Luister: ‘Finansies met Wouter’: Hoe bereik ek finansiële onafhanklikheid?


Wouter Snyman is een van die sprekers.  (Foto: Facebook)

Wouter Snyman is een van die sprekers.
(Foto: Facebook)

Finansies, én alles rondom finansiële sake, is baie dikwels ʼn groot stresfaktor – maar dit hoef nie te wees nie, verduidelik Wouter Snyman, stigter en uitvoerende hoof van die finansiëledienste-maatskappy attooh!.

Snyman is die skrywer van drie Amazon-topverkopers – onder meer The Ordinary Millionaire en Would Driving a Porsche Change Your Life.

Sy benadering tot finansies is eenvoudig: “attooh! maak van gewone mense miljoenêrs en miljoenêrs onafhanklik.”

“Dit gaan alles oor die regte houding teenoor finansiële beplanning. Op die reis om welaf te wees glo ek mense moet verstaan dat ons ʼn lewe van oorvloed het. Ons wil jou help om dit ten beste uit te leef,” vertel hy.

Snyman het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier om in ʼn reeks gesprekke te gesels oor onderwerpe soos “Gewone miljoenêrskap”, “Die sewe geheime tot welvaartskepping” en “Hoe om jou uitgawes te beheer en meer geld te maak”.

Snyman gesels vandag oor finansiële onafhanklikheid en hoe dit bereik word. Hy meen finansiële onafhanklikheid is wanneer jy genoegsame bates het wat ʼn passiewe inkomste genereer wat al jou uitgawes delg.

Luister na die volledige podsending van die sesde episode van Finansies met Wouter.

Besoek attooh! se webwerf, Facebook-blad of Twitter-blad vir meer inligting.

Kontak ook vir attooh! by 012 368 9900 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.