Gedagte vir die dag: Swaarkry ’n teken van God se trou

gebed_stiltetyd_sit_sonsopkoms.jpg

Foto: stylonica.com

Die lyding was goed vir my, want toe het ek u voorskrifte geleer. Ek weet, Here, u bepalings is reg; op grond van u trou laat U my ly. Laat u troue liefde my nou vertroos soos U aan u dienaar beloof het. (Psalm 119:71, 75, 76)

Ons sal nie vir swaarkry kies nie. Al sou iemand vir ons sê dat swaarkry eintlik goed is vir ons, sal ons nog steeds wegskram. En dis heeltemal verstaanbaar. Ons is geskep om voluit te lewe, sonder verhindering ons doel te bereik.

Maar die saak het ook ’n ander kant. As dit met ons heelpad net goed gaan, kry ons dalk ’n groot kop. Ons raak selfversekerd. Ons meen dat ons op ons eie voete kan staan, heeltemal onafhanklik van enigiemand anders … ook van God. Dit is hierby wat die psalmdigter aansluit. Die swaarkry het hom nader aan die Here gebring. Hy het die Woord van die Here opnuut ontdek. Hy het tot die besef gekom dat hy volgens die voorskrifte van die Here moet lewe.

Wanneer ’n mens swaarkry, verkwalik jy soms vir God. Die lewe is darem nie regverdig nie, kla jy. Maar by eerlike nadenke besef jy dat die Here altyd regverdig is. Hy laat jou nie in die steek nie. Die swaarkry is dikwels God se hulpmiddel om jou opnuut van sy troue liefde te verseker.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elize ·

Dankie HERE vir U genade en Dankie vir die tye wat dit rof gaan dat U daar is al voel alles so deurmekaar wees ons Genade Here dankie

Gert ·

Dankie Here dat U aan ons skaaf en skuur om ons legkaart stukkie te laat inpas by U legkaart. Dankie vir vandag, dankie vir lewe, dankie vir U genade en U onvoorwaardelike liefde. Gee dat ons vandag ‘n ligstraal kan wees in iemand se lewe. Amen

anton ·

Ek kan nie help om te wonder waarom dit amper altyd sleg moet gaan met God se kinders terwyl die wat Hom nie ken nie of wil ken nie, n wonderlike lewe het sonder probleme.
God sê immers in Sy woord, dat Hy vir ons voorspoed wil hê en nie teespoed nie.

Jana ·

Anton, swaarkry is genade. Die Here het vir Adam en Eva belowe daar gaan doodstraf wees as hulle van die boom eet. Maar God stuur Jesus in die plek van Adam en Eva om dood te gaan, en Hy laat hulle lewe. Ons kon dood gewees het, maar God laat ons lewe, meer nog, Hy belowe ‘n ewige lewe saam met Hom.
Terloops…lees psalm 73….

Genieve ·

Dankie Here dat u altyd daar vir ons is.Dankie dat u woord ons leer aangaande u bepalings.

Z ·

Anton, dit is moeilik om te dink dat God se kinders moet swaarkry. Het jy al gesien wat word van klein kindertjies wat nie gedissiplineer word nie? Om n kind waarvoor jy baie lief is, te dissiplineer is regtig nie vir ouers altyd lekker nie. Wel, in elk geval nie vir my nie. Ek weet egter dat as ek hulle los en hulle nooit swaarkry/seerkry nie, hulle herhaaldelik dieselfde foute gaan maak. Dus dissiplineer ouers met n liefdevolle hart, sodat hul kinders op die regte pad kan bly. Ek glo dat dit is wat die Drie-Enige God ook met Sy kinders doen. Hy het reeds n duur prys vir elkeen betaal en wil hulle help om koers te hou.

Koos ·

Is die dissiplineer met liefdevolle hart ook die moord,verkragtings tsoenamies en orkane?

Z ·

Koos, ons dissiplineer nie ons kinders met sambokke en brandende strykysters en breek hulle bene nie. Ons dissiplineer in liefde met n pak slae, wanneer ons nie kwaad is nie en binne perke. Dus wil ek glo dat God se dissipline ook in liefde geskied. Ek glo nie dat wat jy noem, dinge is wat God doen om mense te dissiplineer nie. Die vyand is die een wat slag en verwoes.

Anel ·

Ek sou nie die dinge van die wêreld en vlees kon agterlaat as dit nie was vir die groot lyding wat God oor my gebring het nie. Nou weet ek hoe lief Hy my het want Hy het my geestelike oë oopgemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.