[Video] Tweede blits-leervideo bekendgestel

 S-Leer_01.jpg

Foto: pixabay.com

[promosie-artikel]

S-Leer se tweede Blits-leervideo is bekendgestel. In dié video beklemtoon die bekende Jannie Putter die belangrikheid van drome en om gereeld doelwitte te stel.

Volgens Leana Leonard, S-leer se besturende direkteur, is die eerste Blits-leervideo wat op 23 Junie bekendgestel is, baie goed ontvang. “Ons is baie opgewonde oor die positiewe terugvoer wat ons ontvang het. Alhoewel ons video’s kort is, poog ons om diepte aan die inhoud te gee. Kykers moet blitsvinnig iets kan léér.”

Blits-leer is S-Leer se gratis aanlyn videoreeks vir kennisverspreiding en die eerste van sy soort in Afrikaans. Blits-leer ontwikkel en versprei kreatiewe idees, inhoud en kennis in die vorm van kort en kragtige video’s van tien minute aanlyn aan kykers. ʼn Wye verskeidenheid van temas word behandel. Sprekers sluit bekendes soos Jannie Putter, Susan Lombaard en Jaco Strydom in. Die video’s gaan twee keer per maand op Maroela Media, Solidariteit Wêreld en op S-Leer se Facebook-blad, webblad en YouTube-kanaal versprei word.

Hier is die eerste video met dr. Annemarie Oberholzer.

Hier is die tweede video met Jannie Putter.

Meer oor ons tweede spreker:

Jannie Putter is ʼn bekende sportsielkundige wat tans by die Goue Leeus werksaam is. Jannie werk met sportspanne, korporatiewe maatskappye en individue oor sake soos streshantering, kompetisie, spanbou en leierskap. Hy was ’n provinsiale en nasionale sportman en het ’n honneursgraad in Sielkunde en ’n meestergraad in Sportwetenskap.

Meer oor S-Leer:

S-Leer is ʼn gehalte Afrikaanse opleidingsentrum van die Solidariteit Beweging wat begin is om aan professionele persone die geleentheid te bied om voortgesette opleiding van hoë gehalte in Afrikaans te kan ondergaan. So word professionele persone met voortgesette professionele ontwikkelingspunte (VPO–punte; Engels: “CPD points”) bemagtig en bied S-Leer die geleentheid vir persoonlike ontwikkeling wat hulle in staat stel om suksesvol in hul werkplekke te funksioneer en goeie loopbaanvooruitsigte te kan hê. S-Leer fokus nie net op voortgesette professionele ontwikkeling nie, maar ook op individuele, persoonlike en loopbaanontwikkeling deur seminare, kort kursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waar relevante temas bespreek en aangebied word. So bou ons saam aan ’n seker toekoms in ’n onseker werkplek.

Vir navrae besoek S-Leer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kannaland ·

Sit asseblief videos op oor sekuriteit, om aanvalle te voorkom, plaasveiligheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.