Professor Jaap Steyn met erelidmaatskap vereer

Professor Jaap C. Steyn

Professor Jaap C. Steyn

Prof. Jaap Steyn het pas ʼn erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Die erelidmaatskap gee erkenning aan Steyn vir sy volgehoue akademiese en kulturele bydraes in Suid-Afrika, Vlaandere en Nederland. Dit erken ook die veelsydigheid en gehalte van sy bydraes tot die Afrikaanse letterkunde, taalwetenskap en –sosiologie, joernalistiek, geskiedenis en kultuurgeskiedenis.

Hy het vantevore die Eugène Maraisprys vir Die grammatika van liefhê, die Stalsprys vir geskiedeniswetenskappe vir Van Wyk Louw – ’n lewensverhaal, die Louis Hiemstraprys vir nie-fiksie Die honderd jaar van M.E.R., die C.J. Langenhovenprys vir taalwetenskap en die N.P. van Wyk Louwmedalje vir die volgehoue uitbouing van ’n vertakking of vertakkings van die geesteswetenskappe, ontvang.

Die geskiedenis van die ontwikkeling van Afrikaans word volledig deur Steyn beskryf in sy boek Ons gaan ’n taal maak – Afrikaans sedert die Patriot-jare wat in 2014 deur Kraal-Uitgewers gepubliseer is. Antoinette Koster, bemarkingshoof van Kraal-Uitgewers, het gesê dit is gepas om Steyn se hoogstaande en volgehoue akademiese bydrae op dié wyse te vereer. Volgens Koster is daar niemand anders wat “meer geskik” is vir die toekenning nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gwen ·

Dank Vader vir Afrikaners soos prof. Steyn. Die erelidmaatskap is waarlik gepas.

Petro Bezuidenhout. ·

Dis baie verblydend dat sielswerk erkenning geniet;ook dat daar langs hierdie weg ‘n passie vir Afrikaans openbaar word.Geluk aan prof .Steyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.