“Abba” – dit beteken Vader – het Hy gebid, “vir U is alles moontlik. Neem tog hierdie beker van lyding van My weg. Maar doen nogtans nie wat Ék wil nie, maar wat Ú wil.” (Markus 14:36)
Dis iets ontsettends wat daardie nag in Getsemane gebeur het. Met die neerkniel het Jesus reeds geweet wat die uitslag van sy smeekgebed sou wees. Hy het geweet dat Hy na die aarde moes kom om ʼn wrede dood, onverdiend, te sterf in die plek van ʼn wêreld wat dit verdien. Maar Hy was ook mens. En as mens was Hy beangs oor die lot wat op Hom gewag het. By sy Vader is alles mos moontlik. Kan Hy nie maar die roete net so effe verander nie? Kan Hy nie maar die lydensbeker terughou nie?
Daar is twee sake op die spel: Jesus wat na sy Goddelike natuur geweet het wat vir Hom voorlê, en Jesus die mens wat vreesbevange daarvoor teruggedeins het. Die hemel hou asem op. Sal die mens Jesus dalk die aftog blaas? Sal God se grootse verlossingsplan in die wiele gery word?
Maar dan die laaste woorde van Jesus se gebed: “Maar doen nogtans nie wat Ék wil nie, maar wat U wil.” Die hemel sug van verligting. Die hele skepping jubel van blydskap. Jesus het finaal gekies om vir my te sterf.
Dankie Jesus vir die onselfsugtige geskenk, sodat ek kan lewe!
Amen
As Jesus nie vir ons gesterf het nie was daar vir ons niks om na uit te sien nie. Dankie Jesus as hierdie aardse tentwoning afgebreek is dan is ons in ons Ewige woning by U.
Iena, ek se ‘amen’ op jou woorde. Niks om na uit te sien nie, nie net vir die ewigheid nie, maar ook nou! Ons dank en eer Hom, wat alles sonder verdienste van ons kant af aan ons gee deur Christus se dood. Ons het die ware lewe, vir ewig, ten spyte van die ellende en gemors van hierdie wereld, omdat ons Hom ken!
Dankie my dierbare Jesus dat u aan die kruis gesterf het vir almal van ons om ook eendag in die Hemel saam met u te kan wees.
Baie dankie VADER vir wat U vir ons doen Amen
” Aan GOD al die Eer en die Dank en die Aanbidding, van nou af tot in Ewigheid!”
Dankie Heer vir ewigheid
Dankie Jesus dat U namens my die helse smarte verduur het. Dankie dat U vir my die ewige lewe geskenk het.
Dankie vir die grootste opoffering om vir ons Lewe te skenk, Here Jesus. Laat U wil ook altyd in my lewe geskied.
Ek huil myself elke keer in beswyming in as ek dink hoeveel pyn Ons Jesus moes verdra terwille van “my” ons almal. Ek kan net Dankie Here sê en U Naam altyd groot maak