Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” – Markus 1:14-15
Johannes betaal duur vir sy vreeslose optrede. Hy het sy taak volbring. Hy het die aankondiging gemaak en die pad voorberei. Sy missie is volvoer. Binnekort sal hy met die Vader in die hemel herenig word. Jesus se werk het pas begin.
Dis opmerklik dat Hy nie moeite doen om Johannes te besoek of Hom vir sy vrylating beywer nie. Dis nie waarvoor Hy gekom het nie. Johannes sal sy loon kry. Hy beweeg vlugvoetig na Galilea en kondig die Goeie Nuus aan. Die Koninkryk is hier.
Die Een na wie Johannes verwys het, “ná my kom iemand wie julle met die Heilige Gees en met vuur sal doop”, staan nou midde sy mense. Hulle het Hom nie ontvang nie. Sy eiendom sal Hom verwerp. Dit ontmoedig Jesus nie. Wie daartoe bestem is, sal gered word. “Bekeer julle en glo die evangelie.”
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Absoluut puik van Maroela om Podcast in hul feeds te plaas! Absoluut fabulous!
Jakkels het vir Wolf sy hand binne in die pampoen laat sit