Onderwyser leer jong seuns sonder pa’s oor etiket

Raymond Nelson en die leerders van die "gentleman's club". Foto: Facebook via 104.7 The Fish

Raymond Nelson en die leerders van die “gentleman’s club”. Foto: Facebook via 104.7 The Fish

Raymond Nelson, ʼn laerskoolonderwyser en kenner van leerderondersteuning in Charleston, South Carolina, in die VSA, het wyd reaksie op sosiale media ontlok ná hy ʼn “gentleman’s club” vir jong seuns sonder pa’s begin het.

By die weeklikse “klub vir jonge here” by ’n laerskool waaraan hy verbonde is, bemeester jong seuns die fyner kunsies van etiket soos hoe om hand te skud en oogkontak te maak.

Nelson het aan Live 5 News gesê hy het vorendag gekom met die idee omdat soveel jong seuns sonder pa’s nie die geleentheid kry om meer oor die fyner nuanses in die lewe te leer nie. Die leuse en doel van die klas is eenvoudig: Lyk goed, voel goed en doen dit wat goed is.

Dié seuns moet elke week in hul beste formele drag die klas bywoon. Nelson gee ook ou dasse en baadjies vir die seuns wat minderbevoorreg is.

Nelson, wat hoofsaaklik werk met hoërisiko-kinders, sê die idee het ontstaan wees sy bywoning van ’n soortgelyke groep. “Ek het gedink, as ek die seuns aantrek vir sukses, gaan hulle dalk sukses behaal. Wanneer laas het jy iemand sien baklei in ʼn aandpak?” het die onderwyser laat hoor.

Hy sê dié etiketklub het verseker dat baie van die seuns beter op skool presteer. “Hulle presteer beter wanneer hulle weet iemand gee om vir hulle. Hulle is mal oor die reaksie wat hulle kry wanneer hulle by ʼn klaskamer instap en die mense vir hulle sê: ‘Ag, jy lyk so mooi’,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Barry ·

Wel gedaan!Ons kort so n tipe opvoeding tussen n paar van die jong manne hier in suid afrika.

Johan jansen ·

Wat kan ek se . dit is bevange dat iemand vreemdse seun kultuur en respek leer. Somminge seun met Pa’s het nie etiket en of respek nie, en word dit ook nie geleer nie.
Wil iemand dit nie ook in ons land doen nie?

m ·

Kan die man nie ook paar lesse hier kom gee nie. Vandag se mans ken geen etiket nie en weet nie hoe om n vrou te hanteer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.