Teen R5,63/minuut bied die Bokke eindelik waarde vir geld

Brian Habana (Foto: Facebook)

Brian Habana (Foto: Facebook)

In die voorlaaste wedstryd van die kampioenskapsreeks kom die Bokke met die tipe spel vorendag waarna al sy ondersteuners smag. Wat lagwekkend was, is die kommentaar van ons kaptein wat so ewe droog opmerk dat hulle nie die spelpatroon verander het nie, maar dit slegs beter uitgevoer het. Wel, Juan, ek glo daar is ‘n skare mense daarbuite wat met jou gaan verskil. Sulke stellings maak jou geloofwaardigheid in my oë baie minder.

Daar was avontuurlus in die benadering van die Bokke wat tot dusver ontbreek het. Vir die eerste keer het die Bokke volgens die situasie op die veld gespeel en nie die spelpatroon slaafs nagevolg nie. Dit het meegebring dat die skare waarde vir hulle geld gekry het. (Teen R5.63 per minuut per persoon is dit seker vir die gemiddelde gesin iewat onbekostigbaar.)

Hoe dit ook al sy, die 31- 8 oorwinning oor die Wallabies op Loftus het die ondersteuners weer moed vir die toekoms gegee. Toegegee, die opposisie is nie van dieselfde gehalte as wat hulle volgende Saterdag op die Soweto-stadion gaan teëkom nie. Kom ons oordeel of kritiseer eers dan.Daar was beslis baie meer ruimte vir die buite-agterspelers geskep, wat iemand soos Brian Habanna soos ‘n handskoen gepas het. Ek moet sê: hy het werk gaan soek en sy drie drieë getuig daarvan. Dit was lekker om ‘n drie te sien wat 5 meter van jou eie doellyn af begin en 100 meter verder afgerond word. Welgedaan, Bokke.

Die  nuwe spelers het onseker begin, maar het gaandeweg met al groter selfvertroue begin speel. Hier is ‘n klomp talentvolle spelers wat met die volgende wêreldbeker gereed gaan wees om die beker weer te verower.

Wat die Curriebeker betref, is die Bulle nou van ander afhanklik om die uitspeelrondtes te haal. Dit is beslis nie die ideale toestand nie. Met slegs twee wedstryde oor voor die uitspeelrondtes is die Bulle beslis die slegste daaraan toe. Sal dit nie ironies wees as hulle teen die Kings moet uitspeel vir toelating tot volgende jaar se Curriebeker reeks en die wedstryd verloor nie. Dit sal beteken dat die Bulle in die Super 15 reeks speel en (hopelik nooit) in die eerste liga van die Curriebeker.

Dit sal beslis ‘n eerste in die land se rugb

ygeskiedenis wees.Die sopnat omstandighede op Kingspark was in skrille kontas met die wedstryd op die Vrystaatstadion waar die Cheetahs met ‘n verbete eindpoging die wedstryd met 35 – 20 gewen het om die vierde plek op die punteleer in te neem.

Die Leeus het weereeens gewys dat hulle beslis die beste span in die Curriebeker reeks is, deur die WP oortuigend met 22 – 9 op Nuweland te klop. Hulle het beslis reeds ‘n tuishalfeindstryd beklink.

Die Proteas het Vrydag liederlik vasgeval in die 20/20 wedstryd teenPakistanen toe Sondag die resep herhaal teen Australië. Dit beteken dat hulle ook nou van ander afhanklik is om na die volgende rondte deur te dring, mits hulle ten minste hulle laaste wedstryd oortuigend wen.

Sportgroete uit die Bosveld en sterkte aan die Bokke vir Saterdag teen die All Blacks.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Polla Roux

Polla Roux is 'n oud-Westransvaler. Na draaie in die onderwys en korporatiewe wêreld, het hy vroeër vanjaar as Organisasiesekretaris by Solidariteit uitgetree.Hy het net meer as honderd Carlton-wedstryde agter die blad (1966-1976), het vir Noord-Transvaal gespeel en is na Springbokproewe genooi, maar sy loopbaan is deur 'n skouerbesering kortgeknip. Hy het gereeld as eerste liga-skeidsregter opgetree en was vanaf 1995 tot 1998 senior bestuurder by die Noordtransvaalse Rugby-unie en betrokke by die skep van die Bloubul-lied saam met Steve Hofmeyr.

Deel van: Meningsvormers, Sport

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.