Drie dae… dis hoe lank ons nog moet wag vir die grootste sportgebeurtenis van 2011. Dit is die dag wanneer die All Blacks die openingswedstryd teen Tonga sal speel.
Dit is goed en wel om ʼn buurman te kies vir dié groot geleentheid, maar dat dít nou die nodige teenstand sal bied is beslis nie waar nie. Samoa sou beter teenstand bied. Nou-ja, hulle wil dalk 100% seker maak dat hulle die eerste wedstryd oortuigend wen!
Dit sal dalk die twyfelende gemoedere van die All Blacks ietwat gemoedsrus gee.
Dit was juis in die verlede die All Blacks se probleem dat hulle in die eerste fase maklike wedstryde gehad het. Telkens wanneer hulle teen die eerste werklike opposisie van ʼn erkende rugbykrag te staan kom, het hulle gevou. Dit sal interessant wees om te sien wat die jaar gaan gebeur. Nieu-Seeland het baie om te bewys.
Dis nou reeds ou nuus, maar die Bokke speel in groep D saam met Wallis, Samoa, Fidji en Namibië
Lande soos Kanada Japan, Roemenië, Georgië en Namibië behoort in ʼn B-liga Wêreldbeker te speel. Hulle het nie eers ʼn kans teen die top-drie Curriebeker-spanne nie – miskien teen die Bulls – maar beslis geen kans in die Wêreldbeker nie.
Wat die Curriebeker betref het die WP gelukkig oor die bomskok van ʼn eerste 15-minute Griekwa-Blitzkrieg gekom en redelik gemaklik die oorwinning behaal. Die res is volgens die stand van die Curriebeker afgehandel, met net die Bulls wat teleurstellend voortploeter en hopelik die valbyl van relegasie sal vryspring. Die uwe sal maar wag en kyk wat gebeur.
‘k Hoop nie die Springbokke neem ons minister van sport te letterlik op toe hy hulle onder dawerende gejuig afgesien het met: “moer hulle” nie. Om in die Wêreldbeker met ʼn rooikaart of twee teen die grotes te speel is nie aan te beveel nie.
Rugbygroete tot volgende keer
Bloubul
Goed gesê. Rugby gaan nie oor hoe hard jy iemand kan “moer” nie. As iemand dit wil sien, gaan kyk ‘n boksgeveg!
asd