Gedagte vir die dag: Kennis is belangrik, maar nie genoeg nie

Hande1.jpgDie Koning sal vir hulle antwoord: “Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.” (Matteus 25:40)

As ek na sommige artikels, debatte en briewe in koerante kyk, is geloof vir baie mense iets wat slegs in hulle kop gebeur. Hulle stry en stoei gedurig oor kopfeite. Is hierdie siening van doop, geloof of seksualiteit reg, of is dit daardie een?

Sulke vrae is ook belangrik, maar ons moenie teologiese gesprekke onder die tafel invee asof kennis en deurdagte debatte nie saak maak nie. Enige geloofsposisie moet immers die toets van gesprekvoering kan deurstaan. Maar ons het nie ver genoeg gevorder as ons net verbale rekenskap van ons geloof afgelê het nie. Ortodoksie – die regte geloofsinhoude – vra altyd om ortopraksie – die regte geloofslewe. Vir Jesus is die toets nie net of ons reg geglo het nie, maar of ons reg voor God en tussen ander mense geleef het. Op die laaste dag sal die vraag wees of armes, vreemdelinge, hongeres, eensames en verlorenes onder ons vriende getel het. En of ons hulle gehelp het.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.