Gedagte vir die dag: Bereid om te getuig

vrou_uitgestrekte-arms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ’n voorreg beskou. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. (1 Petrus 3:14-15)

Christene behoort bereid te wees om voort te gaan om goed te doen, ook al sou dit vir hulle swaarkry beteken. Hulle moet voorts bereid wees om te getuig oor hulle geloof. Petrus omskryf dit pragtig as “die hoop wat in julle lewe”. Oor hierdie hoop mag hulle nie stilbly nie.

As mense met jou gaaf is, is dit maklik om vriendelik met hulle te wees. Maar Christene behoort ’n stappie verder te gaan; selfs wanneer hulle sleg behandel word, moet hulle steeds vriendelik bly. Wanneer dit gebeur, sal ander mense wonder hoe jy dit regkry. Dit is dan dat jy hulle spontaan kan vertel dat jy ’n Christen is en dat Jesus die Heer van jou lewe is. Bly net nederig in die proses en lig ander in oor die hoop wat in jou hart leef.

Here Jesus, vergewe my dat ek so maklik opstandig raak as mense my te na kom. Maak my nederig en bereid om oor my geloof te getuig. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Genieve ·

Amen..dankei vir die kosbare woord,ja hoe kan ons stil bly oor die goedheid van die Here.

Loretta ·

Prys die Here!! Dis tog waar Hy is goed vir ons vir altyd. God is genade en liefde!! Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.