Gedagte vir die dag: Skatte in die hemel

Wolke_wederkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar motte en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. (Matteus 6:19-21)

Dis nou vir jou ’n baie sensitiewe saak. Dit is sensitief omdat ons so maklik verknog raak aan die aardse skatte en taamlik vaag is oor die hemelse skatte. Wees gerus eerlik oor watter skatte jou die naaste aan die hart lê. Is dit nie dinge wat jy besit, wat jy kan sien en voel en wat vir jou sekuriteit bied nie?

Bedoel Jesus regtig dat ons glad nie beleggings mag hê nie? As dit die geval is, sal daar darem ’n groot aantal van God se kinders diep in die moeilikheid wees.

Ek dink Jesus wil net hê dat ons baie goed oor die saak sal nadink. Miskien moet ons ons prioriteite heroorweeg. Miskien moet daar veel meer van ons geld en ywer en belangstelling en meelewing gefokus wees op dinge van ewigheidswaarde, op skatte in die hemel. ’n Mens vergader skatte in die hemel deur lief te hê, deur jou lewe te wy aan mense in nood, deur jou aardse goed te deel met hulle wat dit nodig het.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

At ·

So waar. En ja. Ons mag rykdom op aarde hê anders sou God nooit Salomo so geseën het met aardse besittings nie.

Michelle ·

net vanoggend huil ek oor dit wat ek nie het nie, oor andere wat altyd meer het as ek. Here vergewe my dat ek oor aardse skatte huil help my om liewer Hemelse Skatte bymekaar te maak. Amen

B. MAREE ·

Nou hoekom sou Jesus vir die ryk hong man gesê het dat hy al sy goed moet verkoop, die geld aan die armes uitdeel en Hom moet volg as dit reg was om rykdomme te vergader? Hoekom sal die bybel sê dat dit makliker vir ‘n kameel is om deur die oog van ‘n naald te gaan as bir ‘n rtk man om in die hemel te kom? Dink nie jy verstaan die Woord so lekker nie At.

Nel ·

Oppas B. Maree. Dalk is dit jy wat nie die betrokke teksgedeelte mooi verstaan nie. Ek glo nie God veroordeel rykdom per se nie, maar eerder of jou rykdom vir jou belangriker is as Hy – of jy meer op jou rykdom vertrou as op Hom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.