Edcon hef klubgelde onwettig: Wat gebeur nou?

Die Nasionale Verbruikerstribunaal (NVT) het vandeesweek bevind dat Edcon al jare lank, sedert die Nasionale Kredietwet in 2006 in werking getree het, onwettig ʼn verbode bedrag vir klubgeld op kredietooreenkomste gehef het en sodoende die wet oortree het. Edcon het miljarde verdien uit die klubgelde wat gehef is op rekeninge wat by Edgars en Jet geopen is. Klublede kry voordele soos goedkoper vlieg- en fliekkaartjies. Ina Opperman verduidelik waarom die heffing verbode is en wat nou gaan gebeur.

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) het ondersoek ingestel nadat verbruikers gekla het oor die heffings en gevind het dat Edcon die klubgeld wel deel van sy kredietooreenkomste maak. Die NKR het toe die saak na die tribunaal verwys.

Die Nasionale Kredietwet bepaal watter kostes ʼn kredietverskaffer by die kredietooreenkoms mag insluit. Volgens dié Wet mag ʼn kredietooreenkoms nie vereis dat die verbruiker vir enigiets behalwe die hoofskuld, aanvangsgelde, diensgelde, rente, kredietversekering, ʼn wanbetalingsadministrasieheffing en invorderingskoste betaal nie. Klubgelde mag dus nie ingesluit word nie.

Die tribunaal het in sy uitspraak gesê Edcon het die klubledegeld as ʼn opsie aangebied in die aansoek vir krediet en daarom is dit onwettig. “Die tribunaal het dit nou duidelik gemaak dat klubgelde nie gehef mag word op kredietooreenkomste nie,” sê Jacqueline Peters, bestuurder van ondersoeke en wetstoepassing by die NKR.

Wat gebeur nou?

Volgens Peters sal Edcon nou versoek word om ʼn onafhanklike oudit van sy leningsboek te laat doen om te bepaal hoeveel verbruikers terugbetaal moet word en wat die bedrag sal wees. Die tribunaal sal dan besluit oor die terugbetaling van klubgelde en sal ook in ʼn sitting die boete bepaal wat aan Edcon opgelê kan word. Hierdie boete kan ʼn maksimum van 10% van sy jaarlikse omset wees.

Wat sê Edcon?

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van die uitspraak wat dit ongeldig verklaar om klubledegeld op ʼn kredietooreenkoms te hef en is besig om die uitspraak te bestudeer met die oog op appèl.

Edcon het verder gesê verbruikers moet onthou dat die uitspraak net handel oor die meriete van die saak en nie die strafbepaling, wat later gelewer word, nie. “Die klubproduk is ʼn alleenstaande produk en verbruikers wat vrywillig aansluit, kry ʼn aantal voordele. Die klubgelde vorm nie deel van die kredietooreenkoms nie. Na raming kan ʼn klublid tot R17 000 per lid per jaar bespaar as al die voordele gereeld gebruik word.”

Volgens Edcon het hy omvattende regsadvies ingewin wat daarop dui dat die konsep van ʼn klubproduk, met sy verwante voordele, ʼn goed gevestigde praktyk wêreldwyd is, wat ʼn mandjie van waardetoegevoegde dienste en voordele bied in ruil vir ʼn vrywillige betaling, wat as klubgeld beskryf word.

Die maandelikse klubgelde vir Edgars Club se drie soorte klublidmaatskap vir “VIP”, “Life” en “Classic”, beloop van R34 tot R60 en ʼn aantal punte op kliënte se Thank U-kaarte. Edgars het onlangs gesê sy jongste resultate vir die nege maande tot einde Desember het gewys die daling in sy inkomste, weens swak verkope, is gedeeltelik teengewerk deur die toename in klubgeld van R40 miljoen, omdat meer verbruikers hul Classic-lidmaatskap na die VIP-lidmaatskap verander het.

Die nege maande se inkomste uit klubgeld was R418 miljoen en die totale inkomste R29,5 miljard.

Die Nasionale Verbruikerstribunaal

Die tribunaal hoor sake aan wat verband hou met die oortreding van die Nasionale Kredietwet en die Wet op Verbruikersbeskerming. Die magte van die tribunaal sluit in bevele om verbruikers terug te betaal en die uitreiking van boetes vir oortreding van die wette.

Die Wet op Verbruikersbeskerming en klubgelde

Dié Wet bepaal in artikel 31 handelaars mag nie iets soos klubs bemark deur middel van ʼn veto-opsie nie. Dit beteken iets soos klubgeld mag nie net gehef word sonder dat jy spesifiek aangedui het dat jy wil aansluit nie.

Verbruikerswenke

  • Wanneer jy ʼn kredietooreenkoms sluit, vra om al die dokumente deur te lees en maak seker jy betaal net wat jy moet volgens wet.
  • Lees rekeninge aandagtig deur om seker te maak jy betaal net vir die krediet en produkte of dienste waarvoor jy toestemming gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Tursa Triegaardt ·

+- R40 / maand betaal, vir wat? Twee keer by oogarts met Edgars kaart my bril betaal en toe maandeliks afbetaal by Edgars. Geen ander voordele vir my terwyl jare se klubgelde betaal is nie.

Chamanda ·

Ek stem saam jy kry wel afslag as jy gaan fliek en vlieg, maar as mens al die R44 bymekaartel is die afslag ook nie juis die moeite werd nie, maar ons betaal dit maar, wat kan ons doen.

Cherokee ·

Van wanneer af koop mens brille by ‘n oogarts? Nog nooit daarvan gehoor nie.

Basjan ·

Cherokee, waar wil jy brille koop? By die kafee op die hoek? Natuurlik koop ‘n mens brille by ‘n oogarts!

Reti ·

Chamanda. Wat kan mens doen? Stop die klub. Dís wat jy doen.

Riana van Eck ·

Miskien moet hulle die Foshini groep ook ondersoek. Het ‘n rugby trui 2 jaar terug gekoop en betaal nou nog af op hom. Kamstig ‘n nuwe en ou ooreenkoms. Betaal al 2jaar plus R60 af en hulle sê dis reg.

Lynni ·

Maar hoekom behoort jul aan die klub? Niemand dwing julle nie. Ek het nooit aan die klub behoort terwyl ek rekening by hulle gehad het.

Lanie ·

Ek het gevra of ek die klub kan kanselleer, maar het nie die opsie nie. Ek kon slegs my membership verander na die goedkoopste een. As jy op krediet koop is dit deel van jou pakket. Ek kon dit nie bekostig nie, maar was nie toegelaat om dit te kanselleer nie.

GRRR ·

Ek het nooit gevra dat my klublidmaatskap opgradeer word na VIP nie. Dit was bloot net deur Edgars gedoen. Geen mens kry R17000 voordeel daaruit nie. Veral nie die plattelanders nie. Dit is steel en klaar.

Maria ·

Ek het hulle geskakel en wou my lidmaatskap kanselleer, en hulle het geweier. Dit was glo compulsory gewees

Marie Boshoff ·

Ek het n rekening by Edgars en daar word elke maand klub gelde afgetrek op my rekening. Ek maak gladnie gebruik van die voordele nie. Inteendeel, ek lees nie eers die tydskrif nie. Toe ek aansiek gedoen het vir my rekening het ek gese dat ek nie aan die klub wil behoort nie en het later gesien dit word wel afgetrek. Ek het gedink dit is seker maarverpligtend. By Hermanus tak het hulle my gevra of ek bereid sal wees om n ekstra bedrag per maand sal betaal vir admin en ek het geweier en gese ek betaal reeds klubgelde.

Nicolene ·

Marie Boshof, jou verhaal is presies dieselfde as myne behalwe dat ek by die Woodlands Boulevard tak van Edgars, aangesê is om te teken vir die “admin fooi”. Ek is gesê dat dit addisioneel verpligtend is en om die kersie op die koek te sit, word daar nie eens meer ‘n tydskrif aan my gestuur nie!! Ek ontvang ‘n sms waarin ek aangesê word om dit te gaan haal by die tak!! Wie ook al hierdie saak aangeroer het, duisende rekening houers is jou EWIG DANKBAAR!! Edcon, ek soek nie die geld terug nie, KREDITEER NET MY REKENING DAARMEE!!!

Yappie ·

Skelm skel skelm . mens stoei om die klublidmaatskap af te kry .. en as jy weer sien sit hulle dit weer terug want jy is so gewaardeerde klient. Waarvoor mense egter NIE opgelet h et nie is dat hulle nou ‘n SERVICE FEE van R60 per maand vra, al koop jy niks op jou kaart nie .so pasop maar . gaan jou staat mooi na en kyk na die ekstras wat hulle opgesit het . Ek het my kaaart na 30 jaar gestaak . ek gaan nie myself laat befoeter nie. Ek gebruik niks van die KLUBVOORDELE nie, en sommige maande koop ek nie eers op die kaart nie , dan styg jou rekening met R60 .. nee wat . CHEERS EDCON . gaan maak maar geld uit die nuwe Yappies.

Cherokee ·

Probeer asseblief uitvind waarop ons kan staatmaak as terugbetaling. Ek is juis nou besig om uit te kyk vir ‘n afslaandak woem in die omgewing van ‘n 2 Liter enjin.

Junie Steyn ·

Hoop hul betaal ons ook terug. Het ons rek. Al oor die 20 j. Bly die klub fooi kanselleer en dan as jy weer sien het hulle dit weer by gesit sonder toestemming. Sonder geen transaksies van aankope loop die bedrag ongeveer R200 pm, en as jy dit nie betaal dan sit hul nog rente by en dit vir niks. EDGARS BETAAL TERUG ONS GELDE

tanya ·

i have not had an edgars account for almost 20 years (i settled my debt with them via administration process) – now somewhat 20 years later they are telling me i owe them almost 8000 rand? how is this even possible? they have had countless debt collectors and each time a new one calls with the same story? what to do next?

To TAnya ·

Go to the Consumer Council . I am sure they will be able to help.

Jordaan ·

Vra vir hulle om skrifltelik aan jou die oorspronklike dokumentasie waarvolgens die skuld ontstaan het te verskaf aangesien volgens jou rekords jy niks skuld nie. Indien hulle nie kan nie, of indien die dokumente ouer as 3 jaar is (skuld het evrjaar), dreig om hulle aan te gee by die Nasionale kredietreguleerder aangesien jy geen skuld het nie. Andersisn vra jou administrateur vir die bevestiging dat die skuld gedelg was (hopelik ook al lank terug)

Cindy ·

Edgars nog altyd so skelm! Kyk bietjie as hulle ‘n kastige “sale” het, plak hulle die oorspronklike prys toe met ‘n duurder prys en dan is die sogenaamde sale of % afslag op daardie prys!

Estelle ·

Ek het verlede jaar vir Edgars ‘n e-pos gestuur en gevra om al hierdie klublede gelde te kanselleer op my rekening siende ek nie gevra het vir dit nie, maar ek sien hulle voeg dit eenvoudig net weer ongevraagd by. Dit maak mens woedend.

Edgars, Spedgars ·

Ek het so 3 jaar terug n rekening by hulle geopen, ek het my rekening ten volle klaar betaal. Kry n oproep laasjaar ek skuld oor die R5000… Ekt gevra vir wat? Hulle se toe vir my dis Admin en Clubkaart gelde. Ek weier om dit te betaal want ek het dai rekening 2 jaar terug toegemaak. Hulle rente moet maar lekker loop.

Vicki Vermaak ·

Edgars het in 2011 my statement gestop stuur. Ek het niks agter gekom nie en ek het maar net maandlik betaal. Eendag toe gaan koop ek weer iets en my strokkie wys n geweldige uitstaande bedrag.
Ekt hulle gebel vir n staat en sien toe hulle het my rekening van 12 na 24 maande verander club fees by gesit en n Accident cover gelaai.

Toe ek vir bewyse vra toe se hulle dis meer as 3 maande en hulle het dit nie meer nie.
Hulle kan my net terug betaal vir 3 maande.

Dit was fraud en ek het maar net eventually op hou baklei en al die skelm geld wat hulle gelaai het (was R3000+) afbetaal. En my rekening gesluit.

Die wiel draai en ek kry so lekker. Ek hoop hulle verloor als en maak hulle deure toe.

Gerhard van der Merwe ·

Ek is jare terug geretrench op n myn en het in daai staduim betaal vir retrencment voordele op my Edgars rek. Die tak het geweet die myn het toe gemaak en toe ek met my retrenchment brief by hulle kom het hulle net gese dit is nie geldig nie en ek moet die rek betaal. Dit was 21 jaar terug en ek het nooit weer daarna in n Edgars in gegaan nie. Grootste klomp skelms wat daar is

Ann ·

Ding is, ek het hoevéél keer vir hulle (Jet) gebel en gemail en gatgelek en baklei dat hulle myne moet stop, met geen sukses. Ek het al vir seker 16 jaar al ñ rekening by hulle, en ek is mieg gesoebat. Nee wat, hulle ignoreer jou net doodeenvoudig as jy sê jy soek nie ekstra goed nie. Hulle neem sommer net aan jy wil dit hê. As hulle kinderklere nie so goedkoop was nie, het ek lankal my rekening gesluit.

MS ·

Kinderklere goedkoop?!?! Liewe aarde nee ek glo nie wat ek lees nie!

Yolande ·

Hoe gaan EDCON die mense terugbetaal wat reeds hulle rekeninge gesluit het agv hulle skelmstreke? Toe die Club gelde nie meer voldoende was nie, het hulle die belaglike “service fee” uitgedink. Geen ander plek by wie ek al ooit ‘n rekening gehad het, het so fooi nie…behalwe EDCON. Dis omdat hulle vir elke Jan Rap en sy maat op skuld laat koop!

Lielie ·

In die eerste plek, niemand forseer jou om ‘n rekening by Edgars oop te maak of te he. As hulle so skelm en korrup is, hoekom dan nie jou rekening sluit met Clubvoordele en al. Ek glo nie Edcon het nog ooit iemand met ‘n wapen teen sy kom gedwing om ‘n rekening of Club lidmaatskap by EDCON te open nie. Gaan spandeer dan maar eerder jou geldjies by een van die ander wonderlike klerewinkels waat jy ‘n rekening kan open waar hul nie skelm is nie. Die keuse bly jou. So hou op om nou vir EDCON sleg te maak. Hul was goed genoeg vir jou toe jy nie geld gehad het om iewars anders kontant te gaan koop nie.

Dora Bester ·

My seun n rekening by Jet seker sedert 2012.Hy het vakleeleerlingskap aanvaar na hy sy ambagstoets gedoen het is hy afgele by di werk.Hy het alle nodige dokumente gaan inhandig by Jet.Tot sy teleurstelling moes hy hoor hy word ni deur Jet se versekering gedek ni en ja hy het ook klubgelde elke maand betaal.

Hetta Labuschagne ·

O gaats het n Edgars rekening. Paar jaar terug klaar betaal nog nooit weer op hom gekoop maar ook nie gesluit nie. Het nog niks gehoor van uitstaande gelde. Maar terwyl hy in gebruik was klubgelde betaal. Wonder of ek hulle ook geld skuld. klink eerder of hulle my skuld!!

Antoinette ·

Nog n ongelukkige geklient soos vele ander. Moet vir iets betaal waarvoor ek nooit geteken het nie en ook nooit ontvang nie. Net soos by Jet waar R800 nooit van my balans is nie. Vra ek vir state, dan kan hulle dit blykbaar nie stuur nie. Weier om daai rekening te betaal. Ek is reg vir n goeie baklei

Francois ·

Probeer daai Edgarsclub al lankal kansaleer, maar nou is ek bly hulle was so traag…kan doen met n R6000 klere voucher as hulle nie kontant kan gee nie.

OokOntevrede ·

Eks al maande lank ongelukkig oor die Foschini-groep sms kostes van my hef terwyl ek nie toegestem het dat hulle smse aan my kan stuur nie. Kan mens nie iewers hieroor ook kla nie?

Ontsteld. ·

Genade, en al die ander klerewinkels eis ook maandliks klub en versekerings fooie. Lyk al asof hier n blik wurms oopgemaak is !

Piet Pompies ·

Die sogenaamde besparing van R17 000 per jaar as jy lid is van die klub in nie waar. Die besparing is slegs geldig indien jy aan die kwalifikasie vereistes voldoen wat jou R170 000 gaan kos.
My dogter het ‘n rekening gehad wat ten volle opbetaal was en sy het die rekening oop gehou indien sy dit sou benodig. Die een dag ontvang sy ‘n brief omdat haar rekening omtrent R600 met rente agter is. Dit was ledegeld plus rente vir die jaar, wat was haar voordele met die belegging van R600, absoluut niks.
Met haar aansoek vir die rekening het sy die blokkie gekies vir die Tydskrif (klub) en ons moes dit bloot betaal anders kom sy op ‘n swartlys.
Basta met die uitbuiting van die publiek.

Karen Smith ·

Ek het ‘n “mobile content fee” op my rekening van R19.99 wat elke maand gehef word, dis van RMCS, dis skelmgeid as jy my vra.

Frank ·

Maak al die Edgars winkels toe. Hulle is `n euwel.
Nou die dag sommer R26 se airtime op my rekening.

Charlaine ·

Ek behoort nie aan die klub nie en word daar dus nie fooie afgetrek by my nie, maar daar word elke maand “personal funeral insurance” afgetrek, waarvoor ek nie gevra het nie. Edgars trek dit net af, en ek het nooit ingestem of geteken vir ietw om aan dit te behoort nie. Is dit reg?

Dprika ·

Wat gebeur met die gelde wat Edcon al die jare gehef het op ‘n klient wat aan die klub behoort het maar intussen sy klublidmaatskap gekanselleer het. Ek praat vd jare wat die geld afgetrek is terwyl die klient lid vd klub was. Daardie persone moet mos ook hul geld terugkry indien dit uitbetaal sou word na ‘n oudit.
Sal dit waardeer indien die naam van ‘n persoon aan ons verskaf kan word waar ‘n mens kan eis.

Bromponie ·

Genade maar julle mense kan kla..
Toe ek 2 jaar terug my edgars rekening oopgemaak het, en ek my eerste staat ontvang het, toe sien ek die klub-fooi.. Ek het dadelik aan hulle rekening-afdeling ‘n epos gestuur en gevra hulle moet dit kanselleer, want ek gaan geen gebruik hê vir dit nie.. Die volgende maand was dit af.. Sedertdien het ek nog nie een keer weer ‘n probleem gehad met dit nie.. Ek dink net julle moet weer probeer dit kanselleer.. Dit kan nie “compulsory” wees nie, want dit het uit te make met by-voordele waarvoor jy kan aansoek doen; en dan die fooi daarvoor betaal..

Sò trots op jou ·

Jy het die intellegente een by hul rekening departement gekry wat engels of afrikaans kan verstaan.
Geluk hoor

Snoopie ·

Dink hulle moet vir Miladys rekeninge ook check. Hulle sit jou toe ook sommer op n klub wat jy maandeliks moet betaal.

E.K. ·

Koop nooit by Edgars – te duur. Het ook GEEN klere- of ander rekeninge nie. Cash is king. As ek nie kontant kan koop dan gaan ek daarsonder en klaar. So ek het geen probleme met allerhande sulke twak nie.

Glynis karen Bothma(ne Opperman: ·

I have had my Edgars acc fr nearly 40 years, I too have to pay subs fr a club fee, book that I never get, I pay my acc every month have fned them t cancell club fees t get told its compulsary. I rest my case pay back my clubfees that u have taken from me injustly.

Marie ·

Het n jaar of 3 terug sommer die hele rekening toe gemaak. Daar is altyd 20 of meer mense op die vloer, maar niemand kan vir jou n prys nagaan, of, net een vd betaalpunte is oop , met ook net een persoon aan diens, Dit,! Edgars was julle ondergang. Onthou mense wat koop, wil dit gemaklik doen.

Jd ·

Ek koop nie meer by Edgars dink hulle kwaliteit is glad nie goed en baie duur. MAAR ek stem saam met hulle ek is nog n klublid en niemand het my gedwing om aan te sluit en ek kan enige tyd dit verlaat. Ek sou se hulle moet aan die voorskrifte voldoen maar niemand moet terug betaal word nie.

Pieter Frey ·

Wil graag weet wat van die R19.99 ,per maand vir cell airtime moet dit elke maand betaal vir wat koop ni eens airtime deur edgars het vele malle dit gekanselleer maar betaal nog steeds vir dit elke maand

Esna Marais ·

My man het verlede jaar probeer om sy Edgars Classic klub te kanselleer aangesien ons dit nie meer gebruik vir fliek nie, want ons het twee peuters. Hulle het hom instede van kanselleer omgepraat om te opgradeer na VIP. Ons het dit nog glad nie eers gebruik nie, maar van kanselleer wil hulle niks weet nie.

Jd ·

En die probleem is? Daai verkoops persoon is verseker hulle sout werd. Sekerlik nie hulle skuld as jou man toegestem het nie

Ai tog ·

Moet seker my rekening ook weer nagaan hierna, ek het nooit club fees betaal nue want het dit gecancel die oomblik wat rk dit gesien het die eerste keer. Ek het egter ophou koop by hul want die doel van my rekening was die 6 maande rente vry opsie maar toe kom hul skielik met admin fooie wanneer jy jou rekening gebruik. Dan kan ek net sowel eerder my krediet kaart gebruik. Dink ek moet maar eerder gaan toemaak as ek jul almal so luister. Sterkte mense volgens my kon ek my fooie cancel vir daai club. Probeer maar weer ek glo nou cancel hul vinnig as jy vra daarvoor.

Ekko ok ·

Lewis doen presies dieselfde. Daar is hope verskuilde “fooie” .

Janika ·

Ja, so het ek toe ek aansoek gedoen het vir my thank u kaart gesê nee dankie ek wil nie aan die klub behoort. Vir maande niks gekoop, so nie eintlik na rekeninge gekyk tot dit te laat was en ek oor die R300 aan club fooie en rente daarop skuld. Gelukkig kon hulle my aansoekvormie opspoor waar ek “nee” gemerk het. Steeds moes ek betaal, want blykbaar was clubkaart in gebruik… Dink iemand anders het lekker op my kaart gefliek! Toe maak ek sommer hele rekening toe en koop nie meer by skelm Edgars.

Erika ·

Queenspark trek elke maand R45.00 van jou rekening af wanneer jy in KREDIET is.
Is dit wettig? So wanneer jy krediet het en jy koop nie iets nie, kan jou hele krediet verdwyn.

Rian ·

Ones weet mos aan wie behoort Edgar’s, jet, foshini, ens. ens.

Clara ·

Ek het so 2 jaar terug na my Jet tak in Kimberley gegaan en hulle het namens my die club fooi gekansileer. Niemand het my gedwing om dit te hou nie, en dit was nooit weer op my rek gehef nie. Dit was ook van die begin my keuse om by club aan te teken… moet saamstem oor Edgars se swak diens, daar nooit mense op vloer om jou te help, rakke is leeg, tellers is altyd te min.

Adriana ·

Koop al jare nie daar nie.Hulle is te skelm. Waarom koop julle nog daar? Sluit julle rekeninge en koop op n ander plek.Jare terug het ek vir n klerefabriek gewerk wat aan hulle voorsien het.Ons moes amper teen n verlies produseer sodat hulle n groot wins kon maak.Wanner hulle n uitverkoping het maak julle nog steeds wins omdat hulle dit goedkoop aangekoop het by die vervaardiger. Dink aan my voorstel.

Johanna ·

Jy kan dit maar probeer kanseleer hulle bly dit net hef en en kyk nie eers na voordele nie stel nie belang so dit is tyd iemand vat hulle aan want hulle steel ons geld

Jenny Soares ·

Ek sukkel nou al langer as n jaar of twee om n rekebing uit hul uit te kry. Hul stuur nie n rekening deyr die pos of email of op enige ander manier nie. Ek moet elke maand vra hoeveel moet ek betaal.

Moeks ·

Edgars het my rekening sommer toegemaak. Het hom baie in gebruik. Staan eendag in ry om paar goed te koop net om voor almal in ry verneder te word deur kassier wat kliphard se your acc has been closed. Hul het my ook op swartlys geplaas vir skuld wat hul nie kon bewys het nie. Skuld wat ek tien jaar vantevore sogenaamd op ‘n kredietkaart gemaak het. Hulle moes dit toe regstel. So Edgars kry maar vir julle.

Hester Bam ·

Vra net …hul stuur somme 2 klub boek ń maand vir ons. Wil net weet het ñ begrafnis polis ook by hul.

Gene ·

I’m trying to close my account currently. Paid it in full in the last week of April at CNA Cornwall view in Elarduspark after wich I was told by the teller that I have to email Edcon to cancel my account and that they don’t do it in store and now that I finally got arround to phone to cancel my account, I have to pay the “club” and “admin” fee for the month of May before they will close it. Pathetic

Melinda Stander du Plessis ·

Julle Edgars het my bejaarde moedertjie só stief behandel! En dis nóú…2016 & 2017 toe sy besef sy koop dan niks op haar rekening nie , tog skuld sy anper R300! Sy’s ‘n verswakte bejaarde en staan en loop is vir haar ‘n ballanseertoertjie! Tog, moes sy haar storie oor-en-oor vertel in Edgars tak van The Avenues in Springs. Van bakboord na stuurboord en al struikelend oor die Engels en naderhand gooi sy tou op! En betaal! GLO DIT!!!!!!! Sy is só oud-skool en dink mens sal ge-swartlys word, dat sy wragtig die onregmatige vreemde bedrag betaal!!!!!!! En skaars ‘n dag of wat later is die volgende sms van Edgars in haar Inbox en nou skuld sy nóg! En dis Jan 2017 en dit gebeur weer elke maand daarna. Na 35jaar sluit my Moeder haar Edgars rekening einde April 2017. Want Edgars verneuk nou ‘n lojale ou mens. Julle, wat gaan hier aan??????? Ek soek my Ma se geld terug! Hoe gemaak? Vir wie moet ons skryf? Al het my Ma bedank by Edgars Klub en nou haar Edgars rek gesluit, móét hierdie ongeregtigheid reggestel word! Dis ‘n sonde, Edgars! Sies! Steel by ‘n bejaarde is ‘n SKANDE!!!!!!!

marie ·

Jare terug het ek vir edcon gewerk en die staff het komissie verdien om klub lede te werf. Dit was n pop up wat op die rekenaar veskyn het en dan moes jy net yes kliek. dan was daar gese dat die klient dit later kon kanseleer.

Morgan ·

What I don’t get about Edgars Club is you pay for the club, then extra insurance for incase you pay late and then also a service fee added to that. Shouldn’t the service fee costs be included in the monthly club fee? Why is it extra?

SARIE VAN HEERDEN ·

Al hiedie ekstratjies wat jy kan ontvang deur ‘n rekening by ‘n winkel te he is snert. Jy betaal vir daardie ekstratjies want niemand gee iemand iets verniet nie. Koop jou goed kontant en moontlik kan jy nog ‘n afslaggie ook bepraat waar jy koop. Miskien moet daar ‘n ondersoek gedoen word op al hierdie “klub” winkels.

lynni ·

Moet nie op rekening koop. As jy nie kontant het nie dra ou klere. Solank dit skoon is. Kikker dit op met serpie. Sit nuwe hakkies op ou skoene. Ek het vir 20 jr rekening gehad by Edgars. En nooit aan klub behoort nie. As ek so luister na al die klagtes was ek seker net gelukkig.

Kommervry ·

MILADYS doen dieselfde…net so skelm!!! Stuur net eenvoudig n brief en se by volgende koop tree nuwe reeling in van die fooi en daai fooi gaan nou bygevoeg word. En hulle dwing dit af op jou sonder jou handtekening. Dis die regering se inding daai en hulle bele mos aandele in die soort van winkels vir hulle eie rykdom. My rekening toe gemaak,nie spyt nie. Leef nou kontant en kommervry!!!!! Verbasend watse mooi goed n naaldwerk mashien kan doen,sonder enige probleme. Sterkte aan almal. Lekker dag

Ken2 ·

Kom ons almal boikot Edgars en hulle winkels onder ander name soos CNA. As hulle ons wil opmors dan moet ons hulle boikot!

Niccy ·

Milady’s verhaal ook sommer net klub gelde. Nadat ek ‘n bohaai daaroor opskop en sê die dom persoon wat my aansoek vir lidmaatskap voltooi en ingevoer het op hulle stelsel moet maar sien om dit te betaal. Na ‘n paar dae is ek in kennis gestel dat die bedrae vergoed is op my rekening.
Hoop alle winkels word ondersoek. Dit is net skelm streke!!!

Danie ·

Ek het al ek weet nie hoeveel dreig briewe van edgars af gekry nadat hulle airtime op my rekening na ń ander mens se nommer gestuur het wat ek nie eers ken nie. Ek was al twee keer by hulle en toe maar die geld betaal en my rekening gesluit. Hulle was stil vir ń paar maande maar ek het nou onlangs weer ń sms gekry dat ek dadelik my rekening (wat seker al 6 maande gesluit is) moet betaal of hulle gee my oor aan die prokureers.

betaal maar net! ·

Ons het jare terug edgars Rek gehad, en sal nooit weer nie, wou ook nie aan die KLUB behoort nie maar hul het een of ander storie vertel kan nie onthou nie.. so besluit ons ons maak dit rekening toe… goed die rekening is gesluit… maande 2009 later bel iemand en se ons is ek dink oor die R 800 agter op die rek… maar ons het die rekening gesluit ja mev jou rek is gesluit maar nie jou KLUBLEDE nie en so het dit rente geloop…ons is verantwoorlikheid vir die en moet dit klaar betaal elke maand het rente geloop… en so het ons op die einde vir Edcon terug betaal… volgens ons was jou rek gesluit is is alles dan af gehandel en klaar betaal maar so het ons n les geleer om seker te maak en nooit weer n klere of enige rek te he nie… is en was baie ongelukkig hoe Edcon ons gemaak het om daai klubfooie te betaal… al was ons edgers rek gesluit op R 0:00 balance… ek is bly iemand het hulle deur soek so draai die wiel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.