Pantone het pas sy kleur van die jaar vir 2017 onthul en dit is vars en geelgroen.
“Greenery” is ’n vars geelgroen kleur wat die Pantone-kleurinstituut as “die natuur se neutrale kleur” beskryf. Die kleur simboliseer vernuwing wat perfek is vir die groei van ʼn nuwe jaar en mooi inpas by ons ekovriendelike tema vir Januarie.
Hier is 10 eko-vriendelike wenke vir ʼn groener lewe:
Skakel saans jou rekenaar af (nie op die sleep-opsie nie, af), want dit kan tot 40-watt-uur per dag bespaar.
Vervang die gewone gloeilampies in jou huis met energiebesparende gloeilampies.
Kweek jou eie groente.
Plant ʼn boom of twee in jou tuin en plant inheemse plante wat minder water nodig het.
Gaar reënwater op om in die tuin te gebruik of die motor te was.
Herwin glas – dit kan tot ʼn miljoen jaar neem om af te breek in die natuur.
Herwin koerantpapier.
Stort vinnig, want dit gebruik baie minder water as ʼn bad.
Koop plaaslike, organiese produkte.
Skakel toestelle met LED-liggies by die muurprop af (die gloeiende liggies trek baie krag).
Ek weet die Afrikaanse vertaling maak nie werklik saak nie, maar hierdie ‘greenery’ is nie die ‘geelgroen’ wat ek in my kop het nie. As dit vernuwing simboliseer, moet dit dalk eerder ‘lentegroen’ wees, die kleur van die nuwe blaartjies net wanneer die bome begin bot?