SA entrepreneurs wen met eko-vriendelike ontwerpe

Yolandi Schoeman

Yolandi Schoeman Foto: verskaf

Yolandi Schoeman en Martin Ackermann het verlede jaar deelgeneem aan die South African Global Cleantech Innovation Program (GCIP-SA) waar Schoeman die algehele wenner was met haar watersuiweringsontwerp en Ackermann in die tweede plek met ʼn eko-vriendelike teël.

In Februarie vanjaar was hulle by die Cleantech Week in San Francisco om dié ontwerpe bekend te stel. Hier is Schoeman as een van twee naaswenners aangewys asook die wenner in die afdeling vir kleinondernemings en Ackermann het eerste gekom in die groengeboue-kategorie.

Schoeman se projek is ʼn vleiland in ʼn boks: aWetbox. Met hierdie boks kan jy water op die natuurlike manier suiwer. Die water loop eers deur gruis en sand en daarna deur plantwortels wat die water skoonmaak. Schoeman het gesê die GCIP-SA-program was vir haar ʼn belangrike leerervaring vir haar loopbaan as entrepreneur. “Afgesien van die voorreg om aangewys te word as een van die internasionale naaswenners, bevestig hierdie erkenning ook dat ekologiese ontwerp nou ʼn rolspeler op die internasionale verhoog is.”

Schoeman het ʼn meestersgraad in omgewingsbestuur wat sy deur die Universiteit van die Vrystaat verwerf het. Sy het haar eerste dam gebou toe sy 14 jaar oud was en haar hoërskool se tuine uitgelê met plante wat waterspaarsamig is.

Martin Ackermann

Martin Ackermann Foto: verskaf

Ackermann het ʼn dakteël ontwerp wat 100% herwinbaar is. Die teël se naam is Thevia: “Ons teël is ligter en sterker en gemaak van materiaal soos steengroef, afbreekbare plastiek en slyk. Hierdie teël is nie bros nie en dit weeg 75% ligter as ʼn gewone sementteël.”

Ackermann het gesê, “Die toekenning is die eerste stap om die wêreld te oortuig dat alle dakteëls op hierdie manier gemaak moet word. Ons is ongelooflik opgewonde oor die toekoms van ons projek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.