Gedagte vir die dag: God is nog nie klaar nie

sonondergang_voels_vlieg_stiltetyd.jpg

Foto: kids-myshot.nationalgeographic.com

Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom. (Filippense 1:6)

Toe Paulus sy brief aan die Filippense geskryf het vanuit ’n Romeinse gevangenis, het hy geen idee gehad hoe dit sy pad tot by jou sou vind nie. Millennia later spreek God egter daardie woorde tot jou om jou te verseker dat Hy jou nie in ’n gevangenis van depressie sal los nie. Hy sal jou nie aan ontnugtering vasgeketting laat nie.

Hou vas aan hierdie belofte: God is nie klaar met jou nie. Totdat Hy jou na jou ewige tuiste roep, is Hy voortdurend besig om jou al hoe meer na die beeld van sy Seun te beitel en te vorm. Dit voel dalk nou asof jy nooit uit of deur of oor die hindernis of verslawing of sondestryd sal kom waarmee jy nou stoei nie. Dit voel dalk asof jy vir ewig soos die lelikste weergawe van jouself gaan lyk, en nooit soos Jesus nie. Maar Hy het verklaar dat Hy sy volmaakte planne vir jou sal volbring.

Hou aan droom. Hou aan om elke volgende treetjie in gehoorsaamheid te gee. God is nog nie klaar nie.

Sal die wete dat God jou nie verlaat het nie, verander hoe jy voel oor die teleurstelling, desperaatheid of bekommernisse wat jy dra?

Vader, moet nooit ophou om aan my te beitel nie. Maak van my ’n meesterstuk. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.