Gedagte vir die dag: Die nuwe aarde

Perde-Boekevat-.jpg

Foto: yulika.tumblr.com

‘Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.’ (Matteus 5:5)

Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg. Koeie en bere sal saam wei, hul kleintjies sal bymekaar lê, leeus sal gras eet soos beeste. Babatjies sal by die gate van adders speel, klein kindertjies sal hulle hande uitsteek na giftige slange. Op die heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is (Jes 11:6–9).

Jesaja beskryf die Messiasryk – die nuwe aarde – waar mens en dier weer soos in die vroegste paradys in liefde en harmonie sal saamleef nes die sagmoediges onder ons wat nie eens ’n slak sal doodtrap nie. Klein kindertjies wat die toonbeeld van onskuld is, sal die diere versorg. Leeus sal nie meer vleis eet nie en die slang en die mens sal mekaar nie meer wil doodmaak nie.

Jesus wil sy dissipels se geaardheid verander. Hy wil hul opvlieëndheid, ongeduld, drif en humeurigheid temper en vervang met rustigheid, tevredenheid en geduld. Hy wil hul selfsug in nederigheid verander en hul koppigheid en liggeraaktheid in sagmoedigheid omsit. Om ’n Christen te wees, beteken om jou ou natuur te kruisig, te sterf en as nuwe mens op te staan. Ek regeer nie meer nie, Jesus wel en Hy verwag van my om die ander wang te draai en die tweede myl saam te loop.

Dankie Here Jesus, dat U die sagmoediges weer terug sal neem paradys toe.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek  Joy! Digital  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theuns ·

Ek sien uit na die nuwe Hemel en die vrede wat alle verstand te bowe gaan! Amen.

johann brits ·

Dit klink vir my baie asof alles op die aarde uitgewis word deur ‘n groot tragedie en ons dan op ‘n skoon aarde van vooraf begin

Piet ·

Die aarde gaan vernuwe word soos geprofeteer deur talle profete. Jesus se evangelie het juis hieroor gegaan. Dit is die enigste evangelie wat daar is. “Onse Vader wat in die Hemel is, laat U Koningkryk kom”

Piet ·

Die aarde gaan vernuwe word soos geprofeteer. Dit is ook waaroor Jesus se evangelie gehandel het. Daar is geen ander evangelie nie. “Onse Vader wat in die Hemel is, laat U Koningkryk kom”

neelsie ·

God se beloftes staan vas.
‘Dankie Here vir U genade’
Jesus is die antwoord op hierdie siek wereld.
‘Maranata’ ‘Kom Here’

Anoniem ·

Hoe dankbaar en vreugdevol sal dit wees wanneer al die pyn en lyding en…………………… tot n einde sal kom en YAHVAH my Elohim se lig genoeg sal wees.
Halleluja.

Genieve Moses ·

Dankie Here dat u weer opnuut sagmoedigheid en geduld in my hart kom plaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.