Dié skoonheid verteenwoordig SA by Mej. Wêreld

Adé van Heerden (25) (Foto: Sun International)

Adé van Heerden (25), wat in Maart vanjaar as eerste prinses in die Mej. Suid-Afrika skoonheidskompetisie aangewys is, gaan Suid-Afrika in November vanjaar in die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig.

Dié kompetisie vind by die Crown of Beauty-teater in Sanya in China plaas.

Van Heerden, ʼn dokter van die Wes-Kaap, gaan teen deelnemers van 123 ander lande te staan kom.

Die Mej. Wêreld-kompetisie word jaarliks deur sowat een miljard mense gekyk. Stephanie Del Valle van Puerto Rico is verlede jaar tydens dié spoggeleentheid as wenner gekroon.

Nie al die deelnemers van die 123 lande sal egter die kans kry om op die internasionale verhoog te pronk tydens die oorhandiging van die kroon nie. Voorkompetisies word tussen 21 Oktober en 15 November gehou om uiteindelik die top 40-deelnemers aan te wys wat in aanmerking sal kom vir die kroon.

Van Heerden sê sy is opgewonde om Suid-Afrika in dié kompetisie te verteenwoordig. “Ek kon nie gevra het vir ʼn meer ongelooflike geleentheid nie. Ek is vasberade om alles te gee en om ons land trots te maak. Ek sien daarna uit om my passies met mense te deel.”

Claudia Henkel, ʼn voormalige Mej. Suid-Afrika en publisiteitsbestuurder vir Sun International, sê die organisasie kan Van Heerden met trots na die kompetisie stuur.

“Ons is absoluut verheug dat Adé aan Mej. Wêreld gaan deelneem aangesien sy al die nodige eienskappe het om die titel te verower: intelligensie, integriteit en skoonheid.”

Dié aankondig volg kort nadat Demi-Leigh Nel-Peters, die huidige mej. Suid-Afrika, einde Augustus aangekondig het dat sy Suid-Afrika in November in die Mej. Heelal-kompetisie gaan verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jolandie ·

Al my geld en hoop is op jou pragtige jong dame. Ek is seker jy sal ons land se naam kan hoog hou daar in die vreemde. Baie, baie sterkte :)

Dalene de Vente ·

Dagsê Tiana

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Anoniem ·

Demi-Leigh is so beeldskoon sy moes deelgeneem het! Sy sou baie goeie kans staan om te wen!

Valkoog ·

Demi-Leigh neem deel aan Mej Heelal soos onder in die artikel getoon

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.