Ek is moeg vir rasboelies

dirk_hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, skryf vir Tumi Morake van Jacaranda FM:

Beste Tumi

Ek is wit en moeg daarvoor om op grond van my ras geboelie te word. Ras is nie my primêre identiteit nie, maar ek word kort-kort in ʼn posisie geplaas waar ek dit moet verdedig. Ek, en waarskynlik jy ook, smag daarna dat ons verby ras moet kom.

Ongelukkig is dit deesdae mode om wit mense te boelie. Al die probleme het begin toe Jan van Riebeeck (hoor wit mense) hier aangekom het. Wit “boytjies” moet hulle gedra. Wit mense moenie geslag word nie, in elk geval nie nou nie. Wit mense is vreemdelinge in die land, kolonialiste van ʼn spesiale aard. Met wittes moet gedoen word wat Hitler met die Jode gedoen het. Ons moet selfs met bazookas geskiet word. Al hierdie dinge is deur politici en mense in leiersposisies gesê. Boelies met gesag.

Hierdie rasseboeliegedrag is in die openbare diskoers aanvaarbaar. Dis só aanvaarbaar dit haal nie eens die nuus nie.

Wit mense moet tog so versigtig wees wat hulle sê. Hulle moet op oordrewe wyse wys hulle is nie rassisties nie, maar die rasboelies gaan net voort.

Laat ʼn wit mens nou waag om te verbrou, dan is dit op al wat ʼn voorblad is. Dit kan net kleinskaalse brouwerk wees soos in die gerekende ekonoom Chris Hart se geval, dan is jy weg.

Wit mense word in die werkplek geboelie. Valse klagtes van rassisme vernietig loopbane. Ons is steeds besig met die saak van ʼn wit vrou wat daarvan beskuldig is dat sy die k-woord gebruik het nadat sy swart kollegas dissiplinêr aangekla het. Daar is later erken dat die klagte teen haar vals was en versin is om uit die moeilikheid te kom. Sy is nogtans verplaas.

Spanningsvlakke loop hoog. Sielkundiges spesialiseer in depressie onder wit mense as gevolg van vervreemding in die werkplek. In my eie doktorale studie was ek geskok om te sien hoe hoog wit mense se vervreemdingsvlakke is.

Vervreemding lei daartoe dat wit mense magteloos voel. Hulle is ín ʼn situasie, maar nie déél daarvan nie. Hulle begin betekenisloos voel. Maatskappye word selfs gestraf omdat wit mense daar is. Veral in die werkplek voel hulle geïsoleer en uiteindelik begin hulle van hulself vervreemd raak, wat tot vlakke van depressie lei. Wat die spanning opjaag, is dat die moraliteit van die dag hulle nie toelaat om te sê hoe hulle voel nie.

Ten spyte van dié gevoelens bly wit mense lojaal aan die land, hulle presteer goed, wil hier bly en, volgens die Instituut van Rasseverhoudinge, is gevoelens van rassisme oor die algemeen, ook onder swart Suid-Afrikaners, baie laag. Tussenras-verhoudinge is oor die algemeen in die daaglikse omgang van mense nie sleg nie.

Natuurlik is daar swart mense wat ook op verskeie vlakke en as gevolg van verskeie redes vervreemd voel. Dit is ʼn werklikheid, maar dit maak nie die gevoel wat wit mense beleef, ongedaan nie. Albei groepe moet daaroor kan praat en dit deel.

Die vervreemding van wit mense is deel van my werk. Ek word elke dag daarmee gekonfronteer. Ek is nie deel van die media-elite of die liberale wit elite nie, maar ek is gereeld op fabrieksvloere, by mynskagte en tussen personeel by universiteite.

Gewone wit werknemers beleef boeliegedrag elke dag, maar dit is nie deel van die openbare diskoers nie – dis hoogstens deel van die braaivleisdiskoers.

Dit is ’n diskoers waarvan jy nie weet nie want die politiek korrekte hoofstroom het die morele stilswye van die verlede daarop gelê.

Soms borrel dit uit en dan vra die korrektes: “Waar kom dit vandaan?” Tumi, dit is wat op die oomblik met jou gebeur. Jy het ’n naald in ’n sweer gedruk. Jy verstaan dit nie want dit word weggesteek.

ʼn Deel van die sweer se negatiewe kant borrel op sosiale media uit. Daar is ongelukkig mense wat ras met ras wil beveg, maar die oorgrote meerderheid is gewone, goeie mense wat gefrustreerd is, maar hier wil bly, wil werk, ʼn bydrae wil lewer en goed met ander rassegroepe oor die weg wil kom.

Wit mense probeer om op verskeie plekke te ontsnap. Een so ʼn veilige plek is hul motors. Dit is hul plek. Van hulle luister na musiek oor radiostasies soos Jacaranda FM. Ten spyte van die verkeer is dit tog ’n plek waar hulle rustig kan wees, na musiek kan luister met omroepers wat die atmosfeer fasiliteer.

Wat het jy toe gedoen? Jy dring hul veilige plek binne en wys hulle tereg. Jy gebruik die analoog van die boelie (hoor wit mense) wat die fiets met geweld by die maatjie (hoor swart mense) afgevat het. Die maatjies hoor dan hulle moet nou die fiets deel. Die maatjie by wie die fiets weggevat is, voel daar was nie vergelding nie, want die boelie is nie gestraf nie. Boonop is die boelie nog beloon ook, want hy mag steeds met die fiets speel.

Is jy verbaas dat ʼn deel van jou lojale luisteraars woedend is? Hulle is ontnugter oor hul radiostasie wat hulle in hul veilige plek toegelaat het. Hulle word orals gebombardeer; hulle wil nie in hul motors ook op die vingers getik word nie.

Kortom, jy sê wit mense het wat hulle het omdat hulle dit met geweld gevat het; daar moes eintlik vergelding gewees het; hulle moes eintlik gestraf gewees het; en wat hulle het, moes eintlik van hulle weggeneem gewees het. Wit mense moet dus eintlik dankbaar wees.

Jy gaan selfs verder en sê jy haat dit dat jy om verskoning moet vra en moet verduidelik omdat jy pro-swart is. Jy praat van jou mense is “the people of the soil”. Wit mense is nie jou mense nie en daarmee impliseer jy hulle is nie deel van “the soil” nie. Jy sê eintlik dat wit mense kolonialiste is.

Jou hele gevoel was: “Bly tog net stil, julle was ʼn klomp onderdrukkers. Julle het eintlik jul regte verloor en is vreemdelinge wat dankbaar moet wees dat julle dit gegun word om hier te wees.”

Daar is wel ʼn probleem, want dit is nie net “jou” mense wat na jou luister nie. Dis Jacaranda FM-mense wat na Jacaranda FM luister. Volgens jou is wit mense nie jou mense nie, maar hulle is jou luisteraars.

Ironies genoeg gebruik jy die analogie van ’n boelie om van ’n platform wat jou ’n sekere mate van mag gee, te boelie. Jy het jou platform misbruik. Dit gaan nie daaroor dat jy jou gevoelens uitgespreek het nie; inteendeel, ek wil hê ons moet meer en openliker praat. Dit gaan egter wel daaroor waarvandaan en vanaf watter platform jy hierdie uitsprake maak.

Tumi, jy sê jy het kinders wat nog in dié land moet grootword. Ek het ook kinders. Hulle moet ook nog in hierdie land grootword. My kinders is die elfde geslag in Suid-Afrika. Ons sien onsself as van Afrika-grond. My taal en identiteit het in Afrika ontwikkel. Ons het nie as Afrikaners in Suid-Afrika aangeland nie; ons het dit hier geword. Ons het nêrens om heen te gaan nie en ons wil nêrens heen gaan nie.

Ons gaan net hier bou en bly, maar ons gaan nie stilbly nie.

In die afgelope week het die Instituut van Rasseaangeleenthede ʼn verslag uitgebring wat wys dat die absolute oorweldigende meerderheid Suid-Afrikaners voel hulle het mekaar nodig. Ek is een van daardie mense. Dalk moet ons die debat in Suid-Afrika skuif na wedersydse erkenning en respek sodat ons kinders vry en veilig op hulle fietsies kan ry. Daardie debat begin by jou en my.

Groete

Dirk Hermann

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Jorrie Jordaan ·

Dankie Dirk vir jou belangrike stukkie inligting met hierdie sage. Hopelik lees en begryp sy dit!!

At ·

Vanoggend gesit en dink oor die storie. Jy het dit baie mooi raak gevat. Haar opinie is haar eie, en maar sy het geen reg gehad om ‘n publieke platform te gebruik nie. Sal interessant wees om te sien of Jacaranda haar gaan aanspreek. Sien ook mens hou op luister… Nee hou op adverteer by hulle as hulle nie aandag geen aan die saak nie, maar dan voel hulle aan hulle sakke en miskien luister bestuur van Jacaranda dan

Anton ·

Mooi gese, dit is maar altyd die “uneducated” wat nie veel weet wat die meeste geraas maak.

Hendrik ·

Soos daar eenkantige polities korrekte vryheid van spraak in S.A is het ek darem gelukkig ook ‘n vryheid van luister na wie ek wil.

B-man ·

Dankie, Dirk. Ons verdien ook om hier te wees. Ek wonder of die swart bevolking weet waar hulle voorouers (11 generasies terug) vandaan gekom het?

CG ·

Dankie Dirk! Ek voel nou beter dat wat ek voel, nou op skrif is.

Ilse van vuuren ·

Die ergste van alles is dat op hierdie stadium NIEMAND in Suid-Afrika veilig op hul fietsies kan ry nie. Deur haar opinie op ‘n openbare platform te lug en dalk daarmee gaan wegkom, maak daardie droom nog meer onbereikbaar.

Anke ·

Baie dankie Dirk….my emosies borrel in my….jy het presies gesê hoe ek voel….hoop regtig sy word sommer afgedank….al wat sy doen is om rasse nou teen mekaar op te steek….

Gerhardus Petrus Padda ·

Mooi geskryf Dirk.

500 jaar na Luther se leerstellinge teen die Katolieke Kerk deur vasgespyker het, het ons al weer n Kerk (staat) wat ons probeer onderdruk deur ons te laat glo ons moet boetes betaal om “gered” te word.

En die enigste wat ryk word uit die hele petalje is die Zuptas (Medicis)

Linda ·

Mooi gestel Dirk.

Jacaranda het klaar in ‘n verklaring gesê dat Tumi geregtig is op haar opinie en dit was reg om die media te gebruik om haar opinie te lig…..as sy wit was was sy lankal weg by Jacaranda. Hulle beskerm haar nou. Soos Dirk sê witmense moet nou so versigtig wees oor wat hul kwyt raak net omdat hul wit is. Sy maak dit net moeiliker vir die hele Suid Afrika met haar “pro-swart” uitsprake.

Dafer ·

Uiteindelik iemand wat die woord kan vat en dit raak vat. Sa ….

Andre ·

Ek glo nie sy kan of wil verstaan wat hier gese is nie,sy is soos n perd met oog klappa aan en sal net voort stoom want tien mense het mos in geskakel en haar ondersteun,nog n ding sy praat van sy het n gesprek gevoer,sy het haar sê gesê oor die radio en n gesprek kom van twee kante af

Victor Correia ·

Dankie Tumi vir jou skitterende en gratis bemarking van Pretoria FM.

John ·

Etniese uitwanning van die Afrikaners/witmense le op die horison en dit word vanaf die troonkamer aangemoedig. Interessant dat die idee van vergoeding vir wit eiendom laat vaar is omdat die regering sulke sake in die hof sal verloor. Steel word beplan op grond van die uitspraak: Afrika is die land van swart mense alleen. Bloot omdat dit een stuk aarde is en sekere mense dominerend optree, maak dit nie ‘n waarheid nie. Europa is een stuk aarde en verskillende volke het aanspraak op hul domein. Die Afrikaner moet skynbaar skrikgemaak word sodat hy maklik oor sal gee wanneer druk toeneem. Plaasmoorde is hierdie tipe van knyptang-optrede. Miskien moet die Grondwethof vooraf oor die regte van grondeienaars beslis voor elke boer vir homself moet veg. Aanhoudende uitlatings vanaf podiums is genoeg rede om die waarheid uit te klaar.

Geskok Afriforum ·

Eks nogal geskok oor die kommentaar wat Afriforum se Kallie gister op Rian se program gedoen het. Hy het amper hand om die blaas met Tumi gesels. Die onderhoud was glad nie wat ons afrikaners verwag het nie. Ons het verwag dat Kallie vir Tumi sal vasvat en laat verstaan dat sy almal ‘n apologie skuld, maar in plaas daarvan het hy maatjies met haar gemaak en haar genooi om koffie te kom drink. Dit het amper geklink of hy verskoning gevra het dat ons afrikaners ongelukkig met haar is!!?? Nee Kallie en afriforum julle het uit die bus geval!! en as dit die susters organisasie van Solidariteit is dan is die afrikaner ook nie welkom met sy maandelikse bydraes nie!!!!!

Eish ·

Nou wat moes hy doen, haar slegsê en n saak maak teen haar?
Die mense sê die Christelike waardesisteem is hul onderbou, verwag dan dat hy ooreenkomstig die riglyne gaan optree optree.

Dafer ·

Wag maar Geskok, hier kom ‘n surprise agter die sagte handjies!

Ankia ·

Briljant geskryf en die waarheid so mooi saamgevat. Ek stem 100 % . Ons is hier om te bou en bly…

Katrein ·

Dankie Dirk vir die pragtige en raakvat skrywe. Dit is hartseer dat Tumi tog toegelaat word om persoonlike uitlatings wat baie mense omkrap en seermaak, te uiter. Sy moes summier van due lug verwyder word totdat ‘n volledige ondersoek afgehandel is…. Ons moet tog almal leer om nie meer in die verlede te leef nie, maar eerder saam vorentoe beweeg. Dit is juis ons generasie wat wou saamwerk en veranderings aanbring om apartheid te be-eindig. Ons het gesien dit is nie reg hoe mense van ander velkleur behandel word nie. Maar all goeie bedoelings draai nou teen ons. Nou is dit ons generasie wat deurlopend afgekraak, afgedank en afgemaai word. Dit is ons generasie en ons kinders wat moedeloos word omdat “wit” ‘n straf is. Tumi het gesê dat daar teen swart mense se brein gediskrimineer is oor hul velkleur. Dit is presies wat vandag gebeur. Daar word teen my gediskrimineer omdat ek wit is, maak nie saak hoeveel kennis/ondervinding/kwalifikasies ek het nie. Wie is dan nou die boelie? Kwaad word met kwaad vergeld. Ons beweeg net verder agteruit….

Marisa ·

Dankie. Om hierdie meningstuk te lees was soos ‘n koel windjie oor ‘n koorsige voorkop.

humor ·

Hoe arm is die mens wat maar net n naprater is en in wrokkigheid valse persepsies kweek en met stiksienigheid heel lewe lank daarop teer.

wdp ·

hoor hoor
Sodra iemand ‘n selfbeeld probleempie het probeer hulle ander mense afkraak

Voos Geboelie ·

My seun is ‘n hardwerkende, talentvolle Varsity Cup gekontrakteerde rugbyspeler, 23 jaar oud. Hy vertrek soggens 04:15 rugby/Univ toe en keer saans 20:00 terug waarna hy nog moet studeer.
Februarie hierdie jaar is hy ingeroep, hulle mag hom nie in die Varcity Cup speel nie hulle is “verplig” om ‘n kwota-speler te kies – al is hy die beste speler is. Elke wedstryd word verloor. My seun moet gaan speel. Elke wedstryd wat hy speel wen hulle. Breek sy groottoon en is uit. Elke wedstryd hierna word verloor.
Liga breek aan en weer presies dieselfde storie.
Hulle word Augustus ingelig dat R25m bedrog by Universiteit gepleeg is – geen kontrakte. Na 2 weke word hy meegedeel: “Ons gaan 23 kontrakte kan toeken.”
Verlede week word hy ingeroep: “Jammer ons mag jou nie n kontrak gee nie want jy is wit. Ons word verplig om ‘n kwota-speler in jou plek in te neem. Jammer”.
Dit beteken hy kan nie vlg jaar graad vang nie want jy moet 2 jaar n ingskrewe student by n Universiteit wees om daar te mag graad kry. Hy het n inkomste nodig en gaan elders n heenkome moet vind.
Hy werk sy gat af, lojaal, nooit n oefening gemis nie, oefen 7 dae van die week. En sy rugby-loopbaan word geruineer omdat hy wit is. Nie omdat hy nie sy deel gedoen het nie. Nie omdat hy die minder goeie speler is nie. “Jy is wit!”
Dit is boelie!! Jy, Tumi, word nie geboelie nie!!

Anoniem ·

Ek voel vir jou. Hou moed. Daar is ‘n Ingilse spreekwoord wat lui: “You can’t keep a good man down.”

Eish ·

Ja née, dis waar die tyre die teer slaat pappie! 23 jaar van ononderbroke regstelling en steeds is die einde in sig niet.

Vatti-Pad ·

Dink ek ken jou seun. Ek sou nie so ordintlik soos hy gewees het nie. Hy is ‘n fantastiese ou, hy werk flippen hard! Sterk soos ‘n bees! Hy moet land-uit, hy kan dit groot maak! Lojaliteit aan SA gaan hom net benadeel.

Eish ·

Laat ek meer diplomaties probeer. Baie beleefde skrywe, wat net uit die pen kom nadat jy baie stadig tot tien getel het. Die ervaring op grondvlak is vir my eerder n tipe verdra mekaar as n aanvaar mekaar. Dis is die naaste beskrywing wat ek kan gee vir die navoringsresultate van dr. Cronje. Die voorvalle wat kort-kort so oorkook in die rassepot is dit nie tiperend van n sluimerende seekoei waarvan net die oortjies uitsteek nie? Ek is net bevrees mens skep moed uit die navorsing, om weer teleurgesteld platgeloop te word deur die werklikheid. Kyk net hoe stampvol is die hofsale wanneer minderheidsgroepe die grense oorskry, kyk die dodelike geweld en saakbeskadiging tydens protesoptrede, kyk hoe is kultuurskatte tydens protesaksies deur studente vernietig en gevandaliseer, kyk die misdaadvlakke, en boerehaat, kyk die uitsprake van leiersfigure en prominente persone soos soos die omroepster. Voorbeelde is legio. Waar is die stille meerderheid wat beweer dat ons mekaar nodig het?

TDW ·

@Eish
Baie goeie kommentaar.
Ek stem ook saam met Gerhardus Petrus Padda, ons moet nou betaal om “gered” te word.

Daan Venter ·

Tuli se problem is doodeenvoudig : sy is nie gemaklik in haar EIE vel nie. My hart bloei vir haar want sy wil nie wees wat ons Skepper haar gemaak het nie – sy is vir haarself onaanvaarbaar!

Inka ·

Hoeveel wit Afrikaanse mense is nou nog kwaad vir die Engelse oor die konsentrasiekampe? Die emosie gaan nie sommer weg nie, al is dit ‘n paar geslagte terug. Tumi het probeer verduidelik hoekom swartmense nog ontsteld raak oor apartheid. Sy het die fiets en die boelie gebruik as analogie. Meeste witmense voel dit is hulle keuse of hulle wil meng met ander rasse of nie, dit beteken nie hulle haat ander rasse nie. Maar nou word Tumi gekruisig as sy dieselfde sê.

Ria Maritz ·

Laat ons verskil om te verskil … TROTS BLANK, TROTS AFRIKAANS EN TROTS OP MY HERKOMS.

Wouter ·

Die radio is nie die plek om haar haatspraak te be-oefen nie

WK ·

Dankie Inka, dis presies ook die konteks wat ek in die radiogesprek by Tumi gehoor het. Pleks van iets leer en verstaan oor hoe baie gewone swart mense voel (reg of verkeerd) spring Solidariteit en die hele gevolg op die rassewa en blaas die vuur aan. Hoe ironies.

TDW ·

@Inka
Ek kan nie meer met jou verskil nie, ja, as ons dink aan wat die Engelse aan ons mense gedoen het is ons baie ontsteld, maar jy sien nie dat ons vandag nog skreeu dat die Engelse moet betaal vir wat hulle regering destyds gedoen het nie. Of dat ons elke Engelsman as ‘n moordenaar uitkryt nie. In teendeel, selfs daardie tyd het die Boere die Engelse gevangenisse nie met soveel haat hanteer nie, want die Boere het geweet dat die Engelse soldate maar net opdragte van bo uitgevoer het. Die verbranding van huis en vee en die vermoor van duisende vrouens en kinders kan in elk geval nie vergelyk word met apartheid nie. Daar was nie soveel sterftes agv die apartheid (wit teen swart) nie, maar meer sterftes van Inkata teen ANC(swart teen swart). Was apartheid verkeerd, ja natuurlik, maar moet ons witmense vandag nogsteeds betaal vir wat die regering besluit het daardie tyd? Moet ons steeds betaal vir die indoktrinasie wat die regering deur middel van propaganda vir ons voorouers oorreed het? Nee, ons hoef nie. Ons weet van beter.

zumatjie ·

Nee, jy mis die punt. Sy gebruik n openbare platform (Radio) om haar frustrasie oor haar eie wanpersepsie te lug. Nie oor haar persoonlike verhouding met mense nie. Het jy dalk al agter gekom dat dit meestal anderkleuriges is wat die rasse kaart speel?

Dirk Breytenbach ·

Suid Afrika benodig dringend ‘n nuwe sosiale kontrak om nuwe energie en insiatiewe te onsluit ter bereiking van ‘n kragtige, nuwe burgerlike samelewing, onderlinge verhoudinge en groeiende ekonomie met gelyke geleenthede vir almal.

Die huidige stand van rasseverhoudinge wat aansienlik agteruitgegaan het sedert 1994, veroorsaak dat die Suid Afrikaanse gemeenskappe ‘n gevoel van wantroue, agressie, stemloosheid, hopeloosheid oor die toekoms het.

Ons kan nie van die regering en sy instellings wag om die sosiale kontrak reg te stel nie en voorgestelde oplossings moet met die grondwet gesinchroniseer wees, onderhandel word op gemeenskapsvlak en wie dan eienaarskap daarvoor moet aanvaar. Daarna moet dit uitgerol word na alle vlakke van die samelewing.

Voormalige minister van finansies Pravin Gordhan is van opinie dat die grondwet ‘n Sosiale Kontrak tussen die regering en die landsburgers is wat die land na ‘n beter toekoms moet lei. Die oplsoosing le by die hele SA.

Josua Keys ·

Tumi, om by te voeg by die skrywe, ek het twee jaar van my lewe teen my wil vir die regering diesplig gedoen waaroor ek vandag glad nie spyt is nie asook 10 Jaar se kampe gedoen en weet jy wat ??? Die grootste gedeelte daarvan het ons swartmense beskerm, julle gebiede in die dag en aande gepatrolleer sodat Pa’s, Ma,s, vroue en kinders veillig in die aande by die huis kon kom van die werk af en kinders in die strate kon sokker speel soms saam ons of teen ons sal dit nooit vergeet nie sonder om bang te weesen nie te bekommer dat hulle verkrag, vermoor, onvoer, beroof en so kan ek aangaan sal word nie, soms saam ons op ons weermag voertuie gery, dit is deur ons toedoen dat jy vandag ‘n werk het het maar dit wil julle nie hoor of verstaan nie, noem ons dit word ons gebombardeer en gekenmark as rassiste en gehaad want ons het jul(swart mense) se belange verwoes, dit is wat geproppageer was en steeds word. Ons was bereid om die verlede opsy te skuif agv versoening maar wat het na 1995 gebeur ??? jy het ‘n werk by Jacaranda gekry en steeds kla jy maar 55% van jou mense sit sonder werk en steeds words ons(Witmense) geblameer. Ek dink iemand moet die geskrywe van Dr Hermann aan Tumi stuur dalk sal sy iets by Dr Hermann leer, dalk nie, want hy is mos WIT met ‘n “gesteelde fiets”

Willem ·

Dankie Dirk! Goed gesê.
As Tumi haar geskiedenis ken, sal sy besef dat die fiets nie kon ry nie. Die ander seun het die fiets by hom gekoop en herstel. Nadat die fiets herstel was wou die ander seun, by wie die fiets gekoop was, terugvat teen geen vergoeding. Nou dat hy moet betaal, wil hy dit eerder vernietig…
As Tumi wil redeneer kan sy, maar moet nie die waarheid verdraai nie…

Awie Opperman ·

Willem, baie dankie vir die waarheid. Ek is vir vryheid van spraak, maar teen die verspreiding van leuens vir propaganda doeleindes. As jy wit met swart vervang in haar stelling en as sy wit was, dan was die hele wêreld weer aan die brand. Sy sou afgedank word, aangekla word van haatspraak, beboet word deur die gelykheidshof, doodsdreigemente ontvang het en een of ander swart staatsleier se voete moes was, net om vertel te word dat niks wat sy ooit sê of doen kan vergoed vir haar “afgryslike” dade nie. Gelukkig is sy swart en haar werkgewer verdedig haar standpunt en probeer ons oortuig dat ons te sensitief is of dat ons onnosel is en dat dit belangrik is dat ons die gesprekke moet hê. Die skaal weeg nie reg nie en dit is om van naar te raak.

Suzette ·

@Willem:-, Jy praat so die waarheid, dankie Dirk dit was goed gesê. Redeneer maar bly asb by die waarheid.

Johnny ·

Wel ek lag oor doe hele ding maar alles is waar en niemand kan dit verander nie. Maar as ons kon moet ons dalk dat Jan Van Ribeeck verby die kaap seil na n ander onder ontwikelde land sodat hulle daar iets van gaan maak en dan kom ons almal in 2052 trug 400 jaar later en kyk of hierdie land enigsins verder gekom het as wat hy was soos wat hy was in 1652. Van Ribeeck is ons voorvader ons kan nie gestraf word vir wat hy of hulle gedoen het nie. Maar as mense wil boelie dan ja dis so aan soos 7de laan. Ons wil nie baklei nie maar as ons moet sal ons. En dinge raak vuurig in die land. Wonder waar is al die buite staanders wat ons veroordeel het daai tyd. Waar is hulle nou. Hoekom oordeel hulle nie nou alles wat hier aan gaan nou nie. Se maar net. Ekt ook n reg en ek sal op hom staan met unie prokereur adfokaat of niks. Ek is PRO BOER. Maar was nie net die boere in die land nie. Hier was engelse, duitser die fraanse ens ens. Is nie net boere wat jul iets aan gedoen het nie. Gaan kyk waaruit bestaan die ou suid afrikaanse vlag en julle sal sien hy bestaan uit n paar vlae. Van daai mense het geen kennis van die land se geskiedenis nie. Punt stop.

Katerine ·

Nou weet ek vir seker dat my oordeel reg was toe ek al jare terug ophou luister het na Jacaranda…het daai dolk in my blanke Afrikanerrug toe al gevoel.

JJ ·

Daar word heeltemal teveel aandag en tyd bestee aan mense wat eintlik geen betekenisvolle bydrae tot die samelewing maak nie. Net soos Gareth Cliff dinks sy seker ook maar mense stel belang in wat sy te se het. Sit jou radio af of skakel oor na ‘n ander stasie. Jakaranda kan dan maar al hul inhoud toespits op hule gekose gehoor. In my motor sing ons almal, “Sit dit af, sit dit af!!!!!” Genoeg stres by die werk, wil nie ook nog na lee blikkies luister nie.

rassie ·

Dirk ek stem saam met jou.

Veral met jou laaste paragraaf wat daarop dui dat iets prakties aan die situasie gedoen moet word en dat ‘n oplossing gevind moet word deur middel van wedersydse respek en aanvaarding.

Afgesien van jou goeie voorneme en die resultate van die opname deur die Instituut van Rasseaangeleenthede, mag jy egter moontlik teleurgesteld wees met die mate waarin jou ras- en kultuurgenote van ‘n rasse- en kulturele meerderwaardigheidsgevoel ontslae kan raak ten einde by wedersydse respek en aanvaarding op ‘n gelykheidsbasis uit te kom.

Wanneer jy dan iets prakties gaan doen om die debat na wedersydse erkenning en respek te verskuif sal jy moontlik daarmee moet rekening hou dat talle moontlik jou inisiatief mondelings gaan ondersteun maar nie noodwendig in die praktyk nie.

Ek hoop jou inisatief slaag. Dit is miskien nou of nooit.

Sputnik ·

Dankie Tumi vir jou skitterende en gratis bemarking van Pretoria FM. Ek het in die verlede relatief min na Pretoria FM geluister, maar was vanoggend BAIE beïndruk met die baie professionele wyse waarop ‘n telefoniese navraag aan hulle oor hul onderhoude met Kmdt Wynand du Toit hanteer is. Selfs die onderhoude is baie professioneel gedoen.

Louis Strydom ·

Ons.. ons blanke Suid Afrikaners het die oorgang na ń nuwe SA aanvaar en daarmee voortgeloop.
Na hoeveel jaar word rassisme nou om elke draai voorgegee as verskoning.
Kry ń lewe julle, bou voort aan ons wonderlike toekoms saam as ń verenigde volk en nasie in ons SA.

Sandra ·

Ek wens net meer mense wil saam staan en opstaan vir ONS regte, aangesien die ‘human rights’ van hierdie tyd net vir sommige ‘humans’ is (alhoewel sommige glad nie optree soos ‘humans’ nie.) Ek is ook gatvol vir ons boere wat so uitgemoor word, dis absoluut haat aanvalle (nie net gewone roof nie) asook vir die feit dat ons moet lewe asof ons almal skuldig is en vir alles moet sê ‘eish sorry’. Al was die vorige regering hoe verkeerd, die meeste mense het darem werk gehad en kon kos op die tafel sit. Al die ‘groot’ maatskappy wat nou probleme het en mense wil af betaal – waarom hou die ‘groot koppe’ nie op om hulle eie sakke te vul nie en kleiner bonusse te vat sodat hulle werkers ook vir hulle eie families kan voorsien? Wat vir my ook baie ooglopend is, is dat wanneer daar ‘n nood is, onder wit en swart, wie gee die meeste? Ek stem saam met Dirk, ons het nie gevra om wit te wees nie, God het ons so gemaak. Ons kan en moet aanhou bid vir ons land, maar ons moet ook begin saam staan en saam iets doen!

dom ·

Knap gedaan. As hulle nou afr kon lees sluit hulle jou op . So jy is veilig.

Anti-Tumi ·

Ek wil nèt dit sê: Met ONS GOD loop ons ‘n bende storm, met ONS GOD spring ons oor ‘n muur.

E ·

Ek is n blanke vrou van 44jr oud en reeds 10jr n enkelouer. Ek het NOG NOOIT enigiets in my lewe GEVAT nie. Nie met geweld nie en ook nie andersins nie. So ook nie my ouers nie. Dit wat ons het, het ons voor gewerk. HARD voor gewerk en DUUR voor betaal. Maar ons, as witmense, moet bly gee en gee en gee of dit word eenvoudig gevat. MET GEWELD GEVAT.

Se maar net ·

Daar was nie net een velkleur in hierdie land wat gely en nog ly nie. Swart, Kleurling, Indier, Wit en ander wat ek nie genoem het nie. Almal het op een of ander stadium by die agterdeur geklop. Nie een is beter as die ander nie . Maar wat soos skuurpapier aan my skuur is die boere wat mense wat op hulle plase werk, of deurloop sleg behandel, mans vrouens kinders, daarvoor is ek siek en sat. Wragtig gisteraand weer op Kyknet se nuus. Stop dit!!!! Kan ons nie net in hierdie land almal saam in rus en vrede leef nie!!!!!!!!!!!! Los mekaar uit, dien God en alles sal dan beter in hierdie land gaan. Respek, vrede en die belangrikste is die liefde asb.

Theresa ·

Jy sal meer en meer goed soos dit op nuus sien, want dit rui mense soos jy op. Die MINDERHEID mense behandel werkers ens. sleg. Gaan boer en sien. Jy is welkom op jou opinie – moet net versigtig wees om nie jouself te mislei nie.

Gatvol verby ·

Ek wil net die sakie opper. Sy lyk nie vir my swart nie, bietjie geel ini gesig. Sy ry ook die soustrein soos haar regeerders, en intussen kripeer 60% van hulle eie mense en moet bedel, slaap onder bome, of verteenwoordig sy nie hulle nie. Lekker om uitlatings te maak as jy die soustrein ry, maar die man wat bedel, is te dankbaar vir die R1 of R2 van die wit boer want glo my ek het al by verskeie ligte gesien dat nie een swart mens vir hulle iets gee nie. Dan wil hulle kom praat van rassiste. Hulle maak ons nou almal rassiste. Ek dink ek gee meer om vir die arm swart mens as wat syself doen. Komaan Tumi, jy kon se wat jy wil maar gewild sal jy nie maklik by my wees nie. Kyk ook met ander oe na jou grootmond op radio.

Mag jy vrede vind met die velkleur van jouself. Ons is deur God geskape en nie jy of enige van jou trawante kan dit verander nie. Wil jou net 1 vragie vra, eet jy swart boere se kos of is dit wit boere se kos. Los asb ons wit boere se kos want dan is daar meer vir die wit mens.

Andre ·

Dankie Dirk , waarlik goed gese.
Dit is n jammerte dat die Staat toelaat om rassisme toe te laat.Ek glo dit is om die land en wereld se oe weg te neem van die Korrupsie ,moorde en misdaad wat tans in die land gebeur. Ek glo dit is met opset dat Rassisme seevier dit word aangehits deur die regerende party. Hoekom is dit altyd hoofnuus sodra sommige Blankes iets verkeerd doen , maar moorde en aanranding ens teenoor plaas boere word slegs op Facebook ens geplaas deur gewone burgers , waar is die media dan, of is dit nou te alledaags enword nie meer beskou as nuus nie, Seker die wereld behoort te weet wat in Suid Afrika aangaan .

Theresa ·

Tumi, jou grootste luisteraarsgroep kyk jou nou na jou uitlatings, skeef aan. Voorheen was dit dalk nie eers so nie. Jy het gefaal.

Oom Kosie ·

Dankie Dirk, ons soek n RSA waar groei vir almal geleentheid skep. Tumi se ANC skep nie groei vir RSA nie, hulle skep net RSA se geld koffers leeg vir n paar leiers.
As Tumi alles wat verkeerd is en was, nl Apartheid en ANC-kwota-apartheid ens gebalanseerd aangevat het, sou sy geloofwaardig wees. Die waarheid is waarskynlik dat Apartheid se skade groot was, maar die ANC se verwoesting is terminale kanker.

botterblommetjie ·

Amen!! Ek al soooooo moeg vir rassekaart… So moeg vir hofsake, ondersoekspanne ens. wat logies skuldiges moet ondersoek en dan ondersoek word en die weer daardie ondersoek en so word almal betaal om mekaar te ondersoek en hope geld op hofsake wat elkgeval onlogies/logies is…. Ons hak vas… Hulle kan my wat noem, my selfbeeld in God is reg… Die woorde raak my nie… Ongelukkig gaan daar deesdae baie dade saam en diskrimenasie teenoor blankes… Ek haat niemand, want daar vrede in my hart en ek vergeef maklik, maar dit maak my nie blind nie… my hart bloei, want ons mense en land brand en bloei… Elke persoon het al letsels van iets wat die “haat” en “situasies van diefstal ens.” aan hulself of hul gesin, familie of vriende gedoen het…

Johny Strecker ·

Mense ek lees almal se kommentare dit help nie ons bevraagteken mekaar nie en val mekaar aan nie. Die Probleem is die Wit liberale en Swart liberale en Ander liberale in die media en liberales in die MRK .Die Liberales sal nooit toelaat dat daar VREDE is tussen Ordentlikke mense en Groepe is nie en Wittes en Swartes en Anderskleuriges nie .Hulle sal altyd onmin Saai en Tweespalt soos hulle dit ook in Amerika en Europa en die res van die Wereld doen .Daar is twee Paaie die Nie Liberales en die Liberales .Alle Mense Regoor Suid Afrika en die Wereld moet opstaan teen die Liberales .Maar Huidelig Lyk dit vir my hulle wen die Geveg .Nie almal is Liberale nie en Tree nie op soos Liberale nie

Elizabeth ·

Ek lees Mnr Herman se skrywe met ñ seer hart omdat alles wat hy skryf so baie waar is. Ek is ñ apartheids vrou, het groot geword gedurende apartheid en wonder vandag hoekom het ons nooit geweet van die vreeslike dade wat ons gepleeg het teenoor swartmense nie, sover ek weet het hulle wat nie onder apartheid wou leef tuislande ontvang, hulle het die beste skole, hospitale, klinieke, ens ontvang. Ek het vanaf 1981 in Johannesburg se middestad gewerk saam met swartmense, ons het 1 kombuis en 1 ruskamer gebruik. Die winkels en strate was vol swartmense, hulle was vry. Niemand het hulle vermoor of aangerand nie. Al verskl was na werk het hulle , hul bus geklim en ek myne en elkeen het na sy huis toe gegaan. Ek het selfs saam met ñ swartman gewerk wat ñ halsnoer brand oorleef het, hy het nie ore, neus, ooglede, lippe, vingers ens gehad nie, ons was ekstra jammer vir hom en het altyd probeer om hom by te staan, te help, sy werk ens gedoen. Vandag op 55 moet ek elke dag hoor dat die halsnoer moorde wit se skuld is en dat ons daarvoor moet betaal. Ek moet erge dinge hoor, dit het onuithoubaar geraak by my werk, ek het geloop omdat ek ñ apartheids kind was en elke dag moes hoor watse gruwel dade ons gedoen het. Ek probeer nog altyd uitvind wat die gruweldade was. Kan iemand my asb daarmee help?

Abel ·

Ai mense. Ek verstaan in n mate dat dit wat Tumi gesê het vir julle ongemaklik maak.
As ons almal maar net so ongemaklik gevoel het oor al die rassistiese nonsens wat vriende en familie om die braaivleisvure kwytraak…

Nee Abel ·

Dit word nie aan duisende mense uitgesaai as vriende om ‘n vuur staan nie, en jy kan gerus dan jou ongemaklikheid aan jou vriend deurgee. Jy KANNIE ‘n mikrofoon gebruik om jou persoonlike opinie op duisende luisteraars af te dwing nie. By alle werke loop witmense op eiers om nie hulle swart kollegas te ‘offend’ nie, sy het nie alleenreg om mense te ‘dwing’ in der ware om na haar (rassistiese) mening te luister nie. Sy was rassisties en sy moet boet daarvoor. End of story.

Abel ·

Almal wat dink hierdie was rassisme het nog nooit werklike rassisme ervaar nie. Dit is bloot kleinserig om alle stellings oor blankes wat jou ongemaklik maak as rassisme te uit te maak.

As omroepers nie hulle opinies mag lig nie moet jy dalk liewer die radio en die TV afsit en jou kop dieper in die sand steek.

maris:-) ·

Hierdie brief het diep aan my geraak, dankie dat jy n stem is vir die van ons wat nie met woorde kan toor nie

Eleanor ·

Dankie Dirk – jy het haar goed ge-antwoord. Ek se weer – ek is trots daarop om Wit te wees. Wittes het al toeka tyd bewys ons kan planne maak en probleme uitsorteer SONDER VERNIETIGING. Ek is deel van ‘n 14de generasie in SA. Ek kan geboue, huise, klinieke en baie ander dinge uitwys waar my voorvaders bygedra het, my grootouers het 3 families se plaas, huis en tuin werkers se kinders deur skool en Universiteit gesit – wonder wat kan sy wys.
Jacaranda was my stasie -en dit was Afrikaans – daar is honderde ander stasies in ander talle maar min in Afrikaans – hoekom moet ons na haar snert luister op ‘n Afrikaanse Stasie. Jammer Jacaranda julle verdien nie meer my ore nie.

Pieter Ellis ·

Ja, Dirk, ons Blanke Suid Afrikaners is soos jy tereg gestel het, reeds deel van die hoeveelste geslag. My voorouer, Patrick Henry Ellis, het in 1796 as 16 jarige uit Dublin Ierland, aan wal gestap in Kaapstad. Ek kan bewys lewer dat ek deel is van die Afrika Grond, want my lyn loop reeds 221 jaar lank hier in Suid Afrika. O

Of Tumi en haar tipe van my hou of nie, ek is hier om te bly.

Josua Keys ·

Eleandor dit is presies wat die ANC regering wil hê, hulle gebruik die rassekaart en regstellende aksies om hul mense oral in te wurm juis sodat die rassekaart verder versterk kan word om seker te maak dat regverdigheid en goeie opvoeding ens verkrag word, dit is waarom daar daagliks duisende swart kinders na eens meerderheid wit skole aangery word sodat die onderwysstelsel vernietig kan word terwyl hulle education aanhits as verskoning daarvoor. Ons het nog nooit enige swart skool oorgeneem en ons kinders daarna toe aangery om apartheid te bevorder nie, nie eens in die apartheids jare nie, my ouers het ‘n dak oor swartmense se koppe gegee agter in ons erf en sonder enige probleme saam gewoon asook werk en ook skool gegee maar ons is die rassiste. Hoeveel witmense, en kerkgroepe skenk daagliks geld aan swart en wit welsynorganiesasies ens maar jy sal nooit hoor dat swart mense dit doen nie, ons het vir hulle skole gebou, hospitale, munisipale swembaddens ens maar ons s’n was van ons weggeneem maar ons is rassisties. Ek het nog nooit n probleem gehad met n swart kind wat na n wit skool toe moet gaan omdat hy of sy naby aan daardie skool woon nie maar wel wanneer daar skole verwoes word deer leerders in hul eie gebiede en dan aangery word na wit skole wat nie naastenby in hul omgewing is nie, dit bevraagteken die werklike doel daar agter, is ons rassisties???? Beslis nie! Wie is dan die werklike rassiste.

Popeye ·

Tumi is met ‘n nie-Suid afrikaner getroud. Dit sigself beteken sy moet maar stilbly oor ons Suid Afrikaners wat bleek is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.