kykNET Buite-ekspo 2016: Van ʼn tropiese eiland … tot kamele

4x4 XTR Racing

Die sewende nasionale ronde van die 4×4 X-Track Racing word by vanjaar se kykNET Buite-ekspo aangebied. Foto: Verskaf.

[promosie-artikel]

Buitelewe- en viertrekvoertuig-entoesiaste durf nie die 12de kykNET Buite-ekspo misloop nie, want vir die eerste keer word die sewende nasionale ronde van die 4×4 X-Track Racing tydens dié ekspo aangebied.

Feesgangers kan ook uitsien na verskeie aktiwiteite wat bestuurders van viertrekvoertuie se vernuf sal toets met onder meer veldwedrenritte wat elke spoedvraat op sy of haar tone sal hou. Die avontuurlustiges kan ook ʼn rit met ʼn helikopter, monstertrokke of kamele aanpak.

Vanjaar se fees vind die eerste naweek van die September-skoolvakansie, van 30 September tot 2 Oktober, by Mbizi Game Lodge buite Bela-Bela plaas. Die fees het in die afgelope paar jaar gegroei van ʼn geleentheid langs die Breederivier naby Swellendam in die Wes-Kaap tot ʼn fees net buite Gauteng wat bykans 18 000 besoekers lok.

Nog interessanthede by vanjaar se ekspo is ʼn volwaardige tropiese eiland en ʼn unieke wyntuin waar smulpape oesters, kaas en olywe saam met van Suid-Afrika se beste wyn kan geniet. kykNET bring ook akteurs van gewilde sepies soos Binnelanders, Suidooster en Getroud met rugby saam na die ekspo. Die akteurs sal teen mekaar in ʼn raakrugbywedstryd te staan sal kom. Daarna spook hulle dit agter die braaivleisvure uit om te bepaal wie die braaikoning is in Jimmy’s Steakhouse Sauces en Weber se braaikompetisie.

Kinders word beslis ook nie afgeskeep nie met kindervermaakareas en vermaak op die verhoog wat so reg in hulle smaak sal val. Daar is ook ʼn uitstalarea wat net op vroue fokus.

Volop gekeurde kosverskaffers en ʼn plaaskombuis word op die terrein ingerig met ʼn groot kroeg en biertuin. Hierdie jaar is daar ook die unieke Bela-Bela-toerisme-area waar verskeie omliggende oorde en reservate hulle fasiliteite kan bemark.

Daar is steeds uitstalgeleentheid beskikbaar en belangstellendes kan Trio Events se kantoor bel by 082 201 6722 of 071 659 9915 vir nog inligting. Verblyf vir vanjaar se fees is reeds skaars en kampering is omtrent uitverkoop. Mbizi Game Lodge kan egter help met navrae oor akkommodasie – skakel hulle by 014 001 7007. Alternatiewelik kan Bela-Bela Toerisme besoek word by www.belabelatourism.co.za vir nog verbly in die omgewing.

Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting oor die 2016 kykNET Buite-ekspo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.