Etiek-kenner: ‘So lyk die leierskap-fiasko wat SA moet trotseer’

prof-piet-naude

Prof. Piet Naudé, direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool (USB). Foto: Youtube.com

Die grootste leierskap-fiasko in Suid-Afrika tans is nie pres. Jacob Zuma nie, maar die ANC se ses topleiers wat weier om van hom ontslae te raak.

Dít is die standpunt van prof. Piet Naudé, direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool (USB), wat Woensdag by die leiersekspo (Leaderex) in Sandton oor die onderwerp “Waarheen is al die leiers?” gepraat het.

Hy het gesê Zuma is steeds konstitusioneel die legitieme oftewel wettige president, maar die staatshoof het lankal sy “morele wettigheid” verloor.

Naudé, ’n professor in etiek, het die optrede van akademici asook religieuse en sakeleiers bevraagteken. Die krag van Suid-Afrika se leierskap lê nie in die politiek of enige bogemelde sfere nie – nie eens in universiteite “wat te besig is om vure te blus” nie. Dit lê in die burgerlike samelewing.

Oor die krisis in hoër onderwys, betreffende studente se eis dat studiefooie geskrap moet word, redeneer Naudé dat Zuma eintlik die kluts kwytgeraak het met sy aankondiging dat daar geen fooiverhoging behoort te wees nie. Die president het doodeenvoudig nie die konstitusionele mag om sulke besluite te neem nie.

“Dit stuur ’n verkeerde boodskap uit aan studente dat hulle maar net universiteitseiendom hoef te verbrand en te vernietig om hul sin te kry,” het Naudé gesê. “My kollegas by ons land se 26 hoëronderwys-instellings se versuim om hul man daadwerklik daarteen te staan, het my diep verontrus.”

Religieuse leiers faal ook die land. Nadat hulle ’n sleutelrol in die doodsnikke van apartheid gespeel het, het hulle in die tydperk ná 1994 besluit hulle moet voortaan net op religieuse aangeleenthede fokus aangesien daar mos nou ’n wettige regime aan bewind is.

“Dis ’n absolute skande dat sommige skole in ’n land soos Suid-Afrika, waar ons ’n hele aantal Wêreldbeker-stadions gebou het, steeds sonder elektrisiteit, lopende water en toilette moet klaarkom,” het Naudé gesê. “Dit is die soort kwessies waaroor religieuse leiers uitgesproke behoort te wees.”

Hy het gewaarsku dat die land nog die prys sal betaal vir maatskaplike onrus, tensy dienslewering die dringende aandag kry wat dit eis.

Met betrekking tot die sakesektor, het Naudé die feit betreur dat die sakebedryf ná 20 jaar in die nuwe bedeling steeds nie met een stem praat nie. Inteendeel, hulle stamp eerder heeltyd kop teen mekaar, georganiseer onder verskillende organisatoriese sambrele. “Politici hou daarvan, aangesien dit hulle vrye teuels gee om te kies na wie hulle wil luister,” het hy gewaarsku.

Aan die pluskant, dit kan dalk baie goed werk as die openbare sektor en die private sektor hul beleidsvernuf en finansiële spierkrag saamspan om in die suksesvolle inwerkingstelling van die Nasionale Ontwikkelingsplan te belê.

Naudé is ook vol lof en waardering vir inspirerende rolspelers se bydrae, bykomend tot die rol van leiers in die burgerlike samelewing, om van Suid-Afrika ’n wonderlike land te maak.

Dit sluit die Olimpiese kampioene soos Caster Semenya en Wayde van Niekerk in, het hy bygevoeg, ondanks sy bedenkinge oor die rol van sport om ’n land waarlik te verenig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hendrik ·

Sulke dinge gebeur maar as jy ‘n klomp etniese volke bymekaar gooi en ‘n nuwe kultuur afdwing met rasbehepte wetgewing van AA, kwotas, BEE ens en dit ‘n demokrasie noem.

Noxthefox ·

U kan dit so maklik net afmaak as “jy ‘n klomp etniese volke bymekaar gooi en ‘n nuwe kultuur afdwing”Ons almal in hierdie land behoort hier.Ons almal wat in hierdie land gebore is hoort hier.U kan nou maar dit hoe ook al afmaak maar moet dit nie laat klink asof ons iewers gevat is en net hier nee gesmyt is om mekaar te irriteer nie. Dil klink soos ‘n klomp GOED wat by mekaar gesmyt word.
Ons is almal lewende wesens maak nie saak van ons kluer en etnisiteit nie.
En nou wag ek die”BACKLASH”

BREEDT ·

Hendrik ja .Jy is 100% reg .Dan vat hulle jou regte ook weg.

Lance ·

Dis eintlik n groot gemors ….mense word groot met ouers wat geen basiese waardes het nie. Van die mense word selfs sonder ouers groot. So met al die gebrokenheid hoe kan mens leiers he waarna die volgende generasie na kan opkyk. En n land waar die wet meer regte gee aan n krimeneel as aan iemand wat n slagoffer is. Die sisteem versorg ook ek kyk beter agter mense wat geen belasting bydraes maak en net meer demand en demand …en is die proses brand breek moor en verkrag ….dis die mense wat meestal in SA eendag n staatspension kry…hoe kan dit reg wees !

BOLANDER ·

Noxthefox, ek stem saam met jou maar ek dink dit is nie wat die Prof bedoel nie. Ek lees dit as indien ons ordentlike leierskap gehad het, dan maak dit nie saak wie jy in een kamp plaas nie. Wel dit is hoe ek ook voel. Kleure kan almal saam mwwes maar om die korrekte leier te hê is absoluut van finominale belang. En ongelukkig het dit nie met ons gebeur nie. Die man wat homself president noem, het ‘n hele ander agenda as ons bevolking!! HY SORG NET VIR HOMSELF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

humor ·

Noxthefox om by mekaar gegooi te wees is seker nie die probleem nie, maar om deurmekaar geklits te word, gaan nie goed af nie. Daar is nog ander probleemvelde soos die swyende massa, die onvermoe om saam te staan, en dan is daar kerke wat hul nie met religieuse sake besig hou nie, maar wat van mening is dat die mensdom in enige politiekemodel pasgemaak kan word.

John ·

Die Semenya-fiasko is die landsgebeure in ‘n neutedop. Waarheid en verdigsels moet saamsmelt wanneer goud ons mandala verteenwoordig. Glo alles en keur alles goed of jy is ‘n rassis. Alle gelowe is gelyk. Steel kanselleer apartheid uit. Terrorisme kan soms geregverdig word. Alles is ons s’n alleen… die volsin van grypers. Verniet is ‘n volwaardige mensereg. Waar is logika en etiek in Afrika?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.