘n woord-oorlog wat hulle begin het. Sy gebruik van Twitter is juis ‘n poging om hul veragtelike beriggewing te fnuik, om direk by die mense, sonder media filters, uit te kom. Hy het bv genoem dat Fox soms krities teenoor hom staan, maar dat hy dit kan hanteer. Die “media” waarna hy verwys is dus nie ‘n allesomvattende term nie.

A Kellerman ·

Die liberale media is nie net die vyand v Amerika nie,maar v d ganse Weste soos ons dit ken.
Hulle soek nie grense tussen lande nie,soek nie nasionalisme nie,wil onbeperkte getalle vlugtelinge in LW die vrye wereld laat instroom,hulle soek een wereldregering ,een geld eenheid,en daarom gaan hulle so histeries tekere, ook oor Brixit.

Hoedat hulle nie kan voorsien dat hul beleid afstuur op selfvernieteging nie,is ongelooflik.

chrisp ·

Het die hsm regtig verwag Trump gaan omrol en hulle voete lek na hulle hom so blatant probeer slegse en net gewag het en nog steeds wag vir ‘n geleentheid waar hy foute maak? Dit dan vir dae aaneen in jou keelgat afdruk ,verder dit nog verdraai om hul agenda te pas?

Nee wat Trump is nie bang vir die media nie en dit maak hulle baie bang en agressief.Kan iemand dalk vir ons vertel waar bg hsm enige goeie ding oor Trump gese het terwyl Obama hoofsaaklik net geprys is ?Dit nadat hy die VSA in seker die grootste gemors gelos het.

Die HSM se dae is getel as hulle so eenoogig wil wees en voorgee hulle is nie.
Dankie tog.

gerda ·

Ek weet nie waarom die media so teen Trump gekant is nie. Seker omdat hy polities verkeerd is maar die hele wereld is nou al polities verkeerd want uiteindelik word die probleme reguit aangespreek deur Trump en skuil dit nie agter die polities- korrekte – sindroom nie . Ek sien hierdie artikel is ook polities-korrek, en dit is om van naar te word. Joernaliste sal moet wakker word en die ware nuus gee en nie van ons lesers verwag om alles vir soet koek op te eet nie. Ons is al verby daardie stadium. Dis net die joernaliste wat nog nie verby daardie stadium is nie. Hulle klou verbete vas aan ‘n korrupte verlede wat hulle gedink het hulle woord is wet. Daardie dae is verby. Vertel nuus soos dit is – nie soos julle dink dit moes wees nie. Ons is nie geiinteresseerd oor wat die media dink nie. Ons wil net die naakte waarheid hoor en lees. Trump gee ware nuus op sy twitter en die media kan dit nie verdraai nie en dit gaan hulle doodsteek wees. Dit is waarom hulle nie van Trump hou nie. Hy is altyd “one step ahead”. Mooi man Trump. Die joernaliste se raklewe is haas verby en hulle raak paniekerig daaroor. Maak eerder vrede met trump en bou hom op en dan sal dit goed gaan met julle. Liberaliste se dae is getel. Maak vrede met Trump en gee die ware nuus deur – dit is die voorwaarde.

Leopold Scholtz ·

Beste vriende, ek begin verstaan wat julle s^e. Julle s^e as die media verslag doen oor Zuma, mag hulle nooit laat blyk hulle dink hy is ‘n slegte regeerder nie. Hulle mag nooit s^e hulle meen Malema is ‘n swart rassis nie. Hulle mag nooit alarm maak as Zuma vir Des van Rooyen as minister van finansies aanstel of miljoene onregmatig aan Nkandla bestee nie. Of as die Guptas die staat kaap nie. Die media moet eenvoudig klakkeloos elke woord uit die president se mond opteken en verder hul bekke hou. Dis wat julle s^e. Ek verstaan. Lekker dag aan al die Zuma-aanbidders!

chrisp ·

Beste Leopold,jy verstaan regtig nie.

Dis nie wat ons se nie en as jy dit nie besef nie is ek sprakeloos.Ek kan net dink dat jy uiters aspris is want geen persoon kan so iets uit die kommentare aflei nie.Gaan lees weer die kommentare waarvan die meeste die liberale,antie westerse en agenda teen konserwatiewe sieninge en mense van die hsm uitwys.

Jy maak jou skuldig daaraan om ‘n strooipop te skep en dit dan aan te val en af te skiet asof dit deur ons(die meeste komentare) geskep is.Ek kan nie glo dat jy dit doen nie.Niemand hier het gese die media moet hul bekke hou nie.Almal praat van die msn en die meeste vra dat hulle die waarheid moet vertel en nie die liberale siek wereld wat juis deur hulle oa geskep is aanhou propageer ten koste van bilikke beriggewing nie.

Hoe jy by jou Zuma ,Malema en van Rooyen uitspraak kom kan ek net nie verstaan nie.Ook maak jy jou skuldig aan herhaling en na-aaping van juis hierdie media.
ONGELOOFLIK.

Jan ·

Selfs hier op MM het ek die laaste tyd n hele paar “linkse” artikels gelees, hierdie een inkluis. Ek het ook laasweek iets raakgelees dat MM noue bande met die FW de Klerk stigting het. Is dit waar Leopold? Julle het my klaar negatief, hou so aan en ek blok MM ook uit my lewe. Ons is moeg vir liberale leuns.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jan

Dankie vir jou navraag.
Maroela Media is ‘n onafhanklike nuuswebwerf. Ek kan bevestig ons het geen bande met die FW de Klerk-stigting nie.
Leopold Scholtz is een van ons gereelde rubriekskrywers, maar hy is nie deel van Maroela Media nie. Hy skryf in ‘n onafhanklike kapasiteit vir Maroela Media.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

chrisp ·

Jan.
Graag verskil ek van jou. Ons moet juis die linkse/liberale skrywers toelaat anders maak ons onself skuldig aan juis dit wat ons die hsm van beskuldig.Juis hieroor gee ek MM ‘n groot plus omrede hulle beide kante kans gun(ek hoop net ons word minder uitgevee Verder is dit ook baie terapeuties om die leuens en tekort aan logika uit te wys.Wees egter versigtig dit kan verslawend wees.

Rupert Ashford ·

Ek stem saam met Chrisp. Ons moet ‘n gebalanseerde nuusblad he waar opinies van oor die hele spektrum gelees kan word sodat die lesers self hulle oordeel kan fel sonder om in ‘n rigting forseer te word. Die probleem met die meeste hedendaagse HSM (dankie ek leer al is dit stadig) is juis dat hulle nie stemme van oor die hele spektrum ‘n spreekbeurt gee nie. Dankie ook vir Dr Scholtz se stukke (Maroela en Leopold). En ook dat ons kan kommentaar (en soms komintaar) lewer. Dit is lekker hier en die syfers wys dit.

Danie ·

Dagse Sune van Heerden
Die vraag is natuurlik waarom gee Marloela Media sulke gereelde publisiteit aan die heer Leopold Scholtz..?
Geen beter joernaliste beskikbaar nie..?
Ons vriend Leopold het vir ons in die 80’s en 90’s vertel wat se goeie idee dit gaan wees om oor te gee aan die ANC.. en hier vertrou Maroela hom weereens om sy insig met ons te deel..

Sune van Heerden ·

Dagsê Danie

Dankie vir jou navraag.

Leopold Scholtz se rubrieke vorm deel van ons meningsvormersplatform, Nou pra’ jy.
Ons stel dit duidelik onderaan die artikel: “Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie.”

Net so bied ons ook gereeld geleentheid vir skrywers soos Jaco Kleynhans, dr. Eugene Brink, Flip Buys, Herman Giliomee, Ernst Roets en talle ander om ook hul menings te lug.

Dit is altyd ʼn goeie idee om blootgestel te word aan ʼn verskeidenheid van menings oor die politieke spektrum heen en daarom poog Maroela Media ook om ʼn groot verskeidenheid van persone die geleentheid te bied om hul standpunte hier te stel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Willem ·

En CNN , BBC etc is nie “biased” nie!..
Kyk gerus, die klomp linkse CRYBABIES does als in hul beskikking om teen Trump uit te vaar. Kyk gerus FOX news om die ware nuus berigte te sien.
Kyk na al die VALS nuus berigte wat nou na vore gekom het.
Hoekom wys hulle nie WAT REGTIG in Duitsland en Suid Afrika aangaan nie?..
Duitsland BV. loop deur onder verkragtings, onluste-net oor die Linkse Politiek en Pers..
Hule verdoesel die waarheid, net soos in SA.
Ons almal weet hoe EENSYDIG ons pers is!..
Snaaks die Linkse Breinspoeling loop diep-na aanleiding van hierdie artikel begin mens wonder.
Hoekom huil julle nie eerder oor die Govt . wat die pers gebruik as spreekbuis nie!?.
LINKSES–die SPAWN van die NWO!..

groenewaldt ·

Ek stem saam : Die Media is die vyand van die volk, nie Trump nie.

Henry ·

Die kommentare op hierdie skryfsel verseker dat enige poging van my kant af bloot herhalend sal wees. Vir wat dit ookal werd mag wees. :-)

Breyten Breytenbach het mynsinsiens laaaankal t’rug die raakste beskrywing vir die meerderheid joernaliste verskaf. Ongelukkig kan ek nie dit hier herhaal nie, want ek wil tog nie die ywerige woordspietkoppe geleentheid bied om ook hierdie kommintaar in die snippermandjie te smyt nie. Loop google gerus hoe hy die “ridders” van hul eie propaganda/vooroordele by geleentheid genoem het.
;-)))

Die res van die VSA en meeste van die wêreld se media is daagliks besig om Obama en die VSA se spioenering op hul sogenaamde bondgenote in die Weste dood te swyg. Indien dit nie vir die Russe se eie propagandamasjien – RT – is nie, sal die res van die wêreld in onkunde voortstrompel en die VSA se dekadeslange spioenasie op die Duitsers, Britte, Franse en wie ookal voorkom, onder ‘n smerige mat invee. Hopelik sal die Russe voortgaan om die VSA se spaai-burokrasie en hul eenogige joernaluste – oepsie, amper noem ek die piete en pietinne soos Breyten hul beskryf het(!) – te irriteer, met die werklike feite rondom hul daaglikse humint, sigint skandale en minder tyd aan aanvalle op hul nuwe President te bestee.

O ja. Jammet om te sê mnr Scholtz, mynsinsiens het u ‘n woeste toets met hierdie skryfsel gedop – vir wat dit werd mag wees.
:-)

Leopold Scholtz ·

Beste Henry – baie dankie vir die sentiment. As jy my geprys het, sou ek geweet het ek is op die verkeerde pad. Jy het seker nie kennis geneem van die duisende berigte in die internasionale pers oor Amerika en Obama se spioenasie op Europese lande nie. Selfs Merkel se selfoon is deur die Amerikaners afgeluister. Maar ja, ek dop. Is reg so.

DMC de Koker ·

Vandat Donald Trump in die resies geklim het om president te word het ek die indruk gekry dat heelwat van Maroelamedia se skrywers ook maar teen Trump gekant is. Wat hulle daarmee wil bereik deur heeltyd sulke berigte te plaas weet ek nie. Die vraag is, kan die media vertrou word? As ek moet eerlik antwoord volgens my opinie dan sal ek beslis sê nee. (Terloops hierdie berig is lyk my ook nie baie objektief nie).

Gjrogi ·

Vergeet van wat hierdie artikel sê en vergeet van wat die enige media sê en gaan kyk eerder na wat Trump sê. Nie wat die media sê hy sê nie maar wat hy self sê in sy tweets en direk op TV waar almal dit kan hoor. Gaan kyk daarna en as julle dan nog dink hy is ‘n goeie president, goeie voorbeeld of selfs net ‘n goeie mens dan weet ek julle is almal van lotjie getik. Hy is bombasties, ongeskik, kan glad nie redeneer oor iets nie en wip homself as iemand dit hom aanval. Soos ‘n stout kind!!! Pateties.

henk ·

Lees asb die link wat Mekur gestuur het- dit is baie insiggewend. Dan praat ons weer. Dit is ook ongelooflik – sal baie se oe laat oopgaan wat werklik daarbuite aangaan.

Riaan ·

In die ou dae het Leon van Nierop ‘n punte stelsel gehad om nuwe flieks te beoordeel. Ek het nooit na die hoë punte flieks gaan kyk nie want ek het gou besef my en Leon se smaak verskil baie. Net so lees ek alle berigte van Leopold met die wete dat dit vol van sy eie persoonlike oortuigings is waarmee ek ook baie verskil.

Die liberale media is kwaad omdat hulle die Internet total onderskat het. Vandag is elke persoon met ‘n slim foon ‘n joernalis. Verby is die dae waar ‘n joernalis sy persoonlike mening of die mening van sy betaal meester sommer net so kan verkondig

Die media se arrogansie het hulle ingehaal. Kyk gerus onderaan ‘n berig hoe word kommentaar verwyder wat nie met die berig saamstem nie, of gladnie geplaas nie. Die media skreeu Vryheid van spraak solank as wat hulle die praatwerk doen, anders skuil hulle agter ‘n moderator of kommentaar op ‘n berig word nie toegelaat nie. Maroela media is self skuldig daaraan.

Die enigste manier om vandag ‘n objektiewe beeld van omstandighede te kry is om meer as een bron te raadpleeg

Elsje ·

Gjrogi,
Jy is duidelik ‘n lib soos die skrywer van hierdie artikel. Doen jouself ‘n guns en lees die link van Mecur. Sal graag jou kommentaar daaroor wil hoor.
Jy was seker ‘n Obama-man (wat toegelaat het dat meer as ‘n miljoen immigrante in Amerika ingestroom het – moslems veral) en waarmee die gemiddelde Amerikaner nou mee sit. Clinton wat hoeveel oorloe veroorsaak het met haar maglus – en soveel dood veroorsaak het daarmee – en dink jy hulle twee is beter mense as Trump? O my ganade – Say no more……

Susan ·

Die media is so ooglooend subjektief as jy dit nie kan raaksien nie is jy onnosel. ‘n Mens raak behoorlik naar om na CNN te kyk want al wat hulle kan doen is om elke woord, aksie of gesigsuitdrukking van Trump uitmekaar te trek. Hulle is gewis die vyand van die Amerikaanse volk omdat hulle die motiewe van George Soros en Kie slaags volg. Die artikelskrywer moet oohou liggeraak wees en raaksien hoe die Amerikaanse media gebruik word deur mense agter die skerms. Dit is nie eens subtiel nie!

Ivanovitch ·

Gjrogi, vir hoeveel mense se dood was Obama en Clinton verantwoordelik met hulle oorlog-beheptheid. Vir hoeveel mense se dood was Trump verantwoordelik? Wat sou jy se bring die grootste skade? Dood of karaktertrekke?

Gjorgi ·

Ek kan nie daarteen stry en want jy is reg. Hulle was vir baie se dood verantwoordelik. Wat van ons kyk oor 4 jaar hoeveel mense se dood Trump veroorsaak het dan praat ons weer. Jy vat die makliker uitweg hier want Trump is nog te kort aan bewind om gemeet te word op jou terme. Gebruik dan eerder terme waarop hy wel gemeet kan word en dan lyk sy presidentskap sover maar bra treurig.

Gjorgi ·

Ivanocvitch ek is bly jy stem saam sy karakter laat veel te wense. Ek kan ook nie teen wat jy sê stry nie. Hulle was vir baie se dood verantwoordelik. Wat van ons kyk oor 4 jaar hoeveel mense se dood Trump veroorsaak het dan praat ons weer. Jy vat die makliker uitweg hier want Trump is nog te kort aan bewind om gemeet te word op jou terme. Gebruik dan eerder terme waarop hy wel gemeet kan word en dan lyk sy presidentskap sover maar bra treurig.

BOKGENERAAL ? ·

Vrye pers moet daar wees !! Maar wat doen baie van die media vandag ? Hulle misbruik hulle mag en steek baie dinge weg !! Daar is baie media in Amerika aan Trump se kant !! CBN is een en nee ek bedoel nie CBS nie !!? Ek sê dis reg om hulle oor die vingers te tik as hul leuns die land kan verdeel en mense se lewens verwoes !! Hoeveel mense se naam was nie al deur die media verwoes deur ñ storie wat uit een of ander koerant of nuuskanaal se duim uitgesuig was nie ?

JC ·

Presies BOKGENERAAL, presies. Leopold en Koos, ons meen nie die media het NIE ‘n belangrike rol om te speel in ‘n “demokrasie” nie, MAAR; die monster (4de stand) wat die media vandag is met hul pynigende PC voorskriftelikheid en hul ongebreidelde mag, politiese korrektheid en duidelike versteekte dominansie agendas, is die probleem. SO, gaan dink weer en lewer dan weer bietjie kommentaar asseblief. Ek is verheug President Trump het die media, let wel nie die “ware” joernalistiek nie, in die bek geruk. En Koos, nee, ek dink die establishment het hul TIER gekry in President Trump en hierdie is ‘n heel ander speletjie as tevore. Indien daar enigiemand is wat op dun ys loop is dit die media en HSM en nie Donald John Trump nie. Volg julle nie die nuus nie? (anders sou julle besef het President Trump het GEWELDIGE steun in die VSA) ;-)

Ivanovitch ·

Gjrogi, al waarvoor Trump verantwoordelik gaan wees is om die immigrante uit Amerika te verwyder. Het jy gesien hoe gaan dit in Swede en Frankryk? Daardie twee lande is klaar onderdeur. Hoop Le Pen kom in om Frankryk te probeer red. Trump hoop ek gaan ook aan die wereld verkondig wie die korruptes in die vorige Regering was en ook wie hulle in die wye wereld vandag – soos in nou – is. Veral die CIA en kie. Dan praat ons weer.Jy kan nie vir Trump metObama/Clinton vergelyk nie want jy kan nie ‘n antichrist met ‘n Christen vergelyk nie. Net nie- gelowiges sal hulle self verryk deur om onnodig oorlog te maak en dit vir olie.

Koos ·

Baie dankie Dr. Uitstekend! Nie almal is so verblind soos die Trump aanhangers hierbo nie. Hulle lees maar hoor nie. Gaan rustig voort wat Trompie se dae is getel en hy gaan homself binnekort ophang – dit nadat hy homself eers in die voet geskiet het.

Leopold Scholtz ·

In antwoord op Chrisp se reaksie op my kommentaar boontoe: Chrisp, wat is die prinsipiële verskil tussen wat ek sê en wat my kritici sê? Hulle meen tog die media mag geen eie mening hê nie, of hoe? Nou ja, as die media alles wat Trump sê bloot onkrities moet weergee en dit nie krities toets nie, dan beteken dit tog logieserwys dat dieselfde ook vir Zuma moet geld! Raak nou rustig en wys my waar my logika verkeerd is. Dan kan ons ‘n beskaafde gesprek voer, pleks van om te skel. Lekker dag vir jou.

chrisp ·

Nee Leopold dis nie wat ons se nie. Ons se nie die media mag nie hul eie mening he nie,glad nie.Dit is jy wat se ons se so = strooipop wat jy opstel en dan weer afskiet.Ek(meeste hier) se moenie lieg en bedrieg nie dws praat die waarheid en dan gee jy jou mening oor die waarheid in die gevalle. Verder moenie lieg deur te se dat jy polities neutraal is en nie is nie.Ook net met verkykers na die konserwatiewe geledere kyk en selfs stories verdraai om hul agendas te pas ,grootliks afwesig is as dit liberale is wat foute maak.Daar is talle voorbeelde wat ek met graagte sal noem. Dis net ‘n leun en jy bedrieg die lesers/kykers. Soos CNN(en omtrent 90% van die hsm geskrewe en beeld) homself wil voorgee om te wees en nie is nie.Net soos jy(wat openlik se dat jy ‘n liberale demokraat is) het fox geen probleem om te erken dat hulle die konserwatiewe verdedig nie.Daarvoor het ek respek.Vir ‘n huigelaar hetsy mens of instansie het ek geen tyd nie.

Die kies van Trump is in my opinie grootliks te wyte aan juis die hsm se skewe en partydige beriggewing.Obama het agt jaar die septer geswaai ek is oortuig dat in agt jaar hy nie soveel kritiek van die hsm gekry het as Trump in eend maand nie.Dieselfde geld vir die meeste van die demokrate soos Hilary en vele meer.

JC ·

HSM glo dat hulle op een of ander manier die geskiedenis en die gevolglike kulturalisme wat daaruit gespruit het veranderbaar kan maak of dat die geskiedenis en gevolglike kultuur nie “immutable” is nie; ala 1984-sien ANC. EK HET SLEGTE NUUS. Die ironie is dat die linkses (eintlik moet daar ‘n nuwe benaming of term vir hul uitgedink word SO “disgust” hulle my) nou groot gewag maak van Orwell se 1984, MAAR dit wat hulle gepropageer het; tot onlangs voordat die wereld se oe oopgegaan het; met hul siek agendas; was juis besig om die wereld te stuur na ‘n 1984 situasie! My aarde? Hulle het so baie in gemeen met Orwell se 1984: geen vryheid van (konserwatiewe) denke-thought police-‘n sekere manier van dink of redeneer wat op jou AFGEDWING word, uiterste onverdraagsaamheid as jy nie “inval” by die regte denkrigting nie, die “ministry of plenty” terwyl daar inderdaad nie “plenty” is nie en jy moet betaal vir parasiete, die uiterste burokrasie; te wete die sentralistiese leierskap van Big Brother, die 3 werelddele: Oceania (VSA en VK), Eurasia -sien EUSSR!-en Eastasia, aanhoudende oorlogvoering, ala McCain, JA, jy lees en verwonder jou oor die prag van my argumente hier!! en nog vele vbe van ooreenkomste. DUS: miskien is dit goed dat die libs bietjie Orwell se 1984 in oenskou neem (lykmy hulle het nog nooit nie, in teenstelling met baie konserwatiewes) en wakker skrik en besef waarnatoe die wereld oppad was onder Obama, Clinton en kie!

ada ·

Ai ou Leopold jy het nie n lekker dag gehad met al hierdie kommentare nie. Maar neem dit asb in ag. Wag vir jou volgende skrywe. Geniet jou aand. More is n nuwe dag.Groete Ada

Leopold Scholtz ·

Beste Ada, die Amerikaners sê “If you can’t take the heat, stay out of the kitchen”. My vel is dik. Maar dankie vir die mooi wense.

JC ·

Hey chrisp, soos die feministiese pro vrouregte en pro lib Sweedse regering wat kwansuis vroue regte sou voorstaan; maar wie se vroue, wat deel was van die diplomatieke afvaardiging, onderdanige en vernederende kopbedekkings dra tydens hul besoek aan Iran haha, haha!!
Wow!! Die hippokrasie van die alledaagse man-op-straat en “establishment” lib verbaas my nie meer nie, of miskien, ja; hierdie het.
Swede se foute word al hoe meer uitgewys, ook deur President Trump en ja, NIEMAND MAG WEET NIE :(

chrisp ·

Juis JP,juis.
Dit is die rede hoekom kommentare gesensor word of glad nie toegelaat word nie in die hsm.
Dit is so maklik om die huigelary van die verkramtes(liberale)uit te wys as jy net by die waarheid bly.

Jy wys dan ook so mooi van die tweegesig huigelaar wat die liberale kamp nou geword het.Daarom verskree,verban,sensor,verbrand ens hulle alles want feite het hulle nie.

Leopold Scholtz ·

Vir Chrisp: Gaan lees weer die kommentare. Verreweg die meeste eis die media moet bloot die feite gee en geen menings nie. En waar het ek ooit beweer dat ek polities neutraal is? Gaan lees weer my artikel, waar ek uitdruklik sê niemand is totaal objektief nie. Jy lees nie behoorlik nie, my vriend, en dan verval jy in ‘n geskel. Jammer. Ek wou graag ‘n beskaafde gesprek voer.

chrisp ·

Leopold.
Is jy ernstig? Hoe op dees aarde kom jy hieraan?Waar se ek dat jy ooit gese het jy polities neutraal is?Is dit nie presies wat ek ook se nie? Ek haal aan “Net soos jy(wat openlik se dat jy ‘n liberale demokraat is) het fox geen probleem om te erken dat hulle die konserwatiewe verdedig nie.Daarvoor het ek respek.Vir ‘n huigelaar hetsy mens of instansie het ek geen tyd nie.”
Nou wil jy vir my kom vertel ek lees nie behoorlik nie.Ek se dan jy en fox erken julle is nie neutraal nie. Nee my friend dis jy wat nie behoorlik lees nie.

Amper skryf ek van bg in hoofletters want die geskel soos jy noem lees jy duidelik raak en van die res glad nie.

Ek is mal oor ‘n beskaafde gesprek maar gesprek bestaan uit luister ook en nie net praat nie.

chrisp ·

Ek is weer vinnig deur die kommentare en sien nie die oorgrote meerderheid wat se die media moet net die feite deurgee nie.

Help my asb met die name dan kan ons bepaal of dit by verre die meerderheid is, selfs ‘n ou kleintjie .Se maar 51%?.

Sien uit om te hoor van jou.

JC ·

HSM=realisering van George Orwell se 1984 distopia. Praat van ‘n self realiserende profesie!!
“Down with Big Brother”= DOWN WITH MSM se ek!!
Vir die wat nog nie Orwell se 1984 gelees het nie, gaan koop en lees dit nou! Jou oe sal oopgaan ten opsigte van die raakpunte met die siek HSM en politieke establishment.
Miskien moet Leopold dit ook lees, indien hy nie reeds het nie…?

Vaalseun ·

Leopold, weereens baie dankie vir ‘n ewewigtige en goed beredeneerde aanbieding. En baie dankie vir jou geduld met ons, die ssm (systroommedia) joernaliste hier in die kommentaar-bokse. Dit lyk my van die ssm-joernaliste hierbo wil daarop aanspraak maak dat met Trump ‘die waarheid’ nou aan die lig kom of gaan kom. Trump is nou president van Amerika. Hy is nou in die woorde van Paleologue, ‘n ‘groot man.’ En Paleologue het gewaarsku dat dit in die aard van ‘groot manne’ (in die wêreldpolitiek) is om noodlottige spelle te speel. Hy verwys na Cavour, en sê, ‘Die man van aksie word ‘n dobbelaar, want elke gewigtige besluit impliseer nie net ‘n verwagting oor die toekoms nie, maar die reg om in staat te wees om oor gebeure te besluit, om dit te lei en te beheer.’ Maar, ‘n dobbelaar ontdek eers maar die waarheid, naamlik die finale uitslag en gevolge van sy besluit, wanneer hy niks meer daaraan kan verander nie.

chrisp ·

Vaalseun nou laat jy my dink.
En dankie vir die kennis dis wyse woorde verseker.

Ek dink dit pas onse FW soos ‘n handskoen. Trump is 1 maand aan bewind na sy tyd sal ons kan bepaal of dit profetiese woorde was Vaalseun maar nie nou nie.

Leopold Scholtz ·

Vaalseun, dis ‘n groot plesier. En dankie vir die mooi woorde!

Leopold Scholtz ·

Chrisp, jy het geskryf: “Verder moenie lieg deur te se dat jy polities neutraal is nie”. Nou ontken jy dit. Vadertjie ons! Ek wil jou ook aanmoedig om agter daardie skuilnaam uit te klim waar jy so dapper wegkruip. Of is jy skaam vir jou eie standpunt?

Therese van Schalkwyk ·

In die tweede paragraaf sê die skrywer: “Mense kan nie en moet nie dieselfde oor dinge dink nie.”

Lesers wat nié dieselfde dink as dr. Scholtz oor Trump en die ongeloofwaardige/eensydige media nie kry egter die “Zuma-aanbidders”-etiket … op tipies ‘establishment’ wyse.

Dit verbaas geensins, maar is tóg teleurstellend.

Rupert Ashford ·

Ons sit in die moderne tye oor die algemeen met die sg “entitlement” sindroom waar mense dinge wil he maar nie die verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan nie. Die Westerse Christelike kultuur is gebou op die beginsel dat ons die verantwoordelikheid aanvaar en basies onsself polisieer, maar dit is ook waarom ‘n mens die blatante afvalligheid van enigiets met die woorde “Christelik, Christen, Christus, Kerk”, ens sien. So dring ons almal aan op menseregte, vryheid ens sonder dat ons die verantwoordelikheid wil neem om dan onsself te dissiplineer om nie te steel nie, nie mense ekstreem te beledig en sleg te se nie, om alle mense ruimte te gee om hulle sieninge uit te leef, om ook wanneer ek my sieninge kan/mag uitleef te onthou dat daar ouens is wat nie daarmee saamstem nie en ook vir hulle weer ruimte te gee, om nie te plunder nie, om myself te onderwerp aan die wette van die land waarin ek bly. Die vrye pers het myns insiens dieselfde verantwoordelikheid om in vryheid ook billik te wees en juis te stry daarteen om hulle eie opinies nie voorop te stel in hulle beriggewing nie. Mense bly mense so opinies sal deurskemer, maar moenie die sg vryheid van die pers gebruik om karaktermoord te pleeg bloot omdat iemand se sienings nie met joune ooreenstem nie.

Herman Nell ·

Soms verbaas dit my oor dinge wat hier gesê word oor wat in Amerika kwansuis gebeur en wat nie ooreenkom met my eie waarneming op die grond nie. Ter verduideliking, ek is al 23 jaar woonagtig in die VSA. (Verskoon dus die spel en gramatika)
Kom ons poog waarookal moontlik, om nie goeie onderwerpe soos die te oorvereenvoudig nie. Die “5 minute sound byte” of 250 woord limiet vier hoogty en veralgemenings word die vyand van die debat. Dit is maklik dan om dinge te sien in terme van of goed of slegs en niks tussenin.
Nie die media, Trump, Obama, of Zuma is net goed of sleg of net links of regs. Die waarheid is meer gekompliseerd en elk het ‘n bietjie goed en sleg. Nie een van die Presidente kan verantwoordelik gehou word vir allles wat gebeur terwyl hulle aan bewind is. Staats amptenare doen nog baie watookal die land. Die media is ook nie een ding wat links of regs is, maar sluit deesdae met social media vele verskillende belange groepe en individue in.
My versoek, kom ons fokus die debat op kleiner areas van verskil of ooreenkoms en gaan in meer detail in. Dan kan ons baie makliker feite in plaas van veralgemenings debatteer. Feite is nie iemand se meing of noodwendig dit wat op die internet gelees word nie.
MM, dankie vir die geleentheid en Leopold, vir aansteking van die lont!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.