Mensgemaakte hongersnood

hongersnood-gedenkbeeld-informatique-flicker

‘n Standbeeld in Dublin, Ierland wat die groot hongersnood van 19de eeu herdenk. Foto: Informatique/Flicker.com

Twee streke is die afgelope maand in Suid-Soedan tot rampgebied verklaar en daar word gewaarsku dat Somalië, Nigerië en Jemen die gevaar loop om dieselfde roete te volg.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sal dit die derde keer in 25 jaar wees dat Somalië ʼn hongersnoodkrisis beleef. Die vorige keer was in 2011 toe 260 000 mense dood is. Bykans 20 miljoen mense kan binnekort weens hongersnood sterf.

Volgens die Verenigde Nasies is vier miljard dollar binne die volgende drie weke nodig, of selfs meer mense sal sterf. In Suid-Soedan sal minstens een miljoen mense binne die volgende week nie meer toegang tot kos hê nie. In Nigerië word bykans 400 000 kinders reeds deur wanvoeding geraak. Byna 80 000 van hulle sal nie die volgende paar maande oorleef nie.

Maar wat is die oorsaak van hierdie reusevoorkoms van hongersnood? Droogte is ongetwyfeld een van die redes, maar die grootste oorsaak is mensgemaak.

Eerstens is daar terreurgroepe soos Boko Haram wat nedersettings tot die grond toe afgebrand het en dus die boerdery-aktiwiteite belemmer het. Dié terreurgroepe veroorsaak ook ʼn groot aantal vlugtelinge wat in kampe beland en verdere druk plaas op die lande waar die vlugtelingkampe gehuisves word.

ʼn Tweede oorsaak is swak beplanning. Die afgelope ses jaar word daar gewaarsku dat die hongersnood wat in 2011 voorgekom het, herhaal sal word. VN-filiale probeer al 25 jaar lank om voorkomingsmaatreëls in te stel om te verhoed dat daar ʼn herhaling is van die vorige sterftes weens hongersnood.

Dan moet daar ook gevra word hoe hongersnood in ʼn land soos Nigerië kan voorkom. Die bekende verslaggewer Chido Onumah sê die feit dat daar wel hongersnood in Nigerië voorkom, is ʼn skande. Nigerië is ʼn land wat oor verskeie hulpbronne beskik en kan as ʼn ryk land beskryf word. Onumah wys egter daarop dat dit ook ʼn land is met ʼn hoë voorkoms van korrupsie en ʼn gebrekkige politieke wil om probleme soos hongersnood betyds aan te pak.

Die mees skandelike rede vir die voorkoms van hongersnood is die beperkte toegang wat hulpverleningsorganisasies tot geteisterde gebiede kan kry. Die hoof van die Verenigde Nasies se afdeling vir humanitêre dienste, Stephen O’ Brien, het onlangs ʼn besoek aan Suid-Soedan gebring. Tydens die besoek het hy daarop gewys dat hulle nie daarin slaag om belangrike hulpbronne by Suid-Soedan se mense te kry nie weens blatante aggressie teenoor hulpverleningswerkers en lomp burokratiese prosesse.

In die volgende tydperk gaan bykans 20 miljoen mense deur hongersnood geteister word en ʼn groot aantal mense gaan sterf. Dié sterftes kan egter nie aan natuurrampe soos droogtes toegeskryf word nie, maar moet vierkant voor die deur van onbevoegde regerings gelê word.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pendoring ·

Ek sê nie ons moet onslae raak van onnosel mense (regerings) nie. Miskien moet ons net ophou met die waarskuwings en hulp. Die probleem behoort homself gou genoeg uit te sorteer.

Anton ·

…net soos jy daar se…hou op om hulp te verleen…hoe wreed dit ook al mag wees en klink…solank hul kry solank sal hul elende aanhou…waarsku help nie want hul sien ons hou aan gee…al waarsku ons…

MissDemeanor ·

Onthou julle die “Potato famine” wat Ierland getref het in die 1840s? Dit was nie swak beplanning van mense se kant af se skuld nie. Goeie hel. Van ons eie voorouers het na Suid Afrika toe gekom as gevolg van daardie hongersnood. Mens moenie so wreed wees en ophou om ander te help in nood nie. Ons moet wel ander mense leer hoe hul hulself kan help…maar daar is nie veel wat mens kan doen teen droogtes wat jare lank duur nie.

John ·

Miskien le die grootste probleem naby die hoofslaapkamer waar die besluite geneem word oor hoeveel kinders bekostig kan word ook tov van die gebruik van geboortebeperkingsmiddels. Ongelukkig is dit juis die afhanklikheid van voedselhulp wat al meer as twee dekades soos manna uit die hemelruim reen wat dit veroorsaak. Sonde word gepleeg deur kinders uit te honger vir fotograwe. Die grond is leeggewei en bome opgebrand. Dit reen daar maar in sekere maande min, soos in die Kaap. Dit klink wreed, maar dit is ongelukkig mensgemaakte rampspoed. Hoekom glo Afrika die Weste moet vir hulle werk en aan die lewe hou. ‘n Siek spel?

Nico K ·

En die persone wat verantwoordelik is vir die verwoesting en daarmee gepaardgaande hongersnood word nie tot verantwoording gebring nie want die ANC regering weier om sulke mense in hegtenis te neem en aan die Wêreldhof oor te lewer.

balao ·

Dis darem ironies dat die kontinent wat die minste tot die samelewing bydra, die meeste eis, vra en bedel.

Het dit dalk met luigeit of onnoselheid te doen?

As die Weste so sleg is, en so kolonialisties en so dit en so dat, HOEKOM soek hulle altyd hulp, kos en geld by die Weste.

Los hulle, laat hulle self sien en kom klaar, miskien na n hele paar, soos in n Hele paar miljoen, tot stof terug gekeer het, sal hulle dan hul vinger uit die donkergat trek en self begin werk en produseer.

chrisp ·

Vra die DA hulle moet net al die westerse uitvindings verwyder(trekkers,landbouwetenskap ens) en alles gaan weer klop disselboom in die kontinent.
Vra eerder die vraag. Hoekom kan Afrika nie vir homself sorg nie en dit met al sy rykdom?
Die antwoord is eenvoudig maar so rassisties.

Rudolph van Wyk ·

Daar was in die afgelope 100 jaar nog nooit hongersnood in enige land met ‘n funksionerende demokrasie. So ons weet wat die oorsaak is.

Sarie ·

Die lande waar vandaan die koloniste gekom het, het nie hongersnood nie. Toe die koloniste in Afrika aan die bewind was, was daar ook nie hongersnood nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.