Beursprojek: Gee jou sente vir studente

Sente vir studente

Foto: Maroela Media

’n Mens kan deesdae niks meer met enkele sente doen nie, maar Solidariteit Helpende Hand meen met genoeg sente kan iemand se lewe nog geraak word.

Die Sente vir Studente-projek poog om ʼn verskil in elke gemeenskap te maak deur ʼn studiefonds in 175 dorpe te stig. Een student uit elk van die betrokke dorpe sal dan gekies word om dié fonds te benut om te gaan studeer. Helpende Hand se studiefondssentrum sal elke sent verdubbel tot en met ʼn bedrag van R25 000.

“Mense is al so gewoond om vir geld gevra te word, maar ons wil lede van die gemeenskap vir hulle kleingeld vra. Ons soek hulle sente. Dis ʼn projek wat ʼn groot verskil gaan maak in baie jong mense se lewe,” sê Rene du Preez, projekorganiseerder van Helpende Hand.

Elke dorp sal self besluit watter student dié fonds verdien, maar daar sal ʼn komitee saamgestel word wat die keuringsproses sal behartig. “Die hoop is dat skaars vaardighede die fokus sal wees van dié studiefonds en dat leerders wat nou aansoek doen vir volgende jaar se registrasieproses die fonds sal kan benut om vir hulle studie te betaal – studente wat andersins nie ʼn kans sou gehad het om te gaan studeer nie,” sê René.

Die projek is reeds aan die gang en spaarbussies is by skole en besighede geplaas waar mense hulle kleingeld kan kom gee. Die bedrag wat ingesamel word, sal einde Junie bekendgemaak word.

Nader jou naaste Helpende Hand vir meer besonderhede, of stuur ʼn e-pos aan Rene na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wiebo ·

Ek het n groot blik trommel met die ou 1c, 2c en 5c brons munte. Kan n mens nog iets doen daarmee? Weet iemand dalk? Sal dit help vir die projek? Baie dankie.

Eliza-beth ·

Ja, sê asb vir ons presies waar kan mens van die bussies kry en in watter dorpe. Mens het altyd kleingeld! Asb gee vir ons volledige besonderhede!

Sarie ·

‘n Goeie idee. Ek het ‘n konfytfles vol Koperberge munte. Sal dit ook graag wil skenk.

Veritas ·

Johan as jy jou bankbesonderhede geplaas het, het ek sowaar vir jou 10 sent daarin gedeponeer.

Johann Marx ·

Ek sal net so ‘n poging ondersteun as dit vir WIT Afrikaanse studente gebruik word. Ek is Afrika versadig. Trotse lid van die onderdrukte wit minderheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.