[Foto’s] Bejaarde, wat reis bó chemo kies, sterf

Foto: Facebook/ Driving Miss Norma

Norma Bauerschmidt (91), die Amerikaanse vrou wat kankerbehandeling geweier het en toe eerder op reis gegaan het, is gister dood.

Dié bejaarde vrou van Michigan is in Julie 2015 met servikale kanker gediagnoseer. Met verdere toetse is ʼn groot tumor in haar baarmoeder opgespoor.

In daardie stadium was Bauerschmidt se man, Leo, wat ook kanker gehad het, reeds in ʼn hospies op sterwe. Etlike dae ná sy dood moes Bauerschmidt die dokter besoek om oor haar behandeling te gesels. Groot was die dokter se verbasing toe sy behandeling geweier het. Volgens haar seun, Tim, het sy nie kans gesien vir operasies, chemoterapie of bestraling nie.

“Dokter, ek is 90 jaar oud, nou vat ek die pad,” was Bauerschmidt se woorde aan haar dokter.

Dit was haar begeerte om meer te reis en soveel moontlik te sien terwyl sy kon. Sy was in daardie stadium nog baie sterk en het min pyn gehad. Tim, wat nie kans gesien het om sy ma alleen te laat nie, het hul kampeerbussie gereedgekry en begin reëlings tref vir hul groot avontuur.

ʼn Maand later, in Augustus 2015, was Bauerschmidt , haar seun, Tim, sy vrou, Ramie, en hul hond, Ringo, op die pad, reg vir die avontuur wat ongeveer ʼn jaar en ʼn half sou duur.

Die gesin het sowat 4 000 km regoor die VSA gereis – van Michigan tot Washington. Bauerschmidt se avonture is op die Facebook-blad “Driving Miss Norma” met sowat 500 000 volgelinge gedeel.

Dié merkwaardige vrou het baie nuwe vriende ontmoet tydens haar reis en ook deelgeneem aan verskeie aktiwiteite: van bome plant tot ʼn besoek aan die Elvis-museum en ʼn lugballonvlug. Sy het selfs ʼn boek uitgegee van haar avontuur.

Sy was in haar laaste oomblikke saam met haar gesin in hul kampeerbussie.

“Die lewe bestaan uit vashou en laat gaan. Vandag moet ons laat gaan,” het haar seun op Facebook geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Boerseun ·

Maroela. Ek dink die word “oorlede” is meer gapas as “dood”. Sê net.

Lollie ·

Absoluut fantasties! Haar laaste tyd het sy voluit gelewe. As sy wel gegaan het vir operasies en chemo was haar laaste tyd eerder hel. So bly sy en haar seun-hulle kon mekaar en die lewe net geniet het.

Grotman ·

Sy het gesterf met n glimlag op haar gesig en n jubel in haar hart!. Dis al wat sy wou he!

Sonja Coetzee ·

My liewe hemeltjie daai Tannie Norma kon darem so bietjie van haar lewe geniet dis duidelik sy’t voluit gelewe.Nou net n dom vragie as sy nou wel besluit het om die chemo te vat bo haar avontuurlike reis sou sy nog gelewe het??Sou my oogtande gegee het om met haar te kon kennis maak.

MissDemeanor ·

Partykeer kry mens net n paar maande ekstra, partykeer kry jy n leeftyd… maar as mens 90 jaar oud is dan is dit amper tyd om te gaan (en ek bedoel dit met respek). Dalk het sy nie kans gesien vir die newe effekte nie? Ek is bly sy kon haar droom om te reis bewaarheid.

Henda ·

Wat ‘n merkwaardige vrou haar kinders kan baie trots op haar wees sy is ‘n voorbeeld vir baie!

Liza ·

Dit is net AWESOME! Sy het volgens my opinie die beste besluit ooit geneem… Rus in vrede!

Esther Coetzee ·

Dit was ‘n uitstekende besluit! Sy het tot die einde lewenskwaliteit ervaar en die laaste dae van haar lewe geniet

Nicolene Boshoff ·

Ek sou dit graag op fliek wou sien! Goeie Meuse gemaak tan’ Norma!!

Marjorie ·

presies hoe ek ook daaroor voel As daar pyn is en hul kan dit beheer geniet jou laaste dae !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.