ToekomsVenster: ʼn Wag voor jou mond


skok-verbasing

Foto: Tesh.com

Sit ʼn wag voor my mond, Here, hou tog wag oor wat ek sê. – Psalm 141:3

Jakobus leer ons dat die tong, hoewel klein en oënskynlik onaansienlik, ʼn see van ongeregtigheid tot gevolg kan hê. Dit kan vernietigend werk. Wie sy tong kan beheer, het ver gevorder. Kom ons leer by Jakobus:

As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos. – Jakobus 1:26

So is die tong ook maar ʼn klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. ʼn Klein vuurtjie kan ʼn groot bos aan die brand steek. – Jakobus 3:5

Die tong is ook ʼn vuur, ʼn wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. – Jakobus 3:6

Maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ʼn rustelose kwaad, vol dodelike gif. – Jakobus 3:8

Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. – Jakobus 3:9

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E ·

Dit is so waar. My pa het my veral toe ek ń jongmens was telke male gewaarsku en oor en oor het hy dit vir ń paar jaar herhaal.
Noudat hy nie meer leef nie, en ek ń gesin van my eie het besef ek nou eers hoe waar die woorde is. Dit kan jou agterstewe red!
Die probleem egter is dat my wag soms aan die slaap raak, dan vergeet ek.
En so probeer ek elke dag vir die res van my lewe myself herinner aan hierdie ware woorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.