ʼn Dokter in die palm van jou hand

slimfoon-pexels-pixabay

Die Medici-app is pas in Suid-Afrika bekendgestel en stel gebruikers in staat om met hul dokter deur ʼn oproep, teksboodskap of video-oproep te gesels. Foto: Pexels/Pixabay.com

Is jy moeg om ure in ʼn dokter se wagkamer te vertoef net om ʼn nuwe voorskrif vir chroniese medisyne te kry.

ʼn Nuwe app, Medici, is pas in Suid-Afrika bekendgestel en stel gebruikers in staat om met hul dokter te gesels deur ʼn oproep, teksboodskap of video-oproep teen ʼn fraksie van wat ʼn gewone konsultasie jou uit die sak sou jaag.

Die app gee jou toegang tot ʼn verskeidenheid van gesinsgeneeshere, kinderartse, dermatoloë, tandartse, geestesgesondheidsverskaffers, voedingkundiges, dieetkundiges en selfs veeartse.

“Dit is vir my ʼn eer om die Medici-app in Afrika bekend te stel want ek weet dit gaan miljoene lewens verander en toegang tot hoë gehalte gesondheidsorg aan pasiënte bring,” het Clinton Phillips, stigter en uitvoerende hoof van Medici gesê.

“Hierdie innovasie in die tegnologie van gesondheidsorg gaan die manier waarop dokters en pasiënte kommunikeer beslis verander.”

Die app is in Amerika uitgetoets en word nou aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel in samewerking met dr. Michael Mol en die span van Hello Doctor wat reeds sowat 400 000 pasiënte in Suid-Afrika bedien.

Medici bied pasiënte:

  • ʼn Geleentheid om in die gerief van hul eie huis ʼn konsultasie of opvolgafspraak te maak, wat die wagtydperk en verwante kostes uitskakel.
  • Die gemoedsrus dat jy tydige reaksie op jou mediese vrae of noodgevalle na-ure sal ontvang.
  • ʼn Bykomende, direkte lyn van kommunikasie met jou mediese diensverskaffer.
  • ʼn Gesentraliseerde plek waar al jou mediese rekords bygehou word van die oomblik wat jy die app aflaai.
  • ʼn Gebruikersvriendelike, deursigtige betalingstelsel wat direk met die Medici-platform geïntegreer word.

Gebruikers van die Medici-app ontvang ná elke konsultasie ʼn faktuur wat hulle self van hul mediesefonds kan eis en pasiënte wat nie oor ʼn mediesefonds beskik nie, sal ook baat vind omdat die konsultasiefooie veel laer is.

Die Medici-app bied ook verskeie voordele aan mediese spesialiste omdat die app hulle help om pasiënte beter te bestuur en die administratiewe koste van ʼn mediese praktyk kan verminder.

  • Gebruikers kan die Medic-app gratis via die App Store of Google Play aflaai. Konsultasiefooie op Medici word deur die medieseverskaffer bepaal. Vir meer inligting besoek medici.md.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liza22 ·

FANTASTIES! Dokters byt ons uit! Betaal tans R438 per konsultasie en daar is nie meer iets soos geen fooi as jy terug gaan met dieselfde probleem nie, jy betaal weer en weer en weer!

Wonder ·

Ek kan nie dink dat die HPCSA dit sal goedkeur nie en die vraag is sal MPS Dr’s dek wat as gevolg van mis diagnose gedagvaar word? En dit is nie gratis nie so maak eers seker by jou fonds hulle gaan die fooi dek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.