Zille se twiet: ’n Hoogs emosionele debat

zille provinsiale rede

Helen Zille tydens haar provinsiale rede op 19 Februarie 2016 (Foto: Western Cape Government, Facebook)

In Suid-Afrika word opnuut hoogs emosioneel gedebatteer oor die erfenis van kolonialisme na aanleiding van die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se twiet dat die erfenis van kolonialisme nie nét negatief is nie: kyk net na “die onafhanklike regbank, vervoerinfrastruktuur, water, ensovoorts”.

Hieroor is sy wyd uit die aarde geloop. ʼn EFF-woordvoerder het haar daarvan beskuldig dat sy “geen waardering vir ons demokratiese bedeling” het nie. Die ANC het die DA gevra om Zille as Wes-Kaapse premier af te dank.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het ʼn klag daaroor by sy party se regskommissie ingedien en dis taamlik seker dat Zille minstens oor die vingers getik gaan word.

Hoe moet ʼn mens dié kwessie sien? Soos byna alles in die lewe, is dit soos ʼn diamant met talle verskillende vlakke – dit hang alles af vanuit welke perspektief ʼn mens na die saak kyk.

Streng feitelik en objektief het Zille natuurlik ʼn sterk saak. Sy het ná ʼn besoek aan Singapoer ʼn reeks twiets die wêreld ingestuur, waarin sy haar indrukke oor dié eilandstaatjie deel. Die gewraakte kolonialisme-twiet was die laaste van ses.

Hoe weet Julius Malema – dalk die felste teenstander van “kolonialisme” in die Suid-Afrikaanse politiek – of hy betyds vir ʼn vergadering is? Hy kyk op daardie peperduur Breitling-horlosie van hom.

Op pad na die vergadering ry hy ongetwyfeld in ʼn motorkar oor teerpaaie en in verkeer wat met verkeersligte gereël word.

Die vergadering vind waarskynlik plaas in ʼn gebou wat met bakstene, staal of beton gebou is, met elektriese ligte, lopende water, dalk met een of meer hysbakke. Heel waarskynlik word normale vergaderingsprosedure gebruik sodat almal regverdig behandel word en praat deelnemers in mikrofone sodat almal oor ʼn luidsprekerstelsel kan hoor. Alles deel van die koloniale erfenis.

Meer nog: Die hele regeringstelsel waarvan Malema deel vorm, is Westers en koloniaal. Die blote feit dat mense die reg gehad het om vir sy party te stem en hom namens hulle na die parlement te stuur, waar hy en sy party die regering van die dag tot verantwoording kan roep, is Westers en koloniaal.

So ook die regbank, met inbegrip van die konstitusionele hof, wat moet sorg dat nóg ʼn Westers-koloniale produk, die Grondwet, nie oortree word nie.

Die nugtere, objektiewe feit is dat jy letterlik geen tree in Suid-Afrika kan gee sonder om die erfenis van die kolonialisme te ervaar nie. Jy kan net sowel ontken dat die son soggens in die ooste opkom en saans in die weste sak.

Dis die een kant van die saak. Daar is ook ʼn ander.

Aangesien ek self nooit daardie ander kant ervaar het nie, moet ek dalk iemand aanhaal met wie dit wel gebeur het. Dis Yonela Diko, ʼn ANC-woordvoerder, wat op die webwerf Daily Maverick geskryf het:

Helen Zille does not know us. She does not know the humiliation of our fathers, the desecration of our mothers. That is why she can remember well paved streets, running water, and a judiciary of her peers. But we remember our mothers having no choice but to pick up after spoilt white teenagers (like her) as domestic workers, leaving their own children motherless, we remember forced removals from our own homes, a union of 1910 we were not a part of, a land act of 1913 that dispossessed us, and we remember that jury that crippled many of our people.

Let wel, ek sê nie Diko is reg of billik nie. Maar dis soos hy – en baie ander swartes – dit ervaar en dit máák dit deel van die werklikheid.

Diko is natuurlik moedswillig en objektief verkeerd as hy sê Zille ken nie die swartes nie. Ek was in die vroeë jare tagtig saam met Zille ʼn parlementêre verslaggewer – sy vir die ter siele gegane Rand Daily Mail; ek vir die Naspers-koerante – en ek weet hoe fel sy vir swart regte opgekom het.

Dus: Zille se twiet was, streng genome, objektief waar. Maar beteken dit dat dit ook polities verstandig was?

Waarskynlik nie, veral omdat dit ʼn ongedwonge fout was. Soos ʼn doelwagter in ʼn sokkerwedstryd, wat per ongeluk self die bal in sy eie net skop en só ʼn punt afstaan. Dit was onnodig en polities onwys.

Voordat Afrikaners hulle oor dié saak uitlaat, moet hulle bietjie in hul eie historiese bewussyn gaan grawe. Ons het immers ook kwaai onder die Britse kolonialisme en imperialisme deurgeloop.

Zille se twiet is emosioneel-subjektief op dieselfde vlak as om vir ʼn Afrikaner te sê die Engelse konsentrasiekampe in die Anglo-Boereoorlog was nie nét sleg nie, want daar was tog ook skole vir die kinders! Asof dit die swaarkry en onreg tot niet maak.

Dit gaan in die politiek dikwels oor veel meer as bloot die koue, objektiewe waarheid. Dit gaan daaroor hoe dit in mense se harte beleef word.

Ja, die Westerse kolonialisme hét baie voordele gebring. En, ja, sommige Afrikanerkinders hét in die kampskole geleer lees en skryf, al was dit dan net in Engels.

Maar die wyse waarop die Engelse op ons neergesien en ons taal en kultuur met die opperste minagting van die tafel gevee het, het soos ʼn brandwond op die Afrikanerpsige gaan sit. Die radikalisering van die Afrikanernasionalisme in die jare dertig en veertig, waarvan die ontwikkeling van die apartheidsideologie deel was, was ʼn regstreekse gevolg daarvan.

Net so het die kolonialisme en apartheid die swartes se psige ook diep verwond.

Hermann Giliomee, ʼn historikus wat op geen enkele manier in pejoratiewe sin as “links” of as ʼn “liberalis” beskryf kan word nie, het op ʼn keer geskryf al het die ANC/SAKP in die apartheidstyd nie vir die liberale veelpartydemokrasie geveg nie, het hy dit wel vir swart waardigheid gedoen, vir die erkenning dat swartes ook volwaardige mense is, op wie se kulturele besit nie neergesien moet word nie.

Daarom dié rede dat Zille se twiet onverstandig was. En daarmee het sy haar party onder die swartes beskadig.

Tog: As jy ʼn halfvol bad wil laat vol loop, moet jy nie terselfdertyd die prop uittrek nie. Wanneer die DA oor optrede teen Zille besin, sal hy versigtig moet wees om nie sy bestaande wit ondersteuners te vervreem nie.

Dit gaan moeilik wees. Maar dis waarvoor Maimane en sy luitenante betaal word.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

DH ·

Was dit ‘n anderskleurige wat dit gese het, het die Stof lankal gaan le.

Landsverraaier ·

So what? Jy moet jou plek ken in die nuwe Suid-Afrika.

Anita ·

Baie dankie vir die goeie artikel. Helen Zille moes besef het dat dit nie nou die tyd is om hierdie soort van uitlatings veral op Twitter te maak nie. Ek wonder nou self vir wie ek van nou af sal kan stem. Mmusi Maimane werk heeltemal tereg baie hard aan die werwing van swartstemme, ek wonder egter al geruime tyd of witstemme enigsins vir hom saakmaak. Hy is nie gretig om plaasmoorde of rassistiese aanvalle op witmense te veroordeel nie. Ek hou my hart vas en was nog nooit so moedeloos oor ons land soos nou nie. Die rassisme van alle kante af is besig om hand uit te ruk en tog is daar ook so baie goeie stories wat in hierdie land vertel kan word.

johann brits ·

Dis verskriklik jammer dat Helen gekruisig word vir ‘n eerlike opinie.Wat van die vryheid van spraak? Moet ons as wittes nou elke woord weeg wanneer ons ‘n mening opper.?Ja,ek verstaan van konsiderasie ens. maar ai,is daar geen gesonde verstand nie.Ek het verwag dat iemand soos Mathew Phosa of Mbeki se broer darem kalmte sal bring,maar dis doodstil uit die ‘intellektuele’ geledere.

Boerseun ·

As jy haar opinie of kommentaar steun is jy ook n rassis en ver-regs soos die van ons wat nie DA aanhangers is nie. Tyd om wakker te word uit julle eutopia.

Leendert ·

Wat ek nie verstaan nie, is dat die swart mense tekere gaan asof kolonialisme se negatiewe die meeste vir hulle geraak het, so asof die blankes nie daaronder gely het nie. Was dit nie net en juis andersom nie? En punt twee, wat van die onreg wat vandag teen wit mense gepleeg word, openlik en blatant? Is dit nie net so erg en eintlik baie erger en onverskoonbaar, juis waar ons met die geskiedenis van kolonialisme en apartheid in die land sit nie.

As ons dan nou klaar met als is, het die Engelse, Duitsers, Franse ens, hul kolonialisme gehad, wat ander rasse onderdruk het, die Afrikaner het Apartheid gehad wat nie ingestel was om te onderdruk nie, maar Apartheid’aparte geleenthede, en wat noem ons nou dit wat die regering van 1994 af doen, die wit mense ontsê en onderdruk, om elke hoek en draai van sy menswees ontneem, dan het elkeen mos nou sy kans gehad om die ander geleênthede te ontsê, is dit reg in vandag se moderne wêreld? Moet hulle ook hul ‘innings’ hê?

My tweesent bydrae ·

Heel moontlik beplan . Zille kry n waarskuwing . Die DA kry stemme by . Almal wen in die proses .

Henry ·

Innie kol tweesent.
Die hele affêre is soortgelyk aan ‘n WWE “stoei” klug.

Duidelik dat Zille moeg vir die eise is wat party politiek stel en graag wil uittree of eenkant toe staan. Hierdie is die sagte opsie. In plaas van om te bedank met al die verduidelikinge van wat en waarom, kan daar sommer meer swart politieke myle vir die DA verkry word met hierdie triek. :-)

En wat van die arme wit DA’s???

Sorrie ou pel, maar daar is minstens 50 miljoen swart inwoners teenoor die skaars 4 miljoen wittes.

Kry julle prioriteite dus in orde en maak vrede daarmee dat ‘n politieke party slegs die oorhand kan kry, indien ‘n meerderheid swartes se stemme na jou kant kan kom.

Eezy peezy my tjaaina!!!

My tweesent bydrae ·

Heel moontlik beplan . Zille kry n waarskuwing . Die DA kry stemme . Almal wen in die proses .

Opinie ·

Baie goeie artikel, ek moet dit gee aan die skrywer. Wat nie net die objektiewe uitwys nie, maar vanuit n neutrale oogpunt probeer bly sonder om enige kant te kies terselfde tyd.

In terme van die inhoud/rede van die artikel, voel ek dat die hele Suid Afrika oor sensitief is op die ras kwessies en dat dit gebruik word om eie motiewe te bevorder. Verder as dit, is die regstelsel nie veronderstel om enigsins gevoelens in ag te neem nie en moet dit n “Blinde” en objektiewe standpunt inneem en slegs op die feite fokus, alhoewel ek al die afgelope tydjie waargeneem het dit glad nie die geval is nie. Dalk is dit oordat No.1 die regters aanstel? Wie weet? Maar as jy dit vat soos wat Zille dit gesê het, dan is daarso waarheid in wat sy sê, ongeag wat die teenkant ook al mag dink.

Hulle maak van alles n persoonlike saak, maar doen die Afrikaner dieselfde, word hy oor die vingers getik. As ek iets soos dit of FB moet plaas, sal ek gekruisig word deur die MRK, maar soortgelyke goed word daagliks genoem deur ander kleuriges, tog word dit nie nagevolg nie? Ek weet nie. Al wat ons kan doen is bid en hoop vir ons land!

Reenboog ·

Sy moes nie om verskoning gevra het nie, en tweedens moes daar nie so ‘n ophef daarvan gemaak word nie. Daar is geen ophef van MMUSI se manne wat met klippe om ‘n hoek wag om die twee wit mans wat die swart ou in ‘n kis gedwing het DOOD te gooi nie. Snaaks jy mag witmense met die DOOD dreig en niks oorkom nie, dit is nie rassisme nie, maar kolonialisme is rassisme. Kamstig is die PYN nou so groot. Hoe oud is Mmusi, het hy werklik die gevolge van rassisme op enige manier gevoel of ry hy in smart karre en dra smart pakke klere en blink skoene? Rassisme, Kolonialisme en Apartheid, daai drie woorde moet verbied word. Dit raak nou belaglik en dit word net teen die blankes gebruik. Geen versoening sal ooit bewerkstellig word terwyl die WITTES alleen skuld kry vir alles nie!

Johann ·

En Maimane bly weg uit die parlement as daar oor boere en die moorde op plase gedebateer word. Hy Ondersteun BEE en wat nog als, so hy keer ook die onderdrukking van die wit mense goed, al wat die DA deesdae van die ANC onderskei, is korrupsie.

Lampies ·

Leopold noem datdie politiek oor veel meer gaan as bloot die koue, objektiewe waarheid. Is dit nie tragies nie! Dit beteken dat beginsels nie meer ter sprake is nie, maar bloot politieke gedienstigheid. Zille het in ‘n nie-liberale helder oomblik bloot (gedeeltelik) die waarheid gepraat. Dat Maimane en sy trawante (almal van hulle se voorgeslagte was self koloniste hier te lande!) haar nou verguis, vertel ‘n storie van liberale onverdraagsaamheid op sy beste. Integriteitslose politiek op sy beste …

Johann ·

O’ja Leopold, en dan kan mens vra, wat van die swart mense se eie geskiedenis, die stamme wat so gemoor het, onder mekaar, toe hulle van die noorde af gekom het, tot daar by die visrivier en daarna.

chrisp ·

F eite is feite en daar behoort nooit onverskoning daarvoor gevra te word nie.
Daar waar die kampe in die Anglo Boere oorlog goed was noem dit.
Noem egter die goed en sleg en weeg dit dan teen mekaar op. Doen nou dieselfde met Apartheid en kolonialime.Wat is nou jou slotsom?

Die tannie moet nou maar voel hoe dit voel vir ander wat sy en haar party ook so aangekla het oor soortgeyke feite. Liberaliste is tog so sensetief daarom is, hoe ek voel meer belangrik as feite. Kom ons ontken feite(lieg) eerder solank ons niemand seermaak nie en almal net goedvoel in lala land. Ek dink hulle moet ook “safe spaces” skep vir die sneeuflokkie mensies.

Wat se hulle nou weer van Karma.
Nee wat Zille kry vir jou.

katryn ·

en die prentjies wat ek in my kop sien, is die teen die mure van die Voortrekker Monument, waar babatjies se koppe stukkend gekap word op die grond. Dan kan ek mos nou ‘n bittere haat in my dra vir die onreg wat my voorouers aangedoen is… Het iemand al daarvoor om verskoning gevra?

Leendert ·

Ek sien nou ‘n persoon sê op ‘n ander webwerf, dat die persoon wat ons grondwetlik vrygemaak het van kolonialisme, was Dr HF Verwoerd toe ons in 1961 ‘n republiek geword het en ons selfs ook aan die Statebond ontrek het, wat opsigself ‘n definitiewe konnotasie het. En wie het in 1994 versoek om weer lid van die Statebond te word? Dieselfde ANC regering wat nou vir Helen Zille wil kruisig oor dieselfde aangeleentheid.

Gerhardus Petrus Padda ·

Baie mense gebruik vergelykings om aan te toon hoe erg dit is om Kolonialisme “goed” te praat, soos die een wat jy hierbo gebruik van die Konsentrasie kampe. Ander sal Nazi’s gebruik as voorbeeld ens.

Die groot probleem hiermee is dat dit baie swak vergelykings is. Die grootste probleem is dat Kolonialisme oor n baie lang periode plaaasgevind het. In SA was dit 200 jaar , en as jy Afrikaners as Kolonialiste beskou, soos die meeste swartmense doen, dan dit is 350 (500?) jaar plus. Die Nazis het homself uitgewoed in 12 of 13 jaar en het geen blywende impak op die samelewing gehad nie (behalwe as waarskuwing?). Die skole in konsentrasie kampe het nie blywende invloed gehad nie.

Kolonialisme het ons hele samelewing beinvloed. Ons taal, ons howe, ons sport, ons skole, ons radio, ons TV, ons reg ens. Jy kan met die beste wil in die wereld jou nie losmaak van die invloed wat Engeland op SA gehad het nie.

Ek sal eerder dan die Koloniale geskiedenis wil beskryf as n ouer/kind verhouding, waar die Kolonie die kind is (ek dink dit is produktief), en waar daar n skeuring plaasgevind het. Die tiener wil graag die ouer blameer vir alles wat verkeerd loop en wyer om enige verantwoordelikheid te neem.

Is dit belangrik dat die kind glo dat hy beter af gewees het sonder sy ouers? Dit klink of jy so dink. Ek dink nie so nie.

Gerhardus Petrus Padda ·

Om dan nou verder aan te sluit by my kommentaar hier bo, is dit hoe ek Helen se twiets verstaan het. Jy kan jou ouers aanhou blameer vir wat verkeerd is in jou lewe, of jy kan dit wat hulle wel vir jou gegee het vat en daarop jou eie identiteit en lewe bou. In baie opsigte is dit die grootste aanduiding van volwassenheid , dat jy verantwoordelikheid en aanspreeklikheid neem vir jou eie lewe en ophou blameer.

Die ander punt wat ek wil maak is dat jy en Max du Preez blykbaar nie besef dat Afrikaners as “Koloniste” beskou word deur die meerderheid swartes nie. Hulle tref geen onderskeid tussen Afrikaners en Engelse wat dit aanbetref nie.

Johnny ·

EN tog wil die MEERDERHEIDSGROEP net INGELS praat, die taal van die KOLONIALIS, so vreemd dat AFrikaners as kolonialiste gesien word en nie die ENGELSE wat die meeste skade gedoen het nie, maar NEE ENGELS moet ons praat, al kan hulle dit nie eers lees of skryf nie .. hehehe. Hulle tref natuurlik onderskeid tussen AFrikaners en Engelse, hulle wil ENGELS praat, en is glad nie so kwaad vir die ENGELSE soos vir die AFRIKANERS wat apartheid ingestel het nie .. kwaad is hulle kwaad, selfs 22 jaar na apartheid en 300 jaar na kolonialisme, plaas skep hulle werk en begin iets konstruktiefs doen, nou breek hulle steeds AF parra!

Riaan ·

Die polimiek hieroor is belaglik. Net so belaglik as wat dit sou wees as ek nou die Britte haat omdat my Oupa-grooitjie en omtrent sy hele gesin in ‘n konsentrasie-kamp oorlede is aan die begin van die vorige eeu. Eerder as om te verdrink in self-bejammering en gebeure van honderde jare gelede blameer vir my situasie, kan ek eienaarskap neem van my toekoms, soos die mense in Singapore, en ‘n beter toekoms vir my en my geliefdes skep. Dit is egter baie makliker om te haat as wat dit is om op te staan en ‘n nuwe werklikheid te bou.

Carla ·

Sover ek verstaan was slawerny deel van die Brits besette Kaap kolonie en af geskaf in 1834 reeds. My groot ouers in Vrystaat en Transvaal het nooit slawe indiens gehad op hul plase nie en het net so hard indien nie harder nie, gewerk as hul betaalde werkers. Hul werkers het behuising, kos, klere en betaling ontvang vir hul dienste op die plase. My groot ouers het kerk gehou op Sondae vir hul en hul met liefde en respek hanteer. Op Saterdae was die perdekarre gespan en werkers dorp toe geneem om vir hulself voorrade te koop. Nooit was hul geforseer om hul kinders agter te laat nie, Yonela Diko. My groot ouers het ook skole opgerig vir hul kinders op hul plase. En ek volg hul voorbeeld.

Tolbossie ·

Riaan, dan is die volgende vraag: in watter geskiedkundige boeke vind ons dit aangeteken van hoe die agterlike, verbitterde rebelle en boere by
die Engelse gesinne ingebreek het, hulle vroue verniel en verkrag het, kinders saam met die ouers vermoor het… hulle met strykysters en kookwater gemartel het, hulle oe uitgesteek en kele afgesny het, so woes en vol haat sodat die huise, vloere en mure vol bloed agter gelaat was. En hoe die verontregte Afrikaners dan alles wat geplunder was op perde, waens, of hoe ookal weggery het…. soete wraak! Want ons mog mos en baie redes waarom dit ge oorloof was.

Begripstoets Taalvark ·

Helen Zille het nie getweet dat die erfenis van kolonialisme net goed of net sleg was nie. Sy het getweet dat die erfenis van kolonialisme nie net negatief was nie. Baie van die klaers en kommentatore en kritici kan gerus terug skooltoe en begripstoetse gaan doen. Hulle interpreter ‘n geskrewe stuk net soos dit hulle pas. Terloops, wie presies was kolonialiste in Suid-Afrika? Bring die feite na die tafel.
Tweets leen hulself tot vele interpretasies. Trump moet ook nog leer dat jy nie ‘n land met tweets kan regeer nie.

Sarie ·

Ek stem saam en niemand sê iets van die Chinese kolonialisme wat vandag aan die orde van die dag is of die kommunistiese kolonialisme wat soos ‘n golf oor Afrika getrek het selfs die Afrika kolonialisme waar die Khoi-San uitgewis is. Snaaks gisteraand op Kyknet was dit Haffajee wat gesê het Helen behoort nie te bedank nie want robuuste debattering is belangrik maar Pieter Du Toit en Antonie van Niekerk het haar kop geeis.

Kabous ·

Ek is stomgeslaan oor twee dinge: 1.) Hoekom Zille dit getwiet het en 2.) Die ophef wat daaroor gemaak word .

My vrae:

Moet die waarheid dan NOOIT vertel word nie?

Moet die ongemaklike waarheid verswyg word?

As die Engelse die Boere se kinders in konsentrasiekampe leer skryf het MOET dit vertel word en nie verswyg word nie. Punt.

As die waarheid – ongemaklik of te not – jou nie aanstaan nie lê die fout by jou nie by die boodskapper nie.

Feite moet feite bly en erken word.

Swartmense mag nie toegelaat word om die waarheid dood te laat swyg nie, dis gelyk aan Middeleeuse boekeverbranding.

Objektiwiteit vereis dat twee smake bespreek eord nie net soet nie maar ook suur – of andersom.

Maar vertel dit vir rasbehepte neo-rassiste…

Verwonderd ·

Kan ‘n mens dink dis dalk net goedkoop politiekery? Helen is al amper uitgetree, en wil met haar laaste asem wys dat die DA wel tande het, en kan “lasterlike wit’ uitsprake doeltreffend hanteer, om dien ooreenkomstig meer swart stemme te wen…? ‘n Swak oordeels fout…? ek wonder. Die hele situasie trek net aandag…

Whakka ·

Ek lag maar net vir ZILLE, sy wil mos al die jare INKRUIP en fight vir dieselfde mense wat haar nou uithaal en kritiseer. Lekker man lekker, Ek kry lekker dat jy nou sien vir wat en wie jy al die jare geveg het, plaas om vir minderhede se regte te veg, het jy vir meerderheidsregte gaan veg, en nou is hulle jou grootste kritici en vyande. So leer mense maar, op die harde manier .. Wat het van MAASDORP se uitlatings geword en van MMUSI se manne met die klippe? Waar is die debatte hieromtrent? ZILLE het dit nie aangevat nie, want sy wil mos nou nie WAVES maak nie, so niks is aan Mmusi gedoen toe hy die wit ouens met klippe wou doodgooi nie, maar Mmusi het nie ‘n oomblik teruggestaan toe hy Zille kon aanval nie. Al wat ek weet is die DA gaan nou duik. Die wittetjies se ogies het nou oopgegaan, dis net nog ‘n tweede meerderheidsparty wat magsbehep is. Kry vir julle!

Pietman ·

Mens kan nie konsentrasie kampe met kolonialisme gelykstel nie. Konsentrasiekampe het deel gevorm van kolonialsime, so ook die Anglo Boere oorlog maar so ook infrastruktuur en die regstelsel. So indien Zille meen konsentrasiekampe was nie net sleg nie kan ons maar kapsie maak, want dit was net sleg, tensy Leopoldt ons een voordeel kan noem. Dieselfde kan nie van kolonialisme gesê word nie. So ja, die swartmense is oorsensitief soos gewoonlik.

Frans C ·

So net wittes kan kolonialiste wees en nie swartes nie,reg nê. Wel die Zoeloes het ontstaan uit ‘n klein stammetjie noord van ons en ‘n mag geword waarvan die gelyke nie in Suider Afrika gesien het nie.Dit was die voorloper tot wat later onder Europese geskiedenisskrywers bekend was as ‘The wars of calamity’ wat gepaard met ‘n droogte verwoesting onder stamme in Suider Africa gesaai het.

Snaaks dat die President wat ‘n Zoeloe is nooit sy eie nasie sien as ‘n verwoester van stamme nie, maar Jan van Riebeeck as die oorsprong van alle euwels in die vreedsame
Suid Afrika sien.

Soloank die persepsie voortduur sal daar nooit ‘n geskiedenis geskryf word wat objektief
is oor die Suid Afrikaanse geskiedenis. Die uiteinde was dat meer as twee miljoen mense haweloos in Suider Afrika rondgeswerf het op soek na voedsel en bly plek.

Skerp Spioen ·

Wie het jou ma gedwing om op te ruim agter slordige tieners Yonela Diko? Hmm? Dit was mos haar keuse om deel te wees van hierdie ‘verdrukking’. Sy kon mos op die tradisionele Afrika manier bly leef en oorleef het. Hoekom moes sy geld verdien? Dit kan tog nie weens ‘n strewe wees om haar kinders ‘n koloniale skool opleiding te gee en toe te rus vir ‘n koloniale lewenstyl nie?! Dit sou dan mos beter wees om die trotse Afrika lewensstyl en tradisies te bly handhaaf eerder as om deel te raak van diè verdrukkende nagmerrie. Praat die waarheid of bly stil. Maar dit is ook seker ‘n koloniale konsep.

Maria Van Dieweeck ·

Hierdie uitlating is UITERS belangrik. Emosionele mense wat so haat MOET besef geskiedenis is GESKIEDENIS! ‘History’ is not ‘his story’ , daarby bedoel ek die gif wat opgedien word in geskiedenis, in ons skole en deur politikuste MOET aangevat en oop gevlek word. Hierdie wanopvattings is wat nasiebou onmoontlik maak. Ek ondersteun Hellen en enige iemand wat die waarheid praat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.