Luister: Twee fietsryers op pad na Noord-Kaap vir godsdiens in skole


Godsdiens-in-skole-na-Vryburg

Hou bene, hou! Derik Francis en ds. Henk Stavast op die lang pad Vryburg toe, verby al die mielielande. Foto: Hou God in Skole Facebookblad.

AfriForum is slaggereed vir die hofstryd wat hom binnekort in die Suid-Gautengse hooggeregshof gaan afspeel vir die behoud van godsdiens in skole.

Dít, nadat die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (OGOD) ʼn aanslag op Christen-godsdiens in skole van stapel gestuur het.

Die burgerregte-waghond en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) befonds die hofsaak, maar bykomende fondse is nodig. ʼn Predikant van Pretoria en sy vriend, ds. Henk Stavast en Derik Francis, het Maandag 13 April op ʼn fietstoer van sowat 6 000 kilometer vertrek om geld in te samel. Hulle het vanoggend uit Vryburg vertrek en is op pad na Kuruman in die Noord-Kaap.

Esmarie Prinsloo het vir ons hierdie verslag saamgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

Nee nee wat, daai godsdiens moet uit !
`n Nuwe era waar kinders vry sal wees van indoktrinasie – veral die wie se ouers nie will hê hull kinnertjies moet voor die ouderdom van 18 reeds geestelik gemollesteer word nie .. of andersins moet buite die klas sit en wag dat hul mede skoliere moet klaar sing .. gedurende skool ure.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.