ToekomsVenster: Die bediening van versoening


bybel-vergifnis

Foto: Didgeman/Pixabay.com

Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade. – Psalm 145:4

As daar iets is wat my kan laat wakker lê, is dit die gedagte dat komende geslagte ʼn ontwrigte toekoms kan hê in ons mooi land tensy daar ʼn paar dramatiese veranderinge kom. Veranderinge wat veral te doen het met die wyse waarop ons met mekaar saamleef, soos in die verhoudinge tussen mense.

Pas is weer gewag gemaak van die onversoenlikheid in ons samelewing. Die Instituut vir Versoening en Geregtigheid het pas weer aangedui dat vertroue onder mense laag meet in Suid-Afrika. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hul oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

Lees gerus 2 Korintiërs 5:18-19.

In sy rekonsiliasiebarometer (2015) meld die Instituut vir Versoening en Geregtigheid dat 63,3% van alle Suid-Afrikaners min of geen vertroue het in landgenote wat tot ander rassegroepe behoort nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

dionise theron ·

BAIE DANKIE,VIR DIE PRAGTIGE BOODSKAP IN ONS EIE TAAL.EK IS N BOER INMURG EN BEEN,ONS GOD DAAGLIKS IN ONS LEWE NOG .AS JULLE KAN BID ASB VIR MY EN MY GESIN BAIE DANKIE.WORD OPREG WAARDEER.

Tertius ·

Versoening soos in die oë van die wêreld is ‘n vernietigende diverse kookpot wat neerkom op kulturele Marxisme. Hierdie is direk in stryd met God se Woord. God het in die begin Gesê dat Hy alles wat Hy Geskape het volgens sy soort Gemaak het. Hierdie is in lyn met die Boodskap van die Lig wat van die Ware Onveranderlike God kom. Dit wat teen Lig spreek is duisternis. ‘n Gelowige wat in die Almagtige glo, meet hom of haarself nie aan die wêreld nie maar aan die oorspronklike en onveranderde Woord van God. Dit sluit ons ou 1933/1953 Afrikaanse vertaling in. Vriend van die wêreld is ‘n vyand van God soos die Skrif sê. Daarom is die stryd van die Protestant wat uit Europa sy of haar oorsprong het nie verby nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.