ToekomsVenster: Hy sluimer en slaap nie


koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. – Psalm 121:4

Ek geniet kinders sommer baie. Bogenoemde psalm is ʼn gunsteling wanneer ek by gesinne kuier. Die kinders moet sommer dadelik nader kom. Ek vra hulle dan gewoonlik hoe lank hulle al wakker gebly het op een slag, vir watter rede ook al.

Elkeen waag ʼn antwoord, maar stem saam dat om nog nooit te geslaap het nie buite hul verwysingsraamwerk is. Dan vertel ek van “liewe Jesus” wat nog nooit vaak was nie, nog nooit geslaap het of selfs ingesluimer het nie.

Om die waarheid te sê, Hy wens ons ʼn aangename nagrus toe net voordat ons aan die slaap raak. Dan waak Hy getrou oor ons terwyl ons slaap en ons onsself nie kan oppas nie. Môre-oggend is Hy die eerste Een wat ons môresê.

As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. Teen dié tyd sit die outjies grootoog en luister en is selfs mamma en pappa diep dankbaar vir so ʼn wonderlike God en Vader. Hy is wakker om sy beloftes in ons lewe te vervul. Lewe uit die verwagting. – Psalm 3:6

Ek sal my verbond nie versaak nie, nie een van my beloftes terugtrek nie. -Psalm 89:35

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.