Cecile glo aan balans

Cecile Bester

Cecile Bester

Cecile Bester van die Hoërskool Ficksburg se suksesresep het duidelik gewerk. Sy skryf haar akademiese sukses toe aan harde werk, deeglike beplanning en balans.  Haar lewensfilosofie is nie verniet die woord “balans” nie.  Sy glo ʼn mens moenie jou lewe om werk nie, want dan leef jy nie werklik nie.

Sy het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, Wiskunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie en lewensoriëntering.

Haar pa. Nico, is ʼn sakeman en haar ma, Annine, is ʼn onderwyseres. Haar suster, Marelie, is vanjaar in gr. 9 en haar broer, Hendrik, in gr. 11.

Haar stokperdjies is lees, skryf en musiek en sy het ook ʼn groot voorliefde vir tale. Sy geniet ook buitelugaktiwiteite soos atletiese stap en bergklim. Buiten akademiese prestasies, is Cecile ʼn presidentsverkenner in Die Voortrekkers en sy speel hokkie, tennis en krieket vir die eerste span. Sy was ook betrokke by die skool se dramagroep en VCSV.  .

Haar grootste rolmodel is Nelson Mandela. “Hy het wat soos die onmoontlike gelyk het, reggekry. “  Sy beskryf haar beste en slegste eienskappe as lojaal en ongeduldig. Sy som haarself op as ʼn Christen wat in vrede glo.

Die natuur lê baie na aan my hart. Ek is baie lojaal en bly by my standpunte.

Cecile wag nog op keuringsuitslae om veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Sy het reeds keuring gekry vir BSC aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ook op ʼn waglys vir mediese keuring by die Universiteit van die Vrystaat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.