[Foto’s] Letsels word skoenlappers of blomme

Yevgeniya Zahkar verander letsels in skoenlappers (AP Photo/Vadim Braydov)

Yevgeniya Zahkar verander letsels in skoenlappers (AP Photo/Vadim Braydov)

ʼn Russiese tatoe-kunstenaar omskep littekens van huishoudelike geweld in vrolike skoenlappers of blommekuns.

Yevgeniya Zahkar woon en werk in Ufa, 1 200 km van die hoofstad Moskou, in Rusland. Sy het te hore gekom van ʼn Brasiliaanse tatoe-kunstenaar wat bo-oor letsels tatoeëer. Dit het haar geïnspireer om ook dié saak aan te pak.

Zahkar het verlede jaar ʼn advertensie op sosiale media geplaas en sedertdien kan sy nie voorbly met versoeke deur vroue wat hul letsels in vrolike tatoeëermerke wil omtower nie. Die vroue het letsels oorgehou nadat hulle geslaan of gebrand is tydens huishoudelike geweld.

Zahkar is só geraak deur al die stories van haar kliënte, dat sy as gevolg van stres besluit het om slegs een dag van die week dié slagoffers te help. Sy werk aan twee tot vier kliënte per dag. “Ek het nie verwag dat ek so oorval gaan word nie. Dit is skrikwekkend om al die mense se stories te hoor.”

Yevgeniya Zahkar verander letsels in skoenlappers (AP Photo/Vadim Braydov)

Yevgeniya Zahkar verander letsels in skoenlappers (AP Photo/Vadim Braydov)

Katarina Golovkova, een van Zakhar se kliënte, was in ʼn erg afbrekende verhouding en was vir langer as agt uur op die operasietafel om haar arm te laat red. “Dit is verkeerd, dit het met een klap begin, sê sy. “Jy vergewe hulle een keer, maar dit raak net erger. Jy kan nie sulke dinge vergewe nie, dit gaan weer gebeur.”

Golovkova se kêrel het haar vyf jaar gelede teen ʼn venster gegooi. Mense het die merk gesien en gevra, “waar kom dit vandaan?” Voortdurend is sy herinner aan ʼn pynlike verlede. “Jy sien elke dag die arm, dis elke dag daar.” Sy wou al lankal ʼn tatoe oor die litteken kry, maar haar moed het haar begewe. Totdat sy Zakhar se advertensie gesien het. “As mense nou vra oor die tatoe kan ek hulle openlik vertel, dan sê hulle, ‘hoe cool is dit?’.”

Zakhar sê vroue is gewillig om daaroor te praat, soms omdat dit die laaste keer is wat hulle daaraan gaan dink as ʼn litteken. “Hulle gaan dan eerder praat oor die mooi tatoeëermerk, en nie die litteken nie.” Om die litteken te verander na iets waarvan hulle hou, gee ook ʼn hupstoot aan die slagoffers se selfbeeld. “Dit gee nuwe perspektief op die trauma wat hulle moes deurmaak,” meen Zakhar.

Yevgeniya Zahkar verander letsels in skoenlappers (AP Photo/Vadim Braydov)

Yevgeniya Zahkar verander letsels in skoenlappers (AP Photo/Vadim Braydov)

Zakhar het al meer as 1 000 vroue vrywillig gehelp sedert sy in 2016 begin het. ʼn Studie wat onlangs in Rusland gedoen is, het bewys dat 19% van die respondente glo dit is aanvaarbaar om jou man of vrou en kinders in sekere omstandighede te slaan. Die polisie skat 40% van geweld is huishoudelik.

Pres. Wladimir Poetin het egter verlede week ʼn wet onderteken wat versagtende omstandighede bied aan mense wat aangekla is vir huishoudelike geweld. Verdagtes kry net ʼn boete of tronkstraf vir 15 dae as daar geen liggaamlike beserings is nie. Ondersteuners van hierdie wet glo dat dit nie geweld aanmoedig nie, maar dat gesinslede nou juis kans kry om versoen te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hannah ·

Ek steem geensins saam hiermee nie. Die HERE is baie gekant teen tatoering. In LEVITIKUS 19:28 spreek HY daarteen.

Anoniem ·

Die Here is ook gekant teen huishoudelike geweld. Hy sê ons moet goed doen aan mekaar en mekaar se laste help dra.

Janine ·

Ek stem met jou saam Anoniem. Dis presies wat hierdie vrou doen! Hoe anders gaan hierdie letsels ‘uitgewis’ word? Ek is seker die Here sal haar en die mense wat die tatoeering doen, kan vergewe … Ek dink dis ‘n pragtige gebaar van die negatiewe na die positiewe omdraai.

SkarrelKind ·

Dis eerder Putin wat my pla: Huishoudelike geweld neem gewoonlik toe. Ek verstaan hom nie aldag nie. Dis ‘n sinnelose besluit om versoening so te probeer bewerkstellig. En hy blaas ook kwaad teen mense aan wat in die “same sex relationships” is – hoe bevorder dit samehorigheid onder ‘n volk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.