Daar ís hulp vir disleksie

Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

“Jou kind is dislekties.” Daardie woorde kan ʼn ouer se grootste nagmerrie wees. Hierdie Oktober, wat as Disleksie-bewustheidsmaand bekend staan, moedig Edublox ouers aan om meer te wete te kom oor hul kinders se moontlike lees- en leerprobleme sodat hulle beter toegerus kan wees om hul kinders te help om te lees, leer en hul hoogste opvoedkundige potensiaal te bereik. “’n Ernstige leesprobleem kan as disleksie beskryf word, maar wat belangriker is, is die wete dat hierdie probleme opgelos kan word en dat daar hoop is,” sê Susan du Plessis, Edublox se direkteur van opvoedkundige programme.

Kenmerkende en bekende tekens van disleksie is wanneer letters soos “b” en “d” omgekeer of die woord “rot” byvoorbeeld in plaas van “tor” gelees word. Wanneer kinders die disleksie-etiket toegeken is, word hul agterstand op skool dikwels oorgesien, omdat daar gemeen word dat hul probleem ongeneeslik is. Sommige mense glo dat die disleksielyer se brein op ʼn sekere manier “bedraad” is en  nie verander kan word nie. Du Plessis moedig ouers aan om nie tou op te gooi met hul kinders nie.

“Disleksie is net ʼn naam vir ʼn groep simptome ten opsigte van lees- en spelprobleme. Die wetenskap van neuroplastisiteit bewys dat die brein wel kan verander. Wat dikwels as disleksie voorkom, is ʼn gebrek aan sekere kognitiewe vaardighede, wat lateraliteit, vormpersepsie, ouditiewe opeenvolging en fonemiese bewustheid insluit. Indien hierdie kognitiewe vaardighede geoefen word, kan ʼn leesprobleem iets van die verlede wees,” sê Du Plessis.

Selfs wanneer ʼn kind bogemiddeld op skool vaar, is sy relatiewe vermoë ietwat misleidend as dit met internasionale opvoedkundige standaarde vergelyk word. Toe die Vordering in Internasionale Leesgeletterdheid-studie (PIRLS) in 2006 die leesvermoë van graad 4-kinders in 40 lande met mekaar vergelyk het, het Suid-Afrika die swakste van almal gevaar. ʼn Opvolgstudie in 2011 het bepaal dat Hongkong wêreldwyd die beste standaard behaal het, en het getoon dat ons graad 4-leerders “tydens ʼn makliker assessering steeds algeheel op ʼn laer vlak presteer as hul internasionale eweknieë”.* Navorsing wat verlede jaar deur Edublox in Singapoer gedoen is, het hierdie kommerwekkende situasie bevestig. “’n Kind wie se leesvlak in Suid-Afrika as aanvaarbaar vir sy ouderdom beskou word, kan in Singapoer met disleksie gediagnoseer word,” sê Du Plessis. “’n Diagnose van disleksie is dus relatief tot die spesifieke land en omgewing. Pleks van akademiese prestasie met ʼn losweg gedefinieerde etiket in te perk, moet ons ons daarop toespits om potensiaal te ontwikkel.”

Gedurende Disleksie-bewustheidsmaand hierdie Oktober, gaan Edublox-franchisehouers wat by die Internasionale Vereniging vir Kognitiewe Onderrig in Suid-Afrika (IACESA) geregistreer is, minstens 44 gratis inligtingsessies vir ouers en onderwysers oor die hele land en in Namibië aanbied. As opvoedkundige praktisyns werk hulle daagliks met kinders wat lees- en leerprobleme het en kan dus goeie praktiese raad verskaf.

Besoek www.edublox.co.za of skakel 0861-EDUBLOX vir jou naaste tak en registreer om ʼn inligtingsessie by te woon. Breinkos, ʼn nuusbrief met nog nuttige inligting oor hoe om leesprobleme die hoof te bied, sal by die inligtingsessies asook by skole en in wagkamers versprei word.

Edublox is toonaangewende spesialiste in kognitiewe ontwikkeling met 22 lees-en-leerklinieke regdeur Suider-Afrika. Edublox bied multisintuiglike kognitiewe onderrig aan, wat daarop gemik is om die fundamentele vaardighede van lees, spel en wiskunde te ontwikkel en vas te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

disleksie ·

Laat ek die oningeligte mense wat hier lees vertel van disleksie.
Ek is 50 jaar oud en is disleksies, my IK is 146 maar ek lees swaker as n GR2 kind, spel kan ek nie, net n voorbeeld, die woord bruin, bryn of brein??????? Watter een gebruik ek waar. Ek is baie vroeg uit die skool uit oor my disleksie, die vernedering was net te groot op skool veral in die taal vake. Geen spelcheck het my al ooit gehelp nie want hy gee vir jou n keuse van moontlike woorde en dan sit jy weer…..watter een is reg?
Ek is die enigste een in my vamilie met die probleem maar ook die enigste een wat nog nooit n sakrekenaar gebruik het nie, want syvers maak vir my perfekte sin. Ek kan bv vanniger optel en aftrek as enige persoon met n rekenaar.
Dit is hel om op my ouderdom in n restaurant te gaan sit en altyd die verskoning te gebruik, my bril le by diehuis.
Ek begryp dat dit nie aangenaam is vir die normale mens wat by n gesprek op die net betrokke raak en dan is daar n persoon soos ek wat komintaar lewer en die leser aan die ander kant dink, wat soek die kind hier en dan klim een van die klein siele uit sy boks en snou jou toe “gaan leer eers spel voor jy met my praat” en dan wonder ek, is my mening irelefant oor my probleem?
Na al my jare se skoeke na n oplosing en baie gesprekke het ek ook tot die gevolgtrekking gekom dat die Afrikaanse gemeenskap seker met die grootste disleksie gemeenskap sit en weer het ek gesoek en n gevolgtrekking gemaak dat Afrikaans sekerlik een van die tale is met die meeste sinonieme en anonieme en ek glo ook dat die probleem n leer probleem is en nie n siekte nie.
Ek kan net se, as jy disleksies is of aan n vorm van disleksie ly…….Einstein was een van ons gewees!

Just Saying ·

This is such an interesting topic of which I am extremely pasionate about. I was just thinking today how we are desensitised with all sorts of crime in this country, murder, rape, coruption. To name only a few. Yet when it comes to a dissability South Africans in general are really uneducated in this matter. The shocking comments and “jokes” people make is not only unkind, but effects the reciever negatively. The stares when you are paralised or missing limb. The wispers in classrooms when you can not sit still or strugle to read. The lack of education at homes and at schools regarding children who think differently astounds me. Children who are generaly very gifted. Out of the box thinkers. Brilliant analysts and certainly will end up being very sucsessful in any field they choose. Dyslexia is not a disease. Niether is any other learning problem. It is a neurological problem that cannot be repaired. I am not a proffesional doctor. I am a mother who has walked a journey with my child. I have experienced rejection from schools, society and even profesionals. I continued ro fight the good fight for her and she has proved so many wrong. She is a young lady who excells academically when everyone said she would not, she a gifted in music and her creativity is always complimented. She participates in sports, socially and emotionally more mature than the general 14 year old. She understands hard work and her own struggle. She is proudly Dyslexic and not ashamed to share her story. She is an inspiration to so many that meet her. So I want encourage parents that a diagnosis is not a limitation. A piece of paper from a Psychologist is not a death sentence. You choose how to raise up a champion in midst of some storms. People will be negative and have much to say. Even “shame”. Correct those. Dyslexia is gift not a burdon. Disabilities often are our ability to do great things. We have incredible sportsman and women achieving the impossible even with their dissabilities. We have brilliant minds, dyslexic and others spectrum of learning problems that are changing the world. They are te front runners in out of box thinking. Never appologise for being Dyslexic. Never be ashamed to be a slow reader. Never apologise for getting things wrong when the world sees it as right. You are wonderfully and fearfully made. You have a purpose and a destiny and not one person is entitles to rob you from this. So parents tackle tge problem head onn do not give up. It is a long term comittment but the result is rewarding. Be honest with your child and others. Embrace it do not fear it. I would never change my child. She is enspires me everyday and I thank God for her. I am excited to see the impact she is going to make in this world. I believe in her. Your child can do it too.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.