ToekomsVenster: ‘n Lewe van volle toewyding


hande

Argieffoto.

Die buitengewone werk en krag van die Heilige Gees vereis ’n lewe wat ten volle aan God toegewy is. Wanneer die krag van die Heilige Gees begin manifesteer waar jy bid, aanraak, bedien en oor Jesus praat, gaan verskeie besoekers aan jou deur kom klop. Indien jou karakter en persoon aan God oorgegee is en toegewy bly, is jy veilig. Indien nie, kan jy baie maklik soos talle voor jou, die gesag wat die wonderwerkende krag van die Heilige Gees jou gee misbruik en jouself en ander in die proses groot skade berokken.

Daarom is dit baie belangrik dat ons onsself as lewende offers op die altaar van God sal plaas, Romeine 12:1-2, wanneer ons deur die krag van die Heilige Gees begin opereer. So nie, kan ons eie ek en beperkte begrip groot skade aanrig. Lê neer, gee prys en bly ’n nederige instrument deur wie die Heilige Gees kan werk. Jy sal nie spyt wees nie.

Toewydingsoomblik
Bereken die koste indien jy die gawes van die Gees sou beoefen sonder dat jou karakter getuig van die Heilige Gees se inwonende teenwoordigheid. Jy sal geken wees in die oë van mense, maar nie noodwendig in die geestesdimensie nie.

Gebed
Here, ek plaas my hele lewe op U altaar, ter wille van U groter plan vir my lewe. Ek wil U verheerlik met alles in my. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stel ·

Kan nie meer nie. Dit word al moeiliker om hierdie jarelange lyding te verduur en te bly glo dat daar ‘n God is wat my so lief het dat Hy elke haar op my hoof getel het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.