Tomas sê vir Jesus: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die pad daarheen ken?” Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” (Johannes 14:5-6)
Ons moet glo dat Jesus die weg, die waarheid en die lewe is. Hy is die wonderwerker en Hy kom weer terug.
Jesus is die weg: Jesus sê in vers 6: “Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.” Jesus wil nie hê enig iemand moet verlore gaan nie, maar almal moet berou toon en gered word (vergelyk 2 Petrus 3:9).
Jesus is die waarheid: Ons moet versigtig wees dat ons geloof nie kwyn terwyl ons ander mense se guns probeer wen nie. Ons moet die waarheid in liefde praat, maar nie ons oortuigings inboet nie.
Jesus is die lewe: God kan nie optree as ons nie in Hom glo nie. Sommige van ons aanvaar Jesus as ons Verlosser, maar nie as ons lewe nie. Ons stel Hom nie eerste nie. Wanneer ons die koninkryk van God eerste stel, sal Jesus in ons daaglikse behoeftes voorsien. Hy is ʼn wonderwerkende God en Hy sal daar wees vir ons.
Wanneer Jesus terugkeer, moet Hy ons kan herken; nie as middelmatige, louwarm Christene nie, maar as iemand wat kan sê: “Here, U is my Verlosser, U is my lewe en U is my Koning.”
Here Jesus, ek glo U is die weg, die waarheid en die lewe. Ek plaas my hele lewe vandag in u hande, Koning Jesus. Gebruik my tot u eer. Amen.
Amen…
Dit voel so goed om hierdie te lees.
Ons dien n Almagtige God!!!
Gee elke deel van jou lewe vir God .
ALLES behoort tog aan Hom.
Jesus wil n verhouding met jou he.
Nie net “weet van ” nie.
Gryp die kans terwyl daar nog genadetyd is!
Amen. Saam met die Here kan jy kans sien vir die hele wereld en sy probleme.