Matriekafskeid: Die boerseun moet kan vas dans

Johanè Genis. Foto: Verskaf

Johanè Genis. Foto: Verskaf

ʼn Matriekleerder van die gekombineerde hoërskool in Hendrina, Mpumalanga, het haar tot sosiale media gewend om die perfekte metgesel vir haar matriekafskeid te vind.

Dalene Genis, ʼn countrysanger, sê haar dogter, Johanè, het besluit om op ʼn ongewone manier ʼn metgesel vir haar matriekafskeid te vind, omdat sy nie graag saam met een van die ‘stadsjapies’ in haar skool wil gaan nie.

“Die seuns in haar skool is almal tipiese stadsjapies. Hulle hare moet perfek wees en hulle moet heeltyd na parfuum ruik. Sy wil met ʼn trekker of ʼn sleepwa by die onthaalplek aankom, en soek na ʼn boerseun wat dit saam met haar kan doen,” het Dalene vertel.

Sy sê Johanè is ʼn ongewone kind, en daarom sal net ʼn ongewone metgesel goed genoeg vir haar wees. Dit is haar laaste jaar in die dorpie voor sy Bloemfontein toe verhuis om Forensiese Wetenskap te gaan studeer. “Sy is opreg met ʼn mooi hart. Sy is ʼn ekstrovert, maar met ʼn rustige persoonlikheid. Eintlik soek sy net ʼn boertjie omdat hulle heeltemal anders is as outjies wat in die stad grootgemaak is.”

Dalene sê dié verskil word gesien in die manier waarop boerseuns optree en in hul verhoudinge met meisies. “Ons is ʼn hegte gesin wat heeltyd lag. Johanè is jonk én jonk van gees – op 17 klim sy steeds boom. Sy soek ʼn boertjie wat sulke dinge kan waardeer, en ook saam met haar in die skuur kan dans en respek sal hê vir ʼn meisie. Hy moenie gepla wees oor sy hare nie,” sê Dalene.

Hoewel die gesin nie self boer nie, sê Dalene dis iets wat in hulle bloed loop. Johanè het selfs ʼn spinnekop vir ʼn troeteldier.

Sy sê Johanè se pa het aanvanklik maar die wenkbroue gelig vir die hele “rietmaraal”, soos hulle dit noem, maar eindelik ingestem. “Sy het mooi verduidelik die seuns in haar skool is nie waarna sy op soek is nie. Sy soek ʼn boertjie wat saam met sy gesin om die tafel sit en eet, Bybel lees en outydse waardes het. Ons gaan by elke stap van die proses betrokke wees,” sê sy.

Dalene sê hulle is van plan om die seun en sy ouers te ontmoet, voordat hulle hom die jawoord gee. Die Genis-egpaar gaan al die kostes van die metgesel dek.

“Johanè het gevra hulle moet ʼn video stuur van hoe hulle vas dans, sodat sy seker kan wees sy gaan nie op haar stoel sit die hele aand nie. Maar as hulle nie kan nie, moet hulle steeds kontak maak sodat ons hulle kan ontmoet,” het Dalene gesê.

As jy dink jy is net die regte boertjie vir Johanè, stuur ʼn kop-en-skouerfoto én  ʼn vollengtefoto na [email protected]. Jy moet langer as 1,75 m wees, tussen 18 en 20 jaar oud (skoolvereistes), en kan vas dans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Joe ·

Dit is ‘n uitsondelike & besonderse versoek …. Ja ek stem saam…. lang arm is natuurlik baie lekker & ek geniet ook nog steeds my dans … ek het ook altyd daardie vereiste dat iemand MOET kan ordentlik dans & nie my naam met ‘n plank slaan nie …. ek is absoluut baie mal oor dans & geniet dit altyd ten volle …. Well done girl …. ek hoop jy KRY daardie regte een …

Opinie ·

Ag-nee régtig??? Wat mens nie alles sal doen om publisiteit te werf nie?!

Louis ·

Ek wonder wie soek die metgesel …… die Ma of die dogter ?

Regtig? ·

“Mamma ek wil ‘n man hê!”
“Watse man vir jou my kind?”
“…”
“Wag eers tot ons sy hele pedigree het asook ‘n volle rekord van al sy inentings!”
“…”

Deurmekaar ·

Nou dat ons weet wat die ma sê, wanneer hoor ons wat die dogter te sê het?

veritas ·

Die skooljaar het pas begin en ma en dogter soek reeds na ‘n slagoffer vir die matriekafskeid. Pasop kêrels, hierdie klink te veel na een van daai spinnekoppe wat die mannetjie opeet nadat sy hom gebruik het. Die ma klink vir my of sy die keuringsproses gaan beheer en dit voorspel niks goeds nie.

Oom Boer ·

Nou-ja toe, sterkte aan Mamma en Dogter met jul soeke en hoop van harte jul gaan die mannetjie die toets laat slag. “Hou Oom Japie se sambok byderhand”

Dalene ·

Opinie, regtig jy het beslis niks beter om te doen as oordeel nie. Waarom n tweede opinie lig as jy reeds een gegee het. Ek kan jou verseker Johané is nie opsoek na n MAN nie, sy soek n ideale metgesel vir haar matriekafskeid wat seker enige meisie se reg is. Verder is sy nommer 1 op haar skool se Top 10 en beste presteerder vir 5 van haar 7 vakke in haar graad. Sy is beslis nie n lee dop wat net n man en babas wil he nie. Bepaal jou liewer op mense se opinie van JOU en nie n meisie wat jy van geen kant ken nie.

Dalene ·

Ongelukkig is ons matriekafskeid alreeds in Julie. Die rok en uitrustings moet nog gemaak word. Ongelukkig is daar dus nie veel tyd nie. Sy is nommer een op hulle Top 10 akademie, dus kan ek jou verseker sy konsentreer op haar skoolwerk. Sy is betrokke op kultuur, akadememie en elke ander aspek van skool. Meisies het net eenkeer n matriekafskeid, waarom kan julle ditnie positief sien en haar n heerlike aand, met n metgesel van haar keuse, toewens nie.

Skoon ·

So, van wanneer af maak dit ‘n seun ‘n “stadsjapie” om skoon en netjies te wees?
En was al op hendrina, daai dorp is so ver weg van ‘n stad af!

Gatvol ·

Hemel maar julle is n klomp jaloerse en afgunstige mense. Hierdie meisie soek n boerseun, iemand so na aan elke blanke Suid-Afrikaner se hart as wat maar kan kom in hierdie land, om haar te vergesel na haar matriekafskeid. Wat het dit met julle spul te doen in elk geval. Sover ek kan sien is sy n opgevoede, bo-gemiddelde slim, pragtife meisie. Nie n lieplapper wat opsoek is na n man of n one night stand nie. Haar ouers dek alle koste en is verantwoordelik en betrokke. Haar keuse is n boerseun, nie n dorp of stadsjapie nie. Ek sal nie verbaas wees as hierdie meisiekind deur elke koerant gekontak gaan word en haar stem op radio stasies gehoor gaan word nie. Wat sy hier doen is uniek, n vars briesie in vergelyking met meisies wat te groot is vir hulle skoene en lankal hulle onskuld verloor het. Gun haar haar plekkie onder die son. Liewe meisie, volg jou hart. Doen wat jou gelukkig maak en ignoreer hierdie nare mense.

anoniem ·

Mev . Genis … EK WEET u kind is NIE EERSTE op die TOP 10 AKADEMIE nie . moenie die mense mislei nie .

Onderwyser ·

Sjoe maar “anoniem” weet seker presies wat alles by dié skool aangaan?? Wie is dan die top 10???

Dalene ·

Anoniem waarom plaas jy nie jou naam nie. Johane het Top Presteerder toekennings in haar graad gekry in 5 van haar 7 vakke, plus n medalje vir die veelsydigste taal leerling in haar graad vir beide Afr en Engels. Sy is beslis nommer een op die Top 10 in haar graad. Waarom se jy nie vir ons wie jou kind is nie. Ek was by die akademiese toekennings. Ek weet wat my kind is en wat nie. Ek hoef niemand te mislei nie. Maar laat weet ons gerus wie is nommer 1 in die Top 10 volgens jou kennis.

anoniem ·

Mev. Genis …. EK WEET u kind is NIE EERSTE OP DIE TOP 10 AKADEMIE NIE . Moenie die mense mislei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.