Luister: “Terug Kerk Toe Sondag” vra mense om terug te keer na die Here


kerk-banke

Argieffoto

Die tyd waarin ons lewe en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan dwing ons om weer te vra na die kwaliteit van ons geloofsverbintenis met die God van die Bybel.

Dit is waarom Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief die Terug Kerk Toe Sondag-veldtog begin het. Die inisiatief is daarop gemik om mense op 20 November weer in die kerk te kry en dit word goed ontvang.

“Baie mense glo nie meer dat die kerk relevant is en ʼn verskil kan maak in die wêreld nie. Die fout lê uiteraard nie by God nie maar by die aard en kwaliteit van ons verbintenis aan Hom. Baie eens aktiewe Christene het weggedwaal en beskou hulle geloofslewe nie meer as ʼn prioriteit nie. Die leë banke in gemeentes op Sondagoggend getuig daarvan,” het Pelser gesê.

Volgens hom bring die Bybel die ontstellende en uitdagende konteks waarin ons in Suid-Afrika leef en die toestand van en in die kerk met mekaar in verband. “Die bekende teks in 2 Kronieke 7:13 en 14 veral, roep en maan die kerk om haar te bekeer. Met die eerste oogopslag lyk dit vreemd dat God sy kerk tot bekering moet roep. ʼn Mens sou verwag dat die Here Hom met die onverskilligheid van die wêreld buite die kerk besig sal hou. Dit gebeur egter nie. Dit is die tipiese en sikliese manier van lewe van die Godsvolk dwarsdeur al die eeue. Die kerk in die Ou sowel as die Nuwe Testament moet voortdurend herinner word aan haar eerste liefde en lojaliteit.”

“Terug Kerk Toe Sondag” is ʼn nuwe en herstelde verbintenis aan God wat aanleiding moet gee tot ʼn ander manier van lewe. Volgens Pelser behels dit algehele toekeer en inkeer. “Dit is om deel van die antwoord in ʼn soekende wêreld te word, eerder as om die probleem en uitdagings groter te maak,” het hy gesê.

Leraars word vriendelik versoek om eredienste te fasiliteer waar lidmate die geleentheid gebied word om hulle te verootmoedig, skuld te bely soos die Heilige Gees hulle oortuig en in besonder voorbidding te doen vir die vele uitdagings in Suid-Afrika. “Dit is veral die knellende droogte wat op gemeentes se gebedlysie moet wees.”

Die versoek is nie aan ʼn spesifieke denominasie gerig nie, maar aan alle gemeentes ongeag kerkverband. Die oogmerk is dat lidmate op 20 November weer terugkeer na hulle eie gemeentes.

“Gelowiges word opgeroep om hul vriende en kennisse uit te nooi na die geleentheid. Dit sal ook wonderlik wees as gelowiges hierdie inisiatief rakende 20 November se “Terug Kerk Toe”-inisiatief op sosiale media kan versprei,” het Pelser gesê.

Besoek ToekomsVenster se Facebook-bladsy of www.toekomsvenster.co.za vir meer inligting oor die inisiatief.

  • Jannie Pelser het ‘n draai in Maroela Media se ateljee kom maak en met Esté Meyer Jansen gesels oor die “Terug Kerk Toe Sondag”-inisiatief. Luister na die podsending bo-aan die berig om uit te vind hoe jy by die inisiatief betrokke kan raak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Lena Jonk ·

Pragtige oproep om mense weer saam te bring om te bid. Die mensdom het God eenkant toe geskuif oor die wereld, almal gee raad vir oplossings, daar is net een manier keer terug na die Almagtige God en volg sy riglyne soos voorgeskryf in die Bybel.

Anoniem ·

Die fout le nie by die kerk nie, maar by die person wat voor in die kerk staan en die verkeerde of sy eie weergawe van die word probeer verkondig!
Asook gaan dit oor hoeveel kolekte geld jy deesdae in die sakkie gooi, en nie meer oor Godsdiens nie……

Tom ·

Arme Anoniem die persoon wat voor staan glo ek is geroep om die woord Sondag oggend te verkondig. Dis tragies as jou verhouding met God afhang van die Dominee of Pastoor.
Nog meer tragies is dat jou verhouding afhang van dit wat Sondag oggend iewers gebeur in n gebou. Jyself is verantwoordelik.
Stop dis om die kerk te diskriditeer en raak betrokke. Ek is seker jy gebruik die kerk as n verskoning vir jou laksheid. Kerk is mense so onvolmaak en vol foute. Opvallend is die fout altyd by die kerk daaroor wonder ek. Nie een individue wat negatiewe kommentaar lewer kan sê eintlik is die fout by my nie dit is altyd die arme kerk. Iemand moet die skuld kry en in hierdie geval is die nie ek nie, maar weer die arme kerk. Snaaks dat God sy lewe afgelê het vir die kerk wat Hy so liefhet.

Gert ·

Ek stem grootliks saam. Die onlangse gebeure by die sinode getuig daarvan.

Fanie ·

Ek stem saam anoniem. Die afgelope tyd se gebeure in die kerk en die sinode het weer gewys dat baie van die probleme met die kerk juis by die bestuur op gemeente en sinodale vlak lê. Liefde is maar dun gesaai daar ten spyte van al die mooi woorde.

Deon ·

Dit is hartseer dat mense opgeroep moet word om kerk toe gaan: Ek is sooo bly dat hierdie oproep my nie raak nie want ek is in ‘n gemeente waar die kerk stampvol is elke Sondag. Dankie Vader dat ek deel kan wees daarvan!

Marius Liebenberg ·

Ag ek is nou vreeslik jammer maar ek sal nie Sondag kan maak nie. Ook nie volgende Sondag nie. Sien, ek is een van daardie wat deur die sinode en die gemeentelede verdoem word.
Bye for now!

Cacophony ·

Jip die kerk veral die NG Kerk vervreem mense by die dag met die feit dat hulle net nie hulle minds kan opmaak oor wat kamstig reg en verkeerd is nie. Die een dag is dit sus more is dit so. Die skeinheiligheid is ongelooflik. Spirituality is your relationship with God. Religion is what man thinks your relationship with God should be. Nee dankie maar terugkeer na kerk dink nie so loop veel eerder my eie padjie met God

vrede ·

Jip. Ek is in dieselfde bootjie as jy. Gelukkig ken God my en ek ken God. Deur Jesus se verlossing is ek oppad hemel toe.

Jan ·

Dit waaroor jy praat, is ‘n instelling deur God, soos per sy woord, dis nie deur mense of gemeentes uitgedink nie.

Bloues ·

Die fout is by die leiers van die kerk. Ds Pelser se afleiding dat die kerkbanke leeg is as gevolg van mense wat hul losgemaak het van die kerk is foutief. Baie mense het agtergekom dat dit wat aan hulle verkondig word as woord van God is nie altyd Sy woord is nie. Mense het agtergekom die kerkleiers wil die kerk aanpas om by die mense te pas en dis verkeerd. Baie mense het agterkom dat persoonlike stilte tyd baie meer beteken as kerk toe gaan. Baie mense het ook agtergekom dat geld n te groot rol in die kerk speel. Nee wat ds Jannie, dink weer en dink mooi. NG kerk sê dat die Heilige Gees hulle lei en besluit selfde geslag verhoudings ens is reg, n jaar later lei dieselfde Heilige Gees hulle om te sê dis sonde. Nou daardie HG wat hulle lei en die een wat ek aanbid, is defnitief nie dieselfde nie. Koos het n Liedjie geskryf iets soos ” Al die kintertjies van Jesus is nie paw paws nie” Julle leiers moet dit begin agterkom. Sterkte

Anna ·

Dis lankal nie meer n kerk saak nie. Dis tyd dat selfs die mense wat alreeds in die kerk is, met opregheid terug na die Here keer dalk sal die sondaars tot bekering kom. Moet my nie verkeerd vestaan nie ek self is geanker in n gemeente, maar praat met die Pastore na wie se kerk toe die mense moet gaan om n opregte boodskap van bekering te bedien

Lourens ·

Ek gaan al jare nié meer kerk toe,HG self het my daar uitgehaal,so as ek nou weer kerk toe gaan dan doen ek sonde,ek doen bybelstudie in my binnekamer

Paplepel ·

Ek sê lankal; maak al die kerke toe sodat die mense kan terugkeer na die Here en sy Kerk toe. Ek het nognie by een kerk gekom waar daar nie ‘n ” iets” uitgesonder word om jou in die Hemel te kry nie. Party is dit geld, ander die Doop, ander die Gawes van die Gees en so gaan dit aan. Uiteindelik kan jy op enige plek en enige tyd met die Here verkeer, jy het nie ‘n Sondag of ‘n kerkgebou nodig daarvoor nie.

Anoniem ·

Ek het twee verstandelik gestremde seuns. Ons was in ‘n gemeente maar van die gemeentelede het aanmerkings oor my kinders gemaak en daarom gaan ek nie meer kerk toe nie.

E ·

Weet jy Dingels die Here het vir jou daai 2 kinders gegee omdat Hy weet jy is by volle mag om hul lief te hê en te versorg, as dit nie so was nie sou Hy hul vir iemand anders gegee het. Jy is die beste ouer vir hulle. Hou jou kop omhoog en moet jou aan geen ander steur nie. Charity starts at home. Die Here is nie blind nie!

Andrea ·

Ek vind die Here lankal nie meer in n kerkgebou nie. Ek vind Hom in die wonder van die natuur. Daar sien ek Hom duidelik, en ook elke dag in hoe Hy my help en laat lewe.

Moira ·

Vir my is dit belangriker om n verhouding met God te he en ontvanklik te wees vir Sy stem. Ek weet Hy lewe want daar is elke dag die bevestiging in my lewe. Ek dank Hom dat ek Hom as my vader mag nader eb gesels met Hom. Ek het u so lief Vader.

My tweesent bydrae ·

Ek het lankal uitgevind dat geloof en godsdiens twee verskillende dinge is . Wat kerke beoefen is godsdiens . Ek hou Sondae aanbidding by my huis en was nog nooit gelukkiger nie .

Cacophony ·

Die kerk sien my nooit weer nie. Ek loop my eie padjie met God. My God oordeel nie mense op onbenullighede soos wie jy lief is voor. My God skel.nie ander rasse uit en maak asof net een nasie die uitverkorenes is nie. ‘n God van.liefde nie ‘n God van haat nie. Die kerk kweek soveel haat afguns en nydigheid aangevuur deur ‘n klomp verkrampte ou omies wat net hul.eie opinies waardeer. Dis hartseer vir my maar die kerk sien my nooit weer.

Body ·

Die Body of Christ is beslis nie n kergebou nie. En enige kerk wat nie God se Woord toepas maar hulle eie reels opmaak verdien om leeg te loop!!

E ·

God is Vader. Jesus is Seun (kinders) en Heilige Gees Vrou. Dit is die gesin. Kerk is vir kennis. Gesin is vir liefde.

Gerhard ·

Kerk van Jesus loop al 2 000 jaar onder afjakke en vernederende kommentaar deur.

Johann ·

Jig, al die verskonings hier bo, en dit net om jouself, jou eie ek se siening en jou lewenswyse te regverdig. Die ingesteldheid van die mens tog, wat homself voor God stel.

So van die os op die jas, betreffende geld, die realiteit is dat als kos geld, tensy jy in die bos of ‘n park wil gaan kerk hou, selfs om die gras in die park te sny of water te gee, kos geld. Julle behoort te weet, want jy het voedsel en water nodig om te kan oorleef, en selfs dit kos geld.

Watter verskonings die mens tog nie sal uitdink om by God verby te kom nie.

Cacophony ·

Spreekwoordelike voorbeeld van die oordeel mentaliteit.

John ·

Daar is vele verskillende kerke deur die eeue gestig om almal se standpunte te akkomodeer. Hoekom begin die ongelukkiges nie hul eie gemeentes nie? Bou kerke en stel leermeesters aan wat jul standpunte deel. Hoekom akkreditasie soek deur ander op emosionele wyse te probeer armdraai en indirek die Hemelvader? Hofsake kan nie Sy Woord, die hoogste Wetboek en Oppergesag, uitklaar of onwettig verklaar nie.

Jan ·

Die mense is ongelukkig omdat dit ‘n instelling van God is en omdat die gemeentes dit toepas volgens die skrif en daarvolgens hul geloof uitleef. Nou wil ek weet, vat die ongelukkiges die Kerk daaroor Hof toe, of vat hulle vir God hof toe?

Anoniem ·

Ongelukkig klou mense graag vas aan die kerk”tradisie”, iets wat deur mense self uitgedink is. Ek was self ‘n teologiestudent, en vandag staan ek ontnugter oor die drukgang waardeur ons as kerkgangers (ja, ek is steeds een) gejaag word ons lewe lank. Alhoewel ek steeds gaan om te leer oor die Woord, is ek oortuig ons oproep tot dissippelskap word nie verwerklik nie. Die kerk is bloot ‘n dop waar jy passief inneem wat vir jou gevoer word, met die boodskap “gaan leef dit dan so uit”. Gemeentelede word egter in ‘n ondergeskikte posisie gestel wanneer dit kom by bediening van die Woord, soos die Bybel dit wil hê. Daar staan immers in Mt 23 dat niemand homself moet laat Rabbi noem nie, want ons het een Leermeester.

In ‘n boek wat ek onlangs gelees het, vergelyk die skrywer dit baie gepas met die wrede manier wat soms gebruik word om vleiskallers te produseer. Hulle word in ‘n baie klein hokkie vasgehou sonder beweegruimte en gevoer, sodat hulle nie spiere ontwikkel nie en die vleis kan sag wees. Naderhand verswak hulle heeltemal tot hulle geslag word. Dis wat die kerk (onbewustelik) doen.

Ek besef egter dat mense vir hulle brood en botter afhanklik is van die kerklike instansie en daarom baie bekommerd na die leë banke kyk. Die aanname dat die wat die kerk verlaat egter wegdwaal van God af, is presies dit – ‘n aanname (wat nie getoets is nie).

Jan ·

Ek lees jou laaste paragraaf, dan besef ek, as mens agter elke bos ‘n spietkop soek, sal jy hom wel kry.

Judy Ward ·

Die kerke is besighede en bied vermaaklikheidsvertonings aan. Geen diep preke en boodskappe nie. Altyd flou grappies oor rugby. Die lawaaierige orkeste is ook net een te veel vir my. Ek sit deesdae in my tuin en was nog nooit nader aan God nie.

Toubs ·

In die boek The heavenly man is die volgende geskryf:
“In China, Christians are persecuted with beatings and imprisonment. In the west, Christians are persecuted by words of other Christians”
Ai, is ek nie meskien een van die wat Brother Yun hier van praat nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.