Reis tussen Kaapstad en Pretoria is nou makliker as ooit

Foto: Airlink via Facebook

Foto: Airlink via Facebook

[promosieartikel]

Reis jy gereeld tussen Pretoria en Kaapstad? Doen jouself ‘n guns en vlieg gemaklik vanaf Wonderboomlughawe in die noorde van Pretoria na Kaapstad.

Reeds vanaf Augustus 2015 bied Airlink twee daaglikse vlugte tussen Wonderboomlughawe en Kaapstad Internasionale Lughawe.

Wonderboomlughawe spaar jou tyd en bied ʼn moeitelose lughawe-ervaring aan jou. Jy kan maklik parkeer en vir jou vlug inweeg in die bestek van 10 minute. By Wonderboomlughawe kan jy die lang rye by die inweegtoonbanke en sekuritiet, wat meestal by internasionale lughawens op jou wag, vermy.

Dit is egter nie al nie. Wanneer jy van die vliegtuig afklim, is dit net so gerieflik. Die vliegtuig parkeer reg voor die gebou wat binne stapafstand is van waar jy jou bagasie kan oplaai en binne minute by jou motor wees. Motorhuur is ook beskikbaar om by jou bestemming uit te kom.

Parkering by Wonderboomlughawe is slegs R5 per uur, ʼn sakpasprys in vergelyking met tariewe by ander lughawens in Suid-Afrika. Om jou motor oornag by Wonderboomlughawe te los, is R60.

Wonderboomlughawe is slegs 252 km vanaf Polokwane. ʼn Nuwe afdraaipad vanaf die N4, die K90, lei jou boonop direk tot by die lughawe. Dié lughawe is dus die maklikste opsie vir reisigers wat van Limpopo af reis om Kaapstad toe te vlieg.

Met Pretoria se middestad wat net 15 km vanaf die lughawe is, kan jy ook maklik die Nasionale Dieretuin of die Voortrekkermonument besoek.

Kies die gerieflike en vinnige opsie en bespreek aanlyn by Airlink se webwerf of skakel hul direk by 012 566 9400 of kontak gerus u naaste reisagent vir besprekings om na Pretoria of Kaapstad te reis.

Volg Airlink op Facebook, Twitter of Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.