In ons land verteenwoordig Afrikaans baie verskillende kulture, dialekte en variante. Afrikaans is divers, kleurvol en kontemporêr. Afrikaans is ‘n taal waarvoor ons lief is en waarop ons trots is, want uiteindelik behoort Afrikaans aan elkeen van ons, selfs diegene wat dalk nie elke dag Afrikaans praat nie.
Met Veldtog Afrikaans fokus ons op hierdie diversiteit, op waardes, skoonheid en genot. Deurgaans word die positiewe gevier, verken en gedeel. Om die taal dieper te laat inkruip in die harte van diegene wat dit gereeld gebruik, maar ook om diegene wat dit minder gereeld gebruik met ander oë daarna te laat kyk.
Veldtog Afrikaans se boodskappe word vir al die platforms aangepas sodat diversiteit integraal deel is, nie net van die veldtogboodskap nie, maar ook in die lewering daarvan. Sodat dit tot vele kan spreek. Ons rig met die veldtog die uitnodiging: Vertel ons hoe lyk jou Afrikaans. Deel jou Afrikaanse leefwêreld met ons sodat ons die kleurrykheid daarvan kan sien … dit saam met jou kan geniet.
Besoek Afrikaans.com vir meer besonderhede.
Niks het verander nie. Dis duidelik wie en wat die voorrang gaan geniet…. sonder my.
Dankie vir AFRIKAANS wat die VADER my geskenk het.