accidentANGELS: Jou engel tydens ʼn ongeluk

Foto: ER24/accidentANGELS

accidentANGELS is ʼn diens wat toegang tot enige privaat hospitaal bied vir sy lede ná ʼn motorongeluk.

Talle Suid-Afrikaners wat voertuie besit, is nie lid van ʼn mediese fonds nie. Hulle het moontlik nie die fondse om toegang te bekom tot ʼn privaat hospitaal ná ʼn motorongeluk nie.

Suid-Afrika het een van die hoogste ongeluksyfers in die wêreld en 800 persone word daagliks beseer op Suid-Afrikaanse paaie. accidentANGELS waarborg toegang tot privaat mediese sorg en daar is geen wagperiode nie.

Teen slegs R149 per hooflid per maand en R90 vir elke afhanklike, bied accidentANGELS vervoer tydens ʼn noodgeval ná ʼn motorongeluk deur ER24 of enige ander nooddiensverskaffer. Jou lidmaatskap beteken ook dat jy tot R10 000 vir mediese traumabehandeling kan ontvang in ʼn privaat hospitaal se ongevalle-eenheid (buite pasiënt) en tot R200 000 vir behandeling in ʼn privaat hospitaal (indien jy opgeneem word).

Indien jy ʼn motorfietsryer is, kan jy aansluit teen R249 per lid per maand.

Indien die gewaarborgde bedrag nie voldoende is nie, sal die lid se familie gekontak word om hulle in kennis te stel dat die voordeel nie voldoende is nie. Die familie kan dan bykomende finansiering reël. Indien dit nie gebeur nie en die fondse uitgeput is, sal die lid na ʼn staatshospitaal vervoer word vir verdere behandeling.

accidentANGELS bied ook bystand vir eise by die Padongelukkefonds (POF). Ongelukslagoffers betaal die bedrag aan accidentANGELS terug deur die opbrengs uit die eis sodra die POF die betaling aan die eiser gemaak het.

Besoek accidentANGELS se webwerf vir meer inligting en sluit aan by hul Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.