ToekomsVenster: Die gebruik van gelykenisse

sonsopkoms_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Deur baie sulke gelykenisse het Jesus met die mense oor sy boodskap gepraat, vir sover hulle dit kon verstaan. Sonder ʼn gelykenis het Hy nie met hulle gepraat nie, maar wanneer Hy met sy dissipels alleen was, het Hy vir hulle alles uitgelê. – Matteus 13:33-34

Die Gees van God lei ons in die verstaan van geestelike waarhede. Iewers sê die Skrif dat net geestelike mense geestelike inhoud kan verstaan.

1 Korintiërs 2:13
Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer. So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het.

ʼn Mens moet in afhanklikheid na die Here kom, dors en honger. Die Here nooi mense deur die profeet om die goeie te kom geniet, sonder geld. (Jesaja 55:1) Dit is egter waar dat ʼn mens die versadiging en bevrediging wat die Woord gee nie sal beleef tensy jy in afhanklikheid na die Here kom nie.

Soveel gedeeltes in die Bybel onderstreep hierdie gesindheid.

Psalm 123
Soos die oë van ʼn slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oë van ʼn slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm

Psalm 23 getuig van God se oorvloed.
5 U laat my by ʼn feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ʼn eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae

Jeremia 17 :7 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ʼn veilige vesting is; 8 so iemand is soos ʼn boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ʼn droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Die Gees wek in ons ʼn honger en dors na die geregtigheid van God.

Jeremia 33: 1 – Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag.
2 So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is:
3 Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.