ToekomsVenster: Grondlose, daklose Jesus

dakloos

Foto: Josemdelaa/Pixabay.com

“Ek was honger en julle het my niks gegee om te eet nie; ek was dors en julle het my niks gegee om te drink nie; ek was ’n vreemdeling en julle het my nie gehuisves nie.” – Matteus 25:42-43a

Oor die laaste 25 jaar het die gesig van armoede en dakloosheid verander. As ons dit nog ver van ons lywe af kon weghou, word dit nou toenemend moeiliker. Daklose mense vind ’n lêplek op oop stukke grond in duur woonbuurte en ’n informele woongebied verrys langs ’n gholflandgoed.

Êrens in daardie prentjie is Jesus ook en Jesus vra: “Waar is julle? By wie? Hoe dink julle oor grond en huisvesting? Hoe dink julle oor julle kerkgeboue? As ek dakloos is, sal julle my huisves?”

Dink hieraan

Gemeentes het die geleentheid om kreatief te dink oor hulle eie grond en eiendomme – hoe kan ons dit aanwend in diens van God se droom?

Gebed

Here Jesus, het ons U dalk gesien en ander pad gekyk? Help ons om soos U te dink oor grondlose, daklose mense. Gee U visie vir U kerk. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DG ·

Daar is meer as 17 miljoen op social grants in die land. Daar is 9.6 miljoen mense wat werkend is in die land. Daar is dus byna dubbel soveel mense op grants as wat geld verdien en belasting betaal. Ek dink ‘n mens moet vrygewig bly en aremes help sover jy kan, maar aan die ander kant moet ons waak teen ‘n bedelaars gemeenskap, wat verwag dat ander net moet gee en gee. Ek glo dat daar ook ‘n verantwoordelikheids besef as geskenk gegee moet word, en dit is elkeen se verantwoordelikheid om sy talente te gebruik om ‘n inkomste te genereer. In kort, ek glo mens moet prakties hierna kyk en nie in ‘n sentimentele, oogklap beskouing vasval nie. Nie dat ek beweer die skrywer van die artikel dit doen nie, dit is maar net my 2 sent se opinie bygevoeg.

Aj ·

Dis baie lekkerder om te gee as om te ontvang. Met tonne liefde daarby!

ook maar arm ·

Ek stem saam met jul almal dit is lekker om te gee as om te ontvang maar dit is ook so hoe meer jy gee hoe meer ontvang jy.
Ons is pensioenarisse van Transnet ons kry bitter swaar maar ons gee nog elke maand ons bydrae vir die kerk.
En ons kry kos soos manna uit die hemel uit as dit moeilik gaan dat die kos begin klaar raak dan stuur die Here iemand na ons toe met kos sonder dat ons vra dit is vir ons n bewys ons dien n lewende God

Bees ·

Ookmaararm – Dominee pay R600 000 uit jul aalmoese! En hy werk hom nie dood nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.