Gedagte vir die dag: Dis in orde om met spanning te leef

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Hoe ongelooflik wonderlik is God nie – hoe ontsaglik ryk en wys en vol kennis is Hy nie! Sy beslissings gaan ons begrip te bowe; sy manier van doen kan ons nie deurvors nie. (Romeine 11:33)

Ons inligtingskultuur sal jou daarvan probeer oortuig dat jy alles van alles kan weet. Maar hulle is nie God nie. Loof Hom omdat jy nooit alles oor die alomteenwoordige, alwetende God van die ewigheid kan weet nie. Dit sou tog nie die moeite werd gewees het om ’n god in ’n boksie te aanbid nie – ’n god wat klein genoeg is om gegoogle te word en nie ’n massiewe geheimenis is nie.

Die waarheid is dat dit in orde is om nie al die antwoorde op alles te hê nie. Dis oukei om met die spanning van die vrae, en die spanning van die waarheid te leef. Soos die waarheid dat Jesus kán genees, maar nogtans nie áltyd genees nie, en die waarheid dat alles in Hom saamgebind is (Kol. 1:17). Wat beteken dat Hy daardie spanning vir ons vashou. Jy kan in Hom rus, want die spanning word opgelos deur die sekerheid wat ons in sy soewereiniteit, sy alwetendheid en sy liefde het.

Spanning skep skoonheid. Sonder spanning kan ons byvoorbeeld nie Kersliggies ophang nie. Deur spanning kan ons die glansrykheid toon.

Is jy geneig om al jou vrae rond te dra? Sal jy Jesus toelaat om die spanning te neem?

Here, ek kan u grootheid nie begryp nie. Dankie, groot God. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.