Aan wie behoort dié verlore ring?

Die ring wat Marlene Els opgetel het. Foto: Facebook via Marlene Els

Die ring wat Marlene Els opgetel het. Foto: Facebook via Marlene Els

ʼn Vrou se Facebook-inskrywing om die eienaar van ʼn verlore trouring op te spoor, word wyd op sosiale media gedeel.

Marlene Els van die Oos-Kaap, het Maandag in die Facebook-inskrywing gesê haar man het die ring in die modder langs hulle huis naby die Hole in the Wall aan die Wildekus opgetel.

Die inskrywing is in minder as 24 uur meer as 1 000 keer gedeel.

“Die modder verdroog vinnig ná ʼn halwe dag in die son, so die ring kon moontlik al ʼn geruime tyd daar gelê het,” het sy geskryf.

Els sê deur die datum wat in die ring gegraveer is, kan sy aflei die paartjie is 25 jaar gelede getroud. “Die persoon wat aanspraak maak op die ring, sal dit eers moet uitken met die datum. Ek dink die eienaar heg sentimentele waarde aan die ring ná 25 jaar van getroude lewe.”

Sy sê die ring behoort heel moontlik aan iemand wat gekuier het by die Hole in the Wall of in die Transkei-omgewing.

Indien dit jou verlore ring is, of indien jy weet aan wie die ring behoort, kontak Marlene Els via haar Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

lynette ·

Sjoe kan dit waar wees . Soveel eerlikheid het ek lanklaas gesien en gehoor . Marlene you go Girl .

Antjies ·

Wat ‘n pragtige gebaar. Hoop die ring vind sy eienaar ♡

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.