Vlieg teen die muur by ʼn Luthuli-huis-noodvergadering

Pres. Jacob Zuma Bron: Esa Alexander, The Sunday World

Pres. Jacob Zuma Bron: Esa Alexander, The Sunday World

ʼn Noodvergadering word by Lethuli-huis gehou. Daar is net een punt op die agenda: Die komende munisipale verkiesing-tsunami wat op die ANC afgestorm kom. Gwede Mantashe sit moedeloos, kop in die hande. Hy lei die vergadering in. “Vrot munisipale dienslewering lei tot ’n rekordgetal diensproteste. Die werkloosheidsyfer het weer gestyg. Dit kan ons in die verkiesing byt,” sê hy.

“Wel, ons kan niks daaraan doen nie,” sê Baleka Mbete en sit moedeloos terug in haar stoel.

“Buitelandse vertroue is op sy laagste, ekonomiese groei en sakevertroue is swak; dalk moet ons dit in die verkiesingsveldtog aanpak,” sê Zweli Mkhize.

Cyril sit opgewonde vorentoe. “Dis ’n slim plan. Kom ons herstel vertroue en voer ’n ‘zero-geduld’-veldtog teen korrupsie.”

Zuma kyk vir Cyril kwaai aan en hy sit dadelik terug. Jessie vou sommer ook haar arms en is vies oor Cyril se lawwe opmerkings. Niemand waag dit om iets oor Nr. 1 en Nkandla se invloed op die verkiesing te sê nie.

Die topvyf se oë dwaal na Nr. 1. Almal se liggaamstaal is duidelik: Die tyd om leierskap te toon het nou aangebreek. ’n Paar oomblikke lank heers daar stilte en toe volg die pêrels van wysheid: “Hie-hie, ons omskep die verkiesing in ’n rassesensus!”

“Briljant!” roep die ander vyf uit. Ras, die perfekte weerligafleier.

Nr. 1 laat nie op hom wag nie. Kort ná die vergadering praat hy by ’n ANC-saamtrek: “Swart  mense moet saamstaan en vir ander swart mense stem anders sal hierdie land voor jul oë van julle weggeneem word, of hulle sal ander gebruik om dit van julle weg te neem. Om te stem is belangrik. Ons as swart mense het ’n probleem. Sommige mense gaan stem nie eens nie. Elke bejaarde wit mens gaan stem omdat hulle weet hoe belangrik dit is. Laat ek julle as julle herder lei.” Die skare juig; swart solidariteit is nodig. Stop die wit gevaar! Nr. 1 glimlag, hie-hie.

Die topses hou ’n opvolgvergadering. Nr. 1 is vol selfvertoue. “Sien julle, ras werk.”

Mantashe is ongemaklik. Nr. 1 stoot sy bril met sy middelvinger reg en kyk met ’n frons na die sekretaris-generaal. Mantashe gaan voort: “Ons het ’n probleem. Die Instituut vir Rasseaangeleenthede het ’n verslag uitgebring wat sê 54% van Suid-Afrikaners glo rasseverhoudinge in Suid-Afrika het sedert 1994 verbeter. Swart Suid-Afrikaners voel die meeste so, 59,7%. Slegs 20% van Suid-Afrikaners en net 14,6% swart Suid-Afrikaners voel dit het versleg. Omtrent 85% van Suid-Afrikaners voel dat verskillende rasse mekaar vir vooruitgang nodig het. Altesaam 80% van wit en swart mense sê hulle beleef geen rassisme nie. Slegs 4,7% van alle Suid-Afrikaners voel rassisme is die grootste probleem in Suid-Afrika. Swart Suid-Afrikaners voel die minste so, slegs 3,4%.

President, dis ’n ramp. Daar is 87% van Suid-Afrikaners en 84,7% van swart Suid-Afrikaners wat voel aanstellings moet volgens meriete geskied. Net 5,8% Suid-Afrikaners voel swart mense moet aangestel word totdat die land se demografie in die werkplek weerspieël word. Net mooi 70% van Suid-Afrikaners en 71,2% van swart Suid-Afrikaners voel aanstellings moet volgens meriete geskied met die nodige opleiding vir die voorheen benadeelde groep, en 77% van Suid-Afrikaners glo sportspanne moet volgens meriete gekies word. O ja, 90% glo dat hulle nie omgee van watter ras ’n onderwyser is nie, solank hulle net goeie onderwys ontvang. Uhm, uhm, president, dit gaan beter met rasseverhoudinge as wat ons gedink het. Die verslag se opskrif is ‘Reasons for hope’,” sluit Gwede af en sit ongemaklik terug.

“Blerrie liberals, hoop vir wie, beslis nie vir ons rasveldtog nie,” sê Jessie.

Gwede skuif ongemaklik rond. Hy steek sy hand versigtig op. “President, dis nie net die liberals wat dit bevind het nie. Volgens die World Value Survey het verdraagsaamheid tussen rasse van 1994 af gegroei tot 91,9%. Altesaam 89% van wittes vertrou ander rasse. Dit is heelwat meer as swart en bruin mense. Boonop het Suid-Afrikaners baie gemeen waarvan sosiale konserwatiewe waardes die grootste faktor is. Dink net, 85% van swart Suid-Afrikaners en 80% van wit Suid-Afrikaners het die meeste vertroue in die kerk as instelling. Uhm, uhm, daar is dus eintlik ’n sterk grondslag om die brûe tussen rasgroepe te versterk, maar hoe kry ons dan swart solidariteit by die stembus?”

Die groot vyf draai hul koppe weer na Nr. 1. Die stilte hang in die lug. Die idee van die rassesensus is onder druk. Nr. 1 dink lank en toe reageer hy: “Hie-hie, Facebook en Twitter!” Die ander kyk fronsend na hom.

Nr. 1 verduidelik verder. “Daar is altyd mense met woedeuitbarstings op Facebook. Ons soek hulle en blaas dit aan. Ons spreek ons daarteen uit en ons sê ons gaan ’n wet daarteen maak. Die media is mal daaroor, dis sensasioneel en dit het baie meer trefkrag as opnames oor die ware stand van sake. Ons laat mense so glo dat die meeste wittes rassiste is. Ons strategie van ’n rassesensus is weer op koers!” roep Nr. 1 triomfantelik uit. Die groot vyf kyk met bewondering na die leier.

Penny Sparrow word die simbool van wittes. Dit word gevolg deur Gareth Cliff en Chris Hart. Regter Mabel Jansen is die huidige een. ’n Rasverdeelde Suid-Afrika word ’n werklikheid. Rassisme moet strafbaar gemaak word. In 2016 sit Suid-Afrika met die krisis van ras. “Hie-hie,” lag Nr. 1. “Ons het die werklikheid op grondvlak uitpresteer.”

Die topses kom weer bymekaar. Die rasveldtog is terug op koers. Nr. 1 sit sy stoel vol. Daar is tog ’n ongemaklikheid. Mantashe skuifel weer op sy stoel rond. Nr. 1 kyk hom hierdie keer kwaai aan. Die ander wonder ook oor die papiere wat Mantashe nou by hom het.

“Wat het jy daar?” vra Baleka.

“Facebook en Twitter,” sê Gwede en sy stem klink dunner en skriller. “Swart mense is erger in sosiale media as wit mense.” Dis doodstil en almal kyk ongemaklik rond asof hulle net wil seker maak dat niemand dit gehoor het nie.

In ’n fluisterstem begin Gwede die Facebook-inskrywings lees:

Kwena Derick Didier Mokopane: Let us kill all the boers.

Ota Nyabinghi: White people are barbarians, they f*****g their children animal and same sex too. They don’t wash their bodies thats why are smelling like a wet dog.  I HATE THEM, THEY MUST BE EXPELLED IN SA!!!

Mncedisi Mbokaz: F**k democracy we shud hav killed these f****n pigs in 94 bt mandela said we must live 2geda, 4getin dat dey were killing our grandparents 4 ova 400 years, mina i dnt blame dem i blame dis f****d ANC.

Derick Bergtop: It is your turn now, you f*****g murderer of people, animals, and the whole f*****g environment! The earth will breath happy again when you are gone, you are the worst kind of cancer this world ever produced! F*****g boer!

Michael M Joseph: Get all white pigs out of f*****g Africa, a bunch of shameless racist bastards.

Pumeza Nakane Sidinile: ANDREA_you’re just a stupid BOER who deserves to be shot and killed. 

Dan Notsi: I’m going out to hunt any white b***h I want to f**k her infect I’m going rape them.

Hlakes Felani: How i so hate the a**h**e who is now appologizing for shit i think he/she should be killed a painful death and a slow one with a knife in the throat I hate you b***h.

“Hier is nog baie,” sê Mantashe.

Almal is stil. Die Facebook- en Twitter-plan gaan nie werk nie. ’n Raswet teen rassiste gaan nie werk nie. Die rasplan is onder druk. Weer draai die vyf na Nr. 1. ’n Vrees pak hulle beet. Sê nou net hulle moet die verkiesing op grond van meriete gaan veg?

Nr. 1 se middelvinger stoot weer sy bril reg. “Hie-hie,” sê hy. Almal sit op die punt van hulle stoele. ’n Antwoord? “Hie-hie, net wit mense is rassiste!”

“Briljant!” fluister die vyf onder mekaar. Die man verdien ’n hoenderhok, vuurpoel en alles wat daarmee saamgaan.

Hulle luister verder: “Alle probleme het begin toe Van Riebeeck hier aangekom het. Paul Kruger is ’n slagter van swart mense, ’n bloeddorstige koloniale heerser wat verantwoordelik was vir die dood en marteling van honderde swart mense. ’n Stelsel is ontwikkel en ons noem dit witheid. Apartheid is oorwin, maar die stelsel het bly staan. Swart Suid-Afrikaners reageer bloot op ’n onderdrukkende stelsel. Hulle rasse-uitroep is ’n noodkreet van benadeeldes en onderdruktes. Hulle kan dus nie rassiste wees nie. Wittes is per definisie meerderwaardig en sien neer op swartes. Hulle maak hulle kinders so groot en dra dit oor aan hulle kinders. ’n Raswet moet teen hulle aanvaar word, want vanself kan hulle nie rehabiliteer nie. Swart Suid-Afrikaners hoef nie bekommerd te wees oor die raswet nie, want hulle is nie rassiste nie.”

Cyril wil-wil sy hand opsteek. Hy het ’n ongemaklikheid in sy liggaamstaal. Die ander spring egter op en klap hande. Die oomblik oorweldig vir Cyril en hy staan ook op.

“Voorwaarts, rassestryders!” roep Nr. 1 uit en hulle marsjeer uit die lokaal. Alleen op die tafel lê die verslag van die Instituut vir Rasseaangeleenthede oor hoe gewone Suid-Afrikaners voel – “Reasons for Hope”.

Opmerkings:

  • Die aanhaling van Zuma by die ANC-saamtrek is sy presiese woorde by ’n ANC-saamtrek by Melmoth, 2 April 2016.
  • Die persentasies is ware syfers soos in die verslae van die World Value Survey en Instituut vir Rasseaangeleenthede.
  • Die Facebook-aanhalings is werklike aanhalings wat deur die FW de Klerk-stigting by die Menseregtekommissie ingedien is.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hendrik ·

Dan moet ons Afrikaners nie meer deelneem aan die demokrasie nie totdat daar vir minderhede ‘n oplossing is. Dus moet ons nie aan die volgende munisipale tussenverkiesing deelneem nie. Dit sal die wereld se aandag op ons vestig!

Christo ·

Indien die blankes nie stem nie is daar geen aanduiding dat almal nie saamstem met anc nie so elke blanke stem is nodig om te wys dat zuma nie alle inwoners vanS.A verteenwoordig nie . indien die blankes saam n stem uitbring vir n blanke christelike party kry ons verteenwoordiging in die munisipaliteite en kan ons opinie gehoor word

Hendrik ·

Christo ons is eenvoudig net te min om enige effek te he. Ek kan ongelukkig nie my merk maak vir ‘n demokrasie wat diskrimineer teen my. Daar is wetgewing soos BEE, regstellende aksie, kwotas ens wat my uit die mark hou en ek wil werk! Onthou dat daar drastiese stappe nodig is op die situasie te normalieer. Die ANC kan nie meer roem op ‘n demokrasie as die Afrikaners nie meer deelneem daarin nie. Burgerregtegroep soos Afriforum was ons enigste sukses om ongeregtighede te beveg die laaste 5 jaar. Nie enige opposisieparty het enigeiets verander nie.

Piet Snot ·

Ek’s seker die DA is baie ontsteld oor bg facebook inskrywings.
Wat meen jy, hulle het niks daaroor gesê nie?

Karma ·

Ek is blank en trots op my herkoms en “bleek” vel. Ek het niks om oor skaam te wees nie – ek was te jonk om deel te hê of selfs net te weet van apartheid en rassisme; toe Mandela die dag uit die tronk kom, het ek gewonder: “Wie’s dié man?” Maar, soos dit tans in SA gaan, is ek (ek dink: tereg) bang en skaam vir die meerderheidsgetal (hier veralgemeen ek) se optrede; veral die jonger geslag – hulle is veel jonger as ek en kon dus nog minder deel van die ‘struggle’ gewees het. Ek het in ’94 laas gestem en ek gaan ook (weer) nie die jaar of in 2019 stem nie, want geen party in hierdie land het nog ooit iets vir my gedoen of beteken nie en geen party sal ook ooit nie.

Frans ·

Agge nee man, dis denke soos die wat maak dat die mense elke keer wen. As jy nie stem nie stem jy indirek vir die ANC. Jy maak hulle sterker en die ander swakker. Wens julle wil dit besef. Daai mense word met busse aangery om te gaan stem want die meerderheid wen. En wat doen die blanke man, sit op sy gat by die huis want daar is niemand wat dink en doen soos jy nie. Het julle al vir een oomblik gedink daaraan dat die mense wat so in hulle hordes vir die ANC stem ook nie met alles saam stem nie. MAAAAAAR hulle besef die inpak van die meerderheid. Tenminste verstaan hulle die saam staan ding. My vriend as die land sy gat sien gaan jy saam, AS die oorlog uitbreek in die land gaan hulle nie vir jou vrou en kinders vra of jy gestem het of nie, hulle gaan alles wat wit is verkrag en vermoor. Nee boetman doen die regte ding en gaan stem. Stem ACDP stem DA stem VP+ maar gaan stem. Daar gaan in die lewe nie n party wees wat ons alles mee saam stem nie, maar een ding is verseker as ons nie stem nie kan ons nie deel in die land nie.

Johan ·

Dit sou smaaks wees as dit nie so naby aan die been gesny het nie.

Theuns ·

Goed Geskryf Dirk. Ek kan sien jy het goeie instink en ek dink nie jy is ver van die kol af nie. Jy weet Zuma se tweede naam is onuitspreekbaar maar met die skrywe van jou kry ek skielik insig! Die tweede naam word uitgespreek as “Kekelekeke Hie-hie!”

Jan maak n Plan ·

Laat een wit mens nou sulke uitlatings maak soos wat die agt belhammels nou hierbo gemaakhet dan was dit vanaand op die TV nuus en more voorblad nuus vir die volgende week, maar dit is maar reg wat hierdie ouens doen en hulle kom niks oor nie. Ek wonder wat gaan hulle te se he as ons as wit mense ons alies aan die reg afvee en voor die voet begin om op te tree soos hulle dit tans doen.

Theresa ·

Chaos. Dit sal die begin van die einde wees hier. Want as dit begin, sal dit moet aanhou, totdat dit ophou. Kom ons bid in opregtheid dat dit nooit nodig raak nie.

Theresa ·

Lekker gelees. Maar die waarheid daarin bly ontstellend, want daar is geen oplossing as hierdie mense nie gaan luister na gesonde raad nie. Ai, en die alewige gegiggel van die president. Regtig platvloers. Geen statigheid soos dit verwag word nie.

Andre Beukes ·

Is nie ‘n voorstander van geweld of derglike soort optredes nie maar lyk elke dag meer en meer of dit onafwendbaar is. Die massa’s gebrein spoelde mense wat hoofsaaklik deur hebsug gedryf word, word net daagliks meer. Die blanke word voorgehou as die sondebok wat die “arme” verdruktes ontneem van die vrug van die land. Dis mos totale snert, maar hoe verander n mens die verwronge beeld. 20 Jaar van swart meerderheids regering is die gemiddelde verdrukte meer verarm deur sy eie mense se onversadigbare drang na geld en mag. Korrupsie en ooglopende boewery gekoppel aan die instelling van wette om die siek kringloop net verder te ondersteun en uit te brei. Stem of nie stem maak nie meer saak nie. Mense raak sku as hierdie tipe goed ter sprake kom maar die kanker is duidelik daar jy gaan dit nie weg wens of weg g@£ kruip nie. As daar nie n bonatuurlike ingryping kom nie gaan daar binne kort groot probleme vir die blanke kom. Vergeet die klein politiek vat hande en berei voor,trek laer. Vra GOD om te help maar ons as volk sal moet opstaan vir onsself niemand maar niemand gaan dit namens ons doen nie.

John ·

… en niks oor die EFF gese nie, mnr Hermann? Nee wat, ek dink die grondkwessie gaan voor die verkiesing prioriteit wees … die in-ding. Die uitdeel van geld aan die groot groep wie se se voorsate (dalk eintlik uit Mosambiek) glo in die Kruger-wildtuin gewoon het, is die begin van die belastinggeld-misbruik deur die ANC vir publisiteitsdoeleindes. Op die’ manier kan twee vliee met een klap bygekom word: die sg wit rassiste en die rojale kersvader-Malema wat die ANC se donderweer steel. Die wit-rassiste-stories gebruik die ANC om die DA intern en die ander opposisie-partye disfunksioneel te maak. Cyril, is beslis nie so weerstandig teen sy party se plan van aksie nie, anders was hy al lankal geroskam. Die aanmoediging van ‘n massiewe aanwas om ‘n demokratiese oorname af te dwing en die droom van ‘n 2/3 meerderheid om alleen te heers, is die ‘tricky part’ vir die ANC. ‘Grondbesit is ware mag’ is pres Zuma se volsin vir die verkiesing, en daarmee gaan hy miljoene stemme, veral ook die werklose swart armes s’n bekom… en die wit Boere ‘n pynlike ‘lessie’ a la Unkontho, leer.

Niekie ·

Julle weet natuurlik dat die regering deur God aangestel is. Self al is dit ‘n slegte Regering.. Soms laat die Here toé dat ons swaar kry en verdruk word, sodat ons binnekant toe kan kyk en sien hoe ver ons weggedwaal het.. Verwag ons om skotvry daarvan af te kom? Kan mense eerlik deesdae sê dat die TV nié voorrang bo die Bybel kry nie? Lees en bid ons nog saam met ons kinders? Bitter min doen dit. en dit is waarom die hele SA in chaos is. Ek weet van baie swart en wit mense wat in hierdie tyd vir ons land bid. Sê in alle eerlikheid: Doen JY dit?

Andrea van Vuren ·

Niekie jy maak een groot fout. Satan het die regering saamgestel. Dis nou ‘n kwessie van tyd. God oorwin altyd maar Satan speel tans ‘n diaboliese spel met sy hooflakei in beheer!

Marius ·

Dankie Niekie. In hierdie wêreld sal julle vervolging beleef, maar hou goeie moed. Hy het dit alles oorwin.

Minnie Pretorius ·

Ek is die “Boer” wat hulle haat, maar ook baie respek voor het.
Ek het al my offers gebring.
Ek vrees niemand, behalwe God alleen, en Hy is almagtig.
Vergeet saamstaan, ‘n leier en al die ander cliche’s.
Elkeen moet by homself begin en sy eie huis: die Here wag op elke gesin!!

Seun van God ·

Dit verbaas my dat die sogenaamde Christelike land, 80% as ek reg is, so in twyfel is. Die God wat ons dien, se tereg dat geen outoriteit daar gestel is sonder Hom nie. Dis verbasend hoe selektief Christen mense kan wees oor wat hulle glo. Sy woord leer my ook, “no weapon formed against you, shall prosper”. Wat die groot partye reggekry het, is dat ons die leuen glo……my stem gaan nie n verskil maak nie. My vraag aan julle, wat bely dat julle Christene is, is as volg…..soek jy werklik Sy wil in Suid Afrika of stem jy vir ‘n party omdat hulle die getalle het om ‘n opposisie te kan wees. God het niemand se hulp nodig om ‘n opposisie te vorm nie, al wat Hy vra is gehoorsaamheid aan Sy woord. Elke stem wat nie aan die ANC gaan nie, vorm deel van die opposisie. Laat ons as Christen volk vir een maal by onse Pa hoor wat Hy dink van die situasie in ons land. As Sy kinders gaan saamstaan en hoor wat Hy se, gaan ons ‘n oorweldigende meerderheid van stemme he……dus te se as ons soos ons voorvaders werklik bereid is om Sy stem te hoor. Ek glo dat alle kleure moeg is vir al die beloftes in hierdie land deur die regerende partye……..met hulle eie agendas. Dis tyd dat die Christene van Suid Afrika hande vat sodat Sy wil hier op aarde kan kom.

Sanet ·

Dis mense soos “Seun van God, Minnie Pretorius, Marius, Nikkie” en ander wat ons moed gee en wat ons terugbring na die werklikheid dat net God alleen ons Vader is, en dat ons almal ons sondes voor Hom moet belei, saambid, saamstaan en saamwerk om vir ons mense en ons diere in ons land, wat so swaarkry by te staan, liefde uit te deel en om so te vergeet van die politiek. MAAR ons MOET stem vir die opposisie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.