Maroela Media

Vrou dood en 15 kinders beseer in ongeluk
ŉ Vrou is dood en 16 mense, waaronder 15 kinders, is Saterdag beseer toe ŉ bakkie op die M13 in Kloof naby Durban gerol het.

Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911, sê die bakkie het 15 kinders tussen 7 en 16 jaar oud vervoer toe die bestuurder naby die Everton-afrit beheer oor die bakkie verloor het. ŉ Vrou is op die toneel dood en ŉ man wat ernstig beseer is, is per helikopter na die Albert Luthuli-hospitaal geneem. Die kinders is na verskeie hospitale in die gebied geneem.

SA Agulhas tree uit
Die SA Agulhas en SA Agulhas II lê langs mekaar gemeer by die V&A Waterfront in Kaapstad. Foto op Twitter gelaai deur die gebruiker @carbonsmart

Die polêrenavorsingsvaartuig SA Agulhas het haar laaste vaart afgesluit toe sy by die V&A Waterfront in Kaapstad gemeer het, het die departement van Omgewingsake gesê.

“Dit was die laaste vaart van die SA Agulhas. Die SA Agulhas II, wat haar sal vervang, het op 3 Mei aangekom,” het Henry Valentine, direkteur van die departement se Antarktiese program gesê. “Ons het nou die voordeel van beide skepe wat langs mekaar by die Waterfront gemeer is,” het hy gesê. Die skip het na Suid-Afrika se Antarktiese basis, Marion-eiland, in die Indiese Oseaan en die Verenigde Koninkryk se Gough-eiland in die Atlantiese Oseaan gevaar. Die SA Agulhas is reeds 34 jaar oud en dit het die vervanging genoodsaak. “Dertig jaar is lank vir ŉ polêre skip. Ons moes haar vervang. Ons het die SA Agulhas II met meer gesofistikeerde toerusting uitgerus,” het Valentine gesê.

“Dit is jammer dat die SA Agulhas nou moet uittree, maar dit word deur die nuutste oseaniese tegnologie vervang.” Die SA Agulhas sal nou as ŉ opleidingsvaartuig gebruik word.

Andries Pretorius se moordenaar uiteindelik gevonnis
ŉ Tuinier van Pretoria wat sy werkgewer, Andries Pretorius (64), se vinger afgesny en hom toe vermoor het, is Vrydag gevonnis.

Petrus Moloko (25) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir dié gewelddadig moord en roof wat in April 2009 in Waverley, Pretoria plaasgevind het. Moloko en Teko Radebe het Pretorius, ŉ boukontrakteur, in sy huis met ŉ leë whiskey-bottel en messe aangeval. Radebe is verlede jaar tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die voorval.

Pretorius se seun en twee dogters is verlig dat die hofsaak uiteindelik verby is. “Sy dood is ŉ groot verlies vir ons. Ons het geleer om daarmee saam te leef, maar die gaping sal altyd daar wees,” het sy dogter, Izelle Jooste gesê.

Regter Winston Msimeki het Moloko se aansoek om appèl aan te teken van die hand gewys.

Klik hier om die oorspronklike berig te lees wat die besonderhede van die voorval aandui.

Man sterf na trein hom tref
ŉ Man is dood nadat hy deur ŉ trein in Denver, oos van Johannesburg getref, is.

Die man, in sy 20s, wou die treinspoor omstreeks 21:00 Vrydagaand oorsteek toe die trein hom tref, het Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste gesê. “Daar is ŉ brug daar naby, maar mense maak nie daarvan gebruik nie, aangesien dit vinniger is om die treinspoor oor te steek.” Mulaudzi maan die publiek om eerder van die voetgangerbrûe gebruik te maak.

In nog ŉ voorval is ŉ 10-jarige ernstig beseer nadat ŉ trein haar in Krugersdorp getref het. Sy wou glo op ŉ bewegende trein van die platform af spring. Klik hier om dié berig te lees.

JHB-man skiet kinders, self
ŉ Man het sy twee kinders en homself Vrydagaand by hul huis in Mondeor, Johannesburg, doodgeskiet.

Die seun en dogter, wat onderskeidelik 8 en 12 jaar oud is, is in die kop geskiet, het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste gesê. “Ons weet nie of die ma dalk vir die aand uit was en of sy wel daar gebly het nie,” het hy gesê. Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie. -SAPA

Pa wat dogter per ongeluk skiet: strafbaremanslag-saak geopen
Edith Boshoff (8) Foto: Beeld

‘n Saak van strafbare manslag is geopen nadat ‘n pa van Centurion, Glenn Boshoff, Vrydagoggend per ongeluk sy 8-jarige dogtertjie, Edith, tydens ‘n inbraak in hul huis doodgeskiet het. Na gelang van die ondersoek sal die direkteur van openbare vervolging besluit of Boshoff vervolg sal word, het Luitenant-Kolonel Lungelo Dlamini van die polisie gesê.

Dlamini sê niemand is nog vir die inbraak in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die voorval.

Boshoff het vroeg Vrydagoggend wakker geword van ŉ geraas in hul huis in die Winter Cherry-kompleks in Gloverlaan, Centurion. Hy het na die grondvloer van die huis gestap, waar hy sowat ses inbrekers betrap het. Een van hulle het na bewering ŉ vuurwapen op hom gerig.

Boshoff het na die boonste vloer van die huis gehardloop, die deur toegeklap en vir sy vrou, Adelé, geskree om die vuurwapen uit te haal.

Die paartjie se 8-jarige dogtertjie, Edith, wat ŉ leerling aan die Laerskool Hennopspark was, het van die geraas wakker geword en na haar ouers se slaapkamer gegaan.

Toe Boshoff ŉ geluid by die deur hoor, het hy ŉ skoot deur die deur afgevuur en Edith, of Edie, soos mense haar genoem het, in die kop getref.

Die rowers het intussen gevlug.

Die gesin het met Edith na Unitas Hospitaal gejaag, waar sy in die intensiewesorg-eenheid opgeneem is. Sy is egter later die dag oorlede.

Dit lyk asof die elektriese heining om die kompleks moontlik af was, aangesien daar tans in die kompleks gebou word. Daar word tans gesoek na die sowat ses rowers wat met net ŉ handsak gevlug het.

Edith se gr 2-klasmaats is Vrydag van haar dood in kennis gestel.

“Wat ’n pragtige kind. Hier is meer as 1 600 kinders in die skool en ek ken nie almal nie, maar vir Edi het ek gekén. Sy het Woensdag nog na my kantoor gekom om met haar mooi klaswerk te kom spog en ek het nog vir haar ’n goue plakker gegee as beloning. Dit was bitter swaar om vir haar maatjies te sê wat gebeur het. Ons gaan haar verskriklik mis,” het Jannie Raath, hoof van die Laerskool Hennopspark in Centurion, aan die dagblad Beeld gesê.

“Hel” bars los in Heilbron
Die gemeenskap en polisie van Heilbrond krap kop oor talle brande wat die afgelope week by nagenoeg tien plekke in die dorp uitgebreek het. Sommige inwoners het hulle tot Facebook gewend, en gevra vir gebed om die “hel” wat daar uitgebars het, te beveg.

Volgens die Heilbron Herald is ŉ voertuig Dinsdagaand by die Kalli-woonstelle uitgebrand. Van Jolene Herbst, ’n apteker van Heilbron, se splinternuwe Toyota Aygo het letterlik niks oorgebly nadat dit ook in ’n brand verwoes is nie. Dieselfde aand het ’n brand ook by TrenTyre ontstaan waar ’n waentjie in die slag gebly het.

Vroeg Donderdagoggend het die booswigte hul taak hervat en nog agt verskillende brande het ontstaan. By ’n gastehuis in Heilstraat het twee voertuie groot skade opgedoen. ’n Isuzu-bakkie en ’n Honda Ballade het uitgebrand. Na wat verneem word, het die brand in die vroeë oggendure ontstaan. Min of meer dieselfde tyd is ’n brand ook by ŉ kwekery gestig. Die booswigte het brandbare materiaal aan die brand gesteek en aan die agterkant van die kwekery by ’n venster ingegooi. Die brand het nie na die res van die gebou versprei nie.

’n Grasdak-gebou in die omgewing is ook aan die brand gesteek, maar die struktuur het nie vlam gevat nie. Verskeie woonhuise, ’n hardewarewinkel, die biblioteek en ’n vulstasie het ook dieselfde aand deurgeloop. In al die voorvalle word brandstigting vermoed en geen diefstal of aanvalle is aangemeld nie.

Gerugte doen die rondte dat kinders opgemerk is waar hulle van ’n perseel weggehardloop het. Dit kon egter nie bevestig word nie. Dit is ook nog nie presies duidelik wat die misdadigers doen of gebruik om die brande te begin nie.

Die Heilbron-polisie het Vrydag na verskeie pogings nie op Maroela Media se navrae reageer nie.

Volgens ŉ streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou ondersoek polisie die saak, maar niemand is nog in verband met die voorvalle aangekeer nie. “Ons en die polisie is in die duister oor dié dade en weet nie wat die motiewe daaragter is nie. Almal in die omgewing is wel paraat vir wat ook al mag gebeur, maar dit is ŉ nagmerrie.”

10-jarige ernstig beseer na trein haar tref
ŉ 10-jarige meisie is in ŉ ernstige toestand in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal, na ŉ trein haar Vrydagmiddag getref het.

Volgens Jeffery Wicks, woordvoerder van Netcare911, het die meisie glo probeer om van ŉ platform by die West Rail-stasie in West Village, Krugersdorp, op ŉ bewegende trein te spring en het tussen die trein die platform beland.

“Paramedici het op die toneel gekom en die meisie in ŉ kritieke toestand gevind. Sy het ernstige besering aan haar onderlyf opgedoen. Sy is op die toneel gestabiliseer en is met ŉ helikopter na die hospitaal geneem,” het Wicks aan Maroela Media gesê.

Eihatsu Maru: Vistreiler uiteindelik vry
Foto: NSRI

Die vistreiler, Eihatsu Maru, is uiteindelik Vrydag omstreeks 15:30 terug die see in nadat dit amper ŉ week lank sowat 20 meter van die kuslyn van Clifton se Eerste Strand gestrand was.

Die 50-meter lange vistreiler het vroeg Saterdagoggend as gevolg van digte mis gestrand. Verskeie pogings om die treiler weer vlot te kry is deur slegte weer en sleeptoue wat twee keer gebreek het, in die wiele gery.

Die vistreiler is uiteindelik die see in nadat van die brandstof uitgepomp is om dit ligter te maak.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die skare gejuig  toe die vaartuig na twee ure se gesukkel tydens hooggety uiteindelik deur ŉ sleepboot die see ingetrek is.

Sien meer foto’s hier.

Pa wat dogtertjie per ongeluk skiet: name bekend
Die identiteit van die gesin waarvan die pa Vrydagoggend per ongeluk sy 8-jarige dogtertjie doodgeskiet het, het intussen aan die lig gekom. Die meisie wat in dié hartseer voorval oorlede is, is die 8-jarige Edith Boshoff, ‘n leerder aan die Laerskool Hennopspark in Centurion. Haar ouers, Glenn en Adelé Boshoff, woon in Lyttelton Manor.

Die hele land is geskok oor die voorval wat om ongeveer 3:00 Vrydagoggend plaasgevind het. Volgens berigte het Glenn Boshoff ‘n geraas op die onderste vloer van die huis gehoor en gaan ondersoek instel. Hy het rowers op die grondvloer betrap. Een van die mans het ŉ vuurwapen op hom gerig. Boshoff het terug na hul slaapkamer op die eerste verdieping gehardloop, die deur toegeslaan en vir sy vrou, Adelé, gesê om hul vuurwapen uit die kluis te haal.

Die egpaar se tienerseun, Trevor, het op ’n badkamervloer gaan lê. Hul 8-jarige dogtertjie, Edith, het intussen van die geraas wakker geword en wou na haar ouers se slaapkamer gevlug. Toe haar pa hoor dat daar iemand by die deur is, het hy ‘n skoot deur die deur afgevuur, onder die indruk dat dit die rowers is. Hy het sy dogtertjie in die kop getref.

Na die skoot het die rowers die ma se handsak gegryp en gevlug. Toe die pa die deur oopmaak, het hy sy dogtertjie op die grond sien lê. Hulle het haar onmiddellik gegryp en na Unitas-hospitaal gejaag, waar sy in die intensiewesorgeenheid opgeneem is. Sy is Vrydag omstreeks 11:00 dood.

Volgens ŉ ooggetuie het familie en vriende die erg-getraumatiseerde ouers by die hospitaal bygestaan. Hulle was te geskok om met die media te praat.

Luitenant-kolonel Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het aan media gesê dit was ŉ ongeluk. “Teen Vrydagmiddag was polisie steeds met die ondersoek besig. Ons moet nog egter verklarings van verskeie mense neem alvorens bepaal gaan word of die pa aangekla gaan word of nie,” het hy gesê.

Uit beginsel ondersoek die polisie wel ŉ saak van strafbare manslag.

Hulle ondersoek ook ŉ saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie versoek enigiemand wat inligting kan verskaf om adjudant-offisier Tinus van Dyk by 082-890-8756 of by 012-664-8602 te bel.