[Foto’s] Ruiters vir Vrede sterk op pad na biddag

Ruiters vir Vrede op pad na Bloemfontein (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sanger Jay du Plessis en die Ruiters vir Vrede-groep het vanoggend vanuit Verkeerdefontein vertrek as deel van die groep se tog te perd na Wilde Als-plaas, noord van Bloemfontein, vir die nasionale biddag.

Maroela Media het vroeër berig die sanger het gesê hy en ʼn groep van sy vriende, wat hulself die Ruiters vir Vrede gedoop het, gaan te perd die pad tussen Verkykerskop en Bloemfontein aandurf om mense aan te moedig om op 22 April Angus Buchan se nasionale ‘It’s time’-biddag by te woon.

Die groep het op 16 April vertrek en beplan om teen Donderdag laatmiddag op Bloemfontein aan te kom.

“Dag 4 van Ruiters vir Vrede is gister verby en ons is al amper halfpad met dag vyf. Ons begin nou al hartseer voel dat die tog amper verby is. Gelukkig het ons darem nog so 10 km om Saterdag te ry na Oom Angus toe op hierdie ongelooflike diere,” het hy op Facebook geskryf.

Ruiters vir Vrede op pad na Bloemfontein (Foto: Facebook)

Die groep ruiters is tussen die ouderdomme van sewe en 80 jaar oud. Twee van die sanger se woelwaters maak ook die tog mee. “Wat ʼn ongelooflike ondervinding! Ek is so bevoorreg om dit saam met twee van my seuns te kan doen. Samuel (7) ry soos ʼn kampioen en hou by die groot manne. Luka (2) is ons support! Ek mis my ander twee en sien uit om hulle Vrydag in Bloemfontein te sien.

“Die Here kyk mooi na ons en al ons perde, en ons is baie bevoorreg om soveel tyd in die beeldskone natuur te kan spandeer. Dankie vir elkeen van julle se aanmoediging en gebede. Sien julle Saterdag!” het Jay laat hoor.

Die nasionale biddag word op 22 April by Wilde Als-plaas, noord van Bloemfontein, gehou. Buchan het gesê hy verwag een miljoen mense, en dat God in gebed vir hom ʼn groot belofte oor dié dag gemaak het.

Lees meer oor die nasionale biddag op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

jaco ·

die dag na die biddag gaan die volgende natuurlik gebeur:
1. Zuma gaan bedank en met ‘n gematigde wedergebore Christen van nogal uit die ANC vervang word
2. Die Rand gaan styg in waarde tot R5 in 1 VSA-dollar
3. Petrolprys gaan daal na R8 per liter
4. Lae petrolprys gaan beteken pryse van kos kom dadelik drasties af.
5. Stakings en optogte wat alles ontwrig, gaan nie meer gebeur nie.
6. Eskom gaan goedkoper vir krag vra en al hulle nonsens gaan verby wees
7. Al die leë damme in die Wes-Kaap gaan dadelik volreën.
En so kan my lys aan en aan gaan, maar dis nie nodig nie. Daar wag maar net ‘n bitter wrede ontnugtering op die 1 miljoen bidders na hulle biddag.

Blienkie ·

Jaco, ek daag jou uit om langs jou bed op jou kniee te gaan en saam te bid môre en dan wanneer God ons land en volk begenadig omdat ons so van Hom af weg gedwaal het kan jy saam lofliedere sing in Sy groot naam.

Dries Theunissen ·

Goed gese Jaco. Dit maak my baie treurig dat so baie van ons mense agter hiedie verleier aanloop. Ons moet net bid dat ons Hemelse Vader sy kinders sal beskerm teen al hiedie valse leeraars in ons land. Wat Angus doen en se is ‘n leuen en God laat nie met Hom spot nie, sy dag sal wel kom.

Pieter ·

Hi Jaco,

Jammer jy voel so.

Die bid dag gaan oor ons wat op ons knie gaan voor ons God en smeek vir genade. Dis al..

Ons weet nie wat daarna gebeur nie maar wat wel belangrik is dat God kan sien ons vertrou op Hom en Hom alleen.

Groete daar.

SNEL ·

Dries Theunissen, as oom Angus nou so groot klug is, hoeveel mense het jy invergelyking met hom na die Here toe gelei. Hoeveel mense het omdat jy die Woord verkondig tot bekering gekom en dien die Here vandag met oorgawe?

Mag hierdie dag geseënd wees en ek hoop daar is Christene wat vas by hul gebed voeg. Ek glo groot dinge gaan gebeur, ons is te vinnig om te vergeet hoe Almagtig en Groot ons God is. Hy vee n oorlog sonder dat een n swaard trek…daag net op en kyk wat Hy kan doen.

Wil jy nou meer ·

Rerig Jaco.
Ons almal weet dat die eintyd op hande is en dat daar verdrukking gaan wees, maar ek wil vir jou een ding sê. Ek verkies om liewer my alles vir die Here te gee en die ewige lewe te be-erwe as om my oë in die hel oop te maak. Die keuse is joune.

Lizelle ·

Die wonderlike ding omtrent ware geloof in God, is die Hoop wat die Heilige Gees in ons harte plaas. Met Hoop in ons harte sien mens kans om die toekoms aan te durf en staande te bly al gaan dit moeilik.
Mag God jou en almal wat moeg is van gees vadag aanraak met Sy almagtige teenwoordigheid en rus.

Groete.

Thunis ·

Goeie more.

Jaco ek nooi jou om saam te kom bid dan sal jy sien wat my God kan doen.
Vrede vir jou en seen sien jou daar!

Liza ·

My broers is vanoggend 4 uur uit Pretoria uit, gaan vanaand daar kamp! Wonderlik, ek hoop daar daag meer as ‘n miljoen mense op! Prys die Here!

Neville ·

1.7 miljoen mense wat saam bid is baie! Daar is hoop.
Dankie

Boetman ·

Kom ons bring alle eer net aan God. Sy genade is vir ons genoeg.

aniki ·

Ai, dit is tog so jammer dat ons mense selfs in gebed nie kan saam stem nie. Ek voel net jammer vir die mense wat God nie ken en Hom nie vertrou nie. God gebruik vir wie Hy wil. As dit dan oom Angus moet wees, kom ons kyk verby die mens en luister na Sy woord. Laat ons dan in opregtheid sonder jaloesie vir hom bid om die Boodskap van God te bring. GOD IS GROOT EN GOED!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.