ToekomsVenster: Om iemand se arms omhoog te hou


arms-omhoog-gebed

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Lees: Eksodus 17:8-16

Raak prakties

Dit bring ons terug by Eksodus 17 se “Die Here is my banier/oorwinning” – Na wie rig jy jou hande op vir die oorwinning? Wie is jou Banier? Is daar medegelowiges wat jou hande omhoog hou? En, wie se arms hou jý omhoog? … sodat hy/sy die oorwinning kan behaal? Staan jy self in verhoudinge van verantwoordbaarheid, verhoudinge waar ons mekaar se arms omhoog hou in die stryd wat ons moet oorkom?

Iets om oor na te dink

Lees die treffende 2 Korintiërs 2:14: “Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus” (thriambeuó, θριαμβεύω: to triumph over; to conquer; an acclamatory procession). Wat is daar in jou lewe wat jy moet oorkom?

Gebed

Here, ’skuus dat ek teruggedeins het van inhaak-by-mekaar verhoudinge; ek het myself en ander so kwesbaar gestel vir die vyand se aanslae. Ek wil – saam met ander gelowiges – Christus as my (ons) banier omhoog hou, soos Dawid die slagveld in sy Naam betree. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.